NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra so graag vir God om hulp en vertel Hom al ons probleme, maar ons wonder dikwels waarom Hy ons nie antwoord nie. Gebed is 'n tweegesprek waar ons uit genade met God praat, maar waar ons ook in gehoorsaamheid moet luister. Ons moet leer om na sy Stem te luister sodat ons antwoorde op ons probleme sal vind.

DE LA REY (7)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

TURKSVYE EN STRATEGIE

DIE son bak verblindend neer op die kaal vlaktes en deinende bulte van Wes-Transvaal. Die lug is droog, warm en verstikkend. Die aarde is kaal en uitgedor en
is geen die minste teken van groen lewe op hierdie uitgestrekte vlaktewêreld te bespeur nie. Wes-Transvaal is in die knelgreep van een van sy periodieke middesomerdroogtes. Des te afgrysliker vertoon hierdie toneel van verlatenheid deur die groot brandkolle wat swart op die oppervlakte van die land lê.
Hier is ’n mielieland afgebrand; daar ’n vrugteboord of boerehuis, of daar gunter ’n lap tamboekiegras wat deur ’n verdwaalde vonk of kruitblits uit die geweerloop van ’n onversigtige soldaat aan die brand geskiet is. Die brande is die gevolg van die oorlogsverwoesting: Die oorlog wat nou byna anderhalf jaar hier op die verlate Wes-Transvaalse vlaktes tussen die guerrillamagte van De la Rey en die Britse oormag woed ...

 

VANMORE is oom Giel van Zyl, baasverkenner van die vrybuiterskorps, weer uit op verkennerswerk.

Gerugte het die ronde gedoen dat genl. De la Rey met sy wildeboere in die omgewing is en dit het “kommandant” Frikkie Els, die aanvoerder van die vrybuiters, bang laat voel dat hulle miskien weer in De la Rey se kloue sou val. Daarom boer oom Giel van Zyl die afgelope paar weke pal in die saal.

“Gielie, ek voel onrustig. Jy moet maar weer uitspring om te spioen, ou swaer; ek voel so aan my De la Rey is alweer op ons hakke,” het “kommandant” Els 'n paar dae gelede aan oom Giel van Zyl gesê. “En as ons nou in De la Rey se kloue moet val, sal ons bars, ou swaer...”

Die blote gedagte aan die moontlikheid het gedreig om oom Frikkie van sy selfbeheer te beroof...

“By die Engelse kan mens nog altyd verbykom,” sê hy, “mens kan hulle maklik uitoorlê of om die bos lei, maar met De la Rey is dit anders. Voordat mens behoorlik tot verhaal kan kom, is hy op jou en dan is dit ook klaarpraat met kees ... Jy onthou nog seker daardie nag by Doringspruit!...”

Daardie een ontmoeting wat hy met De la Rey gehad het, sal “kommandant” Els seker sy hele lewe bybly: Daardie dag toe hy van aangesig tot aangesig met die dood geveg het; toe sy gebid en gesmeek in die geweld van die krygsrumoer verdrink is.

“Jy besef watter verantwoordelike taak op jou skouers rus, Gielie,” het “kommandant” Els vertroulik aan oom Giel gesê.
“Jy moet ons beskerm met jou verkennerswerk ...”

In die jongste verlede was dit dan ook veral aan oom Giel se verkennerswerk te danke dat die vrybuiterskommando keer op keer ternouernood uit die kloue van De la Rey se vliegende kolonnes gered is. In die afgelope tyd, met die inboet van al hoe sterker vyandelike magte in die stryd om die gevreesde guerrillageneraal van die Boere aan bande te lê, het hierdie soutpanne en kalklaagtes van Wes-Transvaal ’n gunstige wegkruipplek vir die De la Rey-kommando geword. Baie keer het die kommando hom hierheen begewe om ’n bietjie uit te rus of asem te skep.

Dog ten spyte van “kommandant” Els se waarskuwing die vorige nag aan hom dat hy op sy hoede moet wees en sy eie onrustige voorgevoel, voel oom Giel vanmore nie baie lus vir verkenning nie. Die verstikkende hitte van die dag werk bedwelmend op sy sintuie in. Hy voel tam en uitgeput. Sedert ligdag vanoggend is oom Giel reeds in die saal en nou sit die son al middelhoogte en brand met verblindende intensiteit op die aarde neer.

Op ’n lustelose drafstappie ry oom Giel deur ’n lang, droë laagte om op die rug van ’n puntige bultjie ’n endjie verder weg te kom. Hy wil die omgewing bespied en terselfdertyd ’n bietjie lug soek daar op die bultjie, want hier in die bedompige vleie kan hy skaars ’n asemtoggie voel trek.

Vanaf die kruin van die bult bespied oom Giel die omgewing ’n rukkie ingedagte met sy verkyker. Daar is geen teken van lewe in die oneindigheid van die vlaktewêreld te sien nie, behalwe hier en daar groepies springbokke wat met hul koppe na mekaar gekeer staan om die stekende hitte van die son af te weer, of ’n vaalvalk wat eensaam in die loodkleurige lug draai. Skielik merk oom Giel iets wat sy hart onstuimiger laat klop: In !n lopie wat aan die voet van ’n naburige bult verby vloei, sien hy !n groen kol doringbome en gras wat soos ’n oase in die see van dorheid en verlatenheid verrys. Die groenigheid lok oom Giel aan en hy kan die aantrekkingskrag daarvan nie weerstaan nie. Nog eenmaal betrag hy die omgewing met sy verkyker om seker te maak dat alles skoon is en dan sit hy af in die rigting van die fonteintjie.

Dis heerlik koel onder die groen doringbome en daar vloei 'n helder stroompie water in ’ n voor tussen die bome deur. Oom Giel les sy dors aan die water en laat ook sy perd suip; dan bind hy sy perd lank vas aan ’n boompie, sodat hy ’n paar happe van die malse soetgras onder die bome kan smul. Daama gaan hy op die naat van sy rug in die sagte koelte lê om bietjie uit te rus. Na ’n rukkie val hy in ’n diep slaap.

Hoe lank hy daar onder die doringbome geslaap het, kon oom Giel later nooit sê nie. Dog dit was ’n diepe, droomlose slaap waarin hy alle kontak met die wesentlike dinge om horn verloor het. Toe skielik het hy in sy slaap ’n oorverdowende, veraf rumoer gehoor, soos van die geknetter van geweervuur; kanongebulder. Hy wou terugkeer tot die werklikheid, dog ’n verdowende mag het hom in die land van duisternis gehou. Toe skielik dreun ’n harde slag deur sy kop. Alles is ’n oomblik donker voor hom en hy worstel magteloos om orent te kom; maar elke keer word hy platgeslaan, totdat hy eindelik magteloos, half bewusteloos, op die grond lê.

Toe, geleidelik, keer die bewussyn tot sy verstarde brein terug. Eindelik waag hy dit om versigtig op te kyk: ’n Groot, rysige figuur buk oor hom. Dis ’n Engelse offisier. By die eerste teken van lewe pluk hy oom Giel hardhandig orent:

“Kan jy  verdomp nie wakker word as !n mens jou opskop nie ... jou slegte lummel...!”

Gemengde gevoelens van vrees en woede stoot in die ou man se siel op jeens die Engelsman wat hom soos ’n hond skop en slaan. Maar hy kan geen woorde vind om sy verontwaardiging te lug nie; dis skielik of hy sy spraak  kwyt geraak het.

Die offisier ruk en pluk hom  hewig heen en weer.

"Toe ... toe ... praat... Waar’s die rapporte ...? Waar het jy hulle weggesteek...?”

“Ek het g’n rapporte nie,” antwoord oom Giel buite homself van verontwaardiging. “Ek is g’n rapportryer nie; ek is ’n spioen...”

“Jy lieg, jou skurk, jy is ’n rapportryer van genl. De la Rey. Jy het natuurlik die rapporte opsetlik so weggesteek dat ons hulle nie in die hande kan kry nie. Toe, praat! Dit sal jou tog niks help om jou bek te probeer hou nie. Jy sal net voor ’n krygsraad gedaag word en dan sal jy moet praat of jy wil of nie...”

“Ek het jou gesê dat ek g’n rapportryer van genl. De la Rey is nie,” antwoord oom Giel woedend. “Ek is ’n verkenner van kommandant Els.” In sy verbouereerdheid kom die ou man met die hele waarheid voor die dag, denkende dat dit vir hom sal help, dog dit is duidelik dat die offisier geen waarde aan sy woorde heg nie. Hy beskou oom Giel met ’n spottende grynslag op sy gesig.

“O, jy verbeel jou jy’s slim, ne? Maar wag ’n bietjie, ons sal sien. Jones,” spreek die offisier een van sy manskappe toe, “boei julle hierdie man en neem hom saam laer toe... Generaal Clements sal met hom afreken ...”

Gedienstig voer die soldate die bevel uit.

“Loop vooruit,” beveel die offisier as die soldate oom Giel se hande agter sy rug vasgebind het. “En onthou dit: Geen neukery nie ... By die geringste teken skiet ek ...”

Gedweë stap oom Giel aan. Die vernedering wat hy moet verduur, is so groot dat hy liewers nie sy kop wil optel of iets wil sê nie. Die offisier se perd is op sy hakke en trap elke keer rakelings op sy skene as hy te stadig loop. Oom Giel moet net haal om voor te bly.

Die son skroei nog steeds ongenadig op die aarde neer. Na ’n paar honderd tree se vinnige stap voor die offi sier se perd is oom Giel so moeg dat hy nouliks verder kan gaan. Maar elke keer as hy bietjie weifel, piets die offisier hom met die sambok en dryf hom voort.

Die Engelse dryf oom Giel nou teen ’n vaal kliprantjie uit. Oom Giel merk ’n menigte turksvybome tussen die klippe van die rantjie en dit bring hom skielik op ’n gedagte.

Hy loop tot regoor die turksvybome in die rantjie en gaan dan lusteloos en onversetlik op ’n klip sit. Die offisier dreig om hom te slaan; om hom deur sy perd te laat trap, maar dit help alles niks; oom Giel bly onbeweeglik sit.

“What is the matter with you?” vra die offisier eindelik woedend, as hy sien dat al sy pogings om oom Giel aan te dryf, vrugteloos is.

“I’m hungry,” se die ouman nors en kortaf in gebroke Engels.

“Well, you can’t expect us to carry food for you, can you?”

“Nee, ek wil nie jou kos hê nie,” se oom Giel onverskillig. “My eie land is ryk genoeg aan wilde vrugte waarvan ek kan eet, dat ek nie van vreemdelinge en indringers hoef kos te bedel nie. Ek
sal heeltemal tevrede wees as jy my sal toelaat om bietjie van daardie wilde appels te eet...”

Hier beduie die ou man met sy kop in die rigting van die turksvybome.

“What do you say?” vra die offisier onkundig; hy het niks verstaan van wat die ou man gesê het nie.

“I want to eat of that wild apples...” verduidelik oom Giel weer.

“Do you want to tell me those are wild apples?” vra die offisier agterdogtig, terwyl hy ongelowig in die rigting van die turksvye kyk.

“Yes ... yes ... het jy nog nooit daarvan geëet nie ...?”

“No, I’ve never tasted it yet... But I think you’re only bluffing ... It’s only a clever idea of yours to get free and try to escape ...”

“Nee, ek sal jou my erewoord gee dat dit nie my idea is nie... Ek is net hungry en wil iets te ete hê ...”

“Allright. I’ll trust you this once. I’ll give you a few seconds to eat of your fruit, but remember: No monkey-business. On the first sign of any tricks on your part I’ll shoot...”

Oom Giel sweer hoog en laag dat hy niks daarby bedoel nie.
Sy pleidooi blyk so opreg dat hy selfs indruk op die offisier maak. Hy gee dadelik bevel aan sy manskappe om oom Giel se boeie af te haal sodat hy van die vrugte kan eet.

Oom Giel begin gulsig aan die turksvye eet. Die soldate staan hom verwonderd in ’n kring en aangaap.

“Is dit lekker?” vra die offisier met skielike belangstelling.

“Jy het nog nooit so ’n lekker ding in jou lewe geproe nie, Meneer,” antwoord om Giel vriendelik. “Wil jy proe hoe smaak een?”

Oom Giel maak ’n turksvy skoon en bring dit vir die offisier. Die offisier byt aarselend daaraan, maar as hy die lekker smaak daarvan proe, eet hy dit gulsig op.

Nou klim die offisier van sy perd af en kom by die turksvybome staan om te eet. Hy pluk sommer die turksvye met sy kaal hande af, sonder om hom oor die dorings te bekommer. Sy manskappe volg sy voorbeeld en aanstons is dit ’n gewoel en gewerskaf van die ander wêreld daar om die turksvybome.

Die soldate ken geen perke nie. Hulle eet gulsig en party skeur sommer die skille met hul tande weg om die lekker vrug binne-in by te kom. Hulle bevind die vrug so lekker dat hulle daarvan wil saamneem laer toe en met hierdie doel voor oë prop hulle hul uniformhemde vol turksvye, sommer teen hul kaal lywe aan.

Na ’n rukkie begin die turksvydorings hulle woel. Die offisier voel eerste die uitwerking. Die brandjeukmaak hom byna kranksinnig. Hy smyt sy geweer weg en begin sy hande in die warm sand skuur, dog die turksvydorings het ook tussen sy klere ingedring en sy hele lyf is feitlik aan die brand. Hy is radeloos van die foltering wat hy moet verduur.

Die turksvykoors het die ander soldate in ’n nog erger mate beetgepak. Hulle het die turksvye sommer teen hul kaal lywe in hul hemde gesteek en nou moet hulle die gevolge daarvan verduur. Die meeste het reeds hul uniforms uitgetrek en skuur nou hul brandende liggame teen die warm klippe aan. Party vloek en swets; ander rol weer in die warm sand rond met die hoop om sodoende verligting te kry. ’n Ontsettende warboel heers nou op die toneel. Vir ’n  oomblik is oom Giel skoon vergeet. Elkeen skyn nou so verdiep te wees in sy eie lyding, dat hy hom oor niks anders kan bekommer nie.

Dit was die oomblik waarop oom Giel gewag het: Hierdie oomblik van verwarring waarin niemand horn meer oor hom sou bekommer nie. Behoedsaam sluip hy linksom die turksvyboom en raap die offisier se geweer op, wat eenkant lê.

“Hensop! ” Oom Giel rig die geweer op die offisier se bors; die Engelsman het skielik verbouereerd orent gekom.

Die offisier beskou oom Giel met !n blik vol intense woede. Sy mond gaan oop asof hy iets wil sê, maar sy lippe weier om die woorde te vorm.

Die ander het ook nou skielik tot verhaal gekom. "n Paar staan stadig weg in die rigting van hul perde, waar hul gewere nog in die sakke langs hul saals steek.

“Halt!” Oom Giel se bevel kom onverbiddelik. “As iemand nog ’n tree nader waag, skiet ek... Bly almal doodstil staan waar julle is en steek jul hande op.”

Die soldate se hande gaan slap omhoog. Met die geweer op hulle gerig, tree oom Giel stadig agter uit in die rigting van die perde. Nou trek hy al die slotte uit die geweers en steek dit in sy sak.

Oom Giel koppel die vyftal perde aanmekaar vas en bestyg self die offisier se perd. Dan neem hy die ander perde se leisels in sy hand.

“Loop!” Sy bevel kom kortaf, gebiedend, terwyl hy suidwaarts dui. Dis in die rigting waar die vry buiterskommando staan.

Traag gehoorsaam die soldate sy bevel. Party is nog half ontklee en dra hul klere in bondels onder hul arms. Andere loop nog hul jeukende liggame en krap.

Die offisier is boos. Met ’n lang gesig stap hy in die warm son aan. Elke keer moet hy net haas om voor die kloue van sy eie perd weg te kom, want oom Giel het dit eintlik teen hom gemunt. Hy slaan die offisier nou met dieselfde peits waarmee laasgenoemde hom vroeër vanmiddag getug het.

Teen sononder die middag kom oom Giel met sy ryk buit by die kommando aan. Sy makkers is verras en kan hul bewondering vir sy kordaatstuk nie genoeg betuig nie. Die “kommandant” het skielik ’n onwrikbare vertroue in oom Giel as verkenner en kan sy dapperheid nie genoeg loof nie.

“Ek dink ons sal hulle maar vannag moet oorhou, Gielie,” sê die kommandant, met verwysing na die gevange soldate: “More, as ons hiervandaan trek, kan ons hulle weer in die pad steek.”

Die volgende oggend teen elfuur se kant het oom Giel en sy makkers weer die gevangenes die hasepad laat kies. Dog nie voordat die viybuiters hulle van al hul beste klere en waardevolste besittings beroof het nie. Soos drosters het die offisier en sy manskappe in die vuil, verflenterde klere van die vrybuiters-kommando af oor die verdorde vlaktes van die Wes-Transvaal weggestap.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 860 gaste aanlyn