NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, dis nie dat ek U probeer verstaan sodat ek in U kan glo nie; ek glo HERE, sodat ek kan verstaan. En ek glo ook dat ek nooit sal verstaan as ek nie glo nie.

DE LA REY (3)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

GUERRILLA-OORLOG EN KRIEKET

SOWAT ’n maand na Rudolf se eerste ondervinding as verkenner, het hy ’n tweede en ewe belangrike opdrag van kaptein Schalk van der Westhuizen ontvang.

“Ons lê noual weke lank stil, ou seun,” het sy hoof gesê. “En die Generaal word ongeduldig. Sy hande jeuk vir die Tommies.

“Ek het vanmiddag berig ontvang dat ’n groot afdeling Engelse op Swaelkrans, die plaas van Dirk Steyn, laer geslaan het. Hulle het Steyn se huis glo afgebrand, sy skape vemietig en sy beeskraal onder die bomme gesteek. Ons wil ’nbietjie met hulle afreken. Ek wil hê jy moet eers ’n bietjie hul stellings gaan verken, min of meer uitvind hoeveel troepe hulle het, wat die sterkte van hul grofgeskut is en daama moet jy deurry na kommandant  Henning. Sy kommando staan omtrent dertig myl anderkant die plaas. Daar is ’n bevel van generaal De la Rey aan hom, maar in geval jy die skriftelike opdrag verloor, sal ek kortliks verduidelik wat die Generaal van hom verlang:
Moreaand net na sononder moet hy die Engelse van die anderkant van die plaas af aanpak. Ons sal hulle van duskant af storm.

Vind self uit watter die beste aanvalspunt vir hom is en kom terug om te rapporteer. Ek sal tevrede wees as jy voor moremiddag vyfuur hier is.”

 

Rudolf het sy bladsak vol veldprovisie gepak, sy geweer se loop skoongemaak, sy bandelier gevul en die Engelse uniform aangetrek waarin hy teen hierdie tyd tuis gevoel het.

Dit was al skemeraand toe hy vertrek het.

Die opgewondenheid wat hy met daardie eerste opdrag gevoel het, het nou plek gemaak vir ’n wakkere rustigheid. In die paar weke wat verloop het sedert sy benoeming tot verkenner, het hy talle rapporte deurgeneem na Boerebevelvoerders en hoewel die werk nie van ’n besonder gevaarlike aard was nie, moes hy soms myle ver deur gebied dring wat van Engelse gewemel het. Die altyd gevaarlike werk het nou ’n roetine taak by hom geword: Hy kon, soos hy dikwels gedoen het die afgelope maand, dag na dag tussen die Engelse inry sonder die minste senuweeagtigheid; dit het hom geleentheid gegee om hul gewoontes van naderby te bestudeer; soms het hy saam met die soldate die bitter swart bier gedrink waarop hulle so dol was; soms het hy hom ure lank verkyk aan die onbeholpe pogings wat hulle aangewend het om ontslae te raak van die lastige kampluise.

Hy het hom dit ten doel gestel om by sulke geleenthede soveel as moontlik van sy vyand se gewoontes te leer. Die kennis, dit het Van der Westhuizen hom uit die staanspoor op die hart gedruk, is onontbeerlik vir ’n goeie verkenner.

“Dit is natuurlik nodig dat ’n verkenner dapper is, maar as ek moet kies tussen ’n dapper spioen wat geen toneelspeler is nie en ’n lafaard wat die kuns verstaan om hom anders voor te doen as wat hy is, dan kies ek laasgenoemde. Die beste verkenner is die man wat hom met die vyand kan vereenselwig in alles behalwe die doel waarvoor hy veg. En om dit te kan doen, moet hy hul gewoontes nog beter ken as dié van sy eie mense.”

Vir Rudolf, wat voor die oorlog maar selde met Engelse in aanraking gekom het, was dit ’n nuwe en fassinerende ondervinding om sulke tydperke tussen hulle deur te bring. Hy het dinge gesien wat hom soms met die uiterste verbasing vervul het, hoewel hy altyd sorg gedra het om niks daarvan te laat blyk nie. Maar na ’n week het hy tot die gevolgtrekking gekom dat die Engelse die eienaardigste nasie op aarde is.

Selfs die gewone soldaat het aan hierdie “snaaksighede” gely. Behalwe oor sy kampluis, waaraan hy soms nogal besonder geheg was, kon hy oor niks anders as sport begeesterd raak nie. Een van die belangrikste geleenthede in die Engelse kamplewe was dan ook die aankoms van die koerante en Rudolf het met onbegrypende verbasing geluister na die gesprekke wat by sulke geleenthede in die laer gevoer is. Dan is die krieketwedstryde in Engeland, “back home,” bespreek met ’n heftigheid wat vir hom buite alle verhouding tot die belangrikheid daarvan geskyn het. Immers, daar was oorlog; elke dag was die lewe op die spel en groot beslissings het in die weegskaal gehang. Die Empire se prestige het reeds ’n harde knou weg gehad en dit was nie onmoontlik nie dat ’n langdurige weerstand van die kant van die Boere daardie ryk tot sy val kon bring. Maar onderwyl hy geluister het hoe die soldate gesels oor die sportaangeleenthede “back home,” hoedat hulle soms ’n hele maand se gasie verwed op die uitslae van die een of ander wedstryd, het hy langsaam tot die gevolgtrekking gekom dat die belangrikste ding ter wêreld vir hierdie mense “county-cricket” is.

Die offisiere was oor die algemeen verfynde mense, maar ook hulle kon met ’n vreemde hartstogtelikheid praat oor “the old game.” Ook by hulle was dit blykbaar die gewigtigste saak op aarde... “county cricket.” Rudolf het by sulke geleenthede gedink aan die Engelse versreëls:

“I could not love thee, dear, so much,
loved I not honour more. ”

en gewonder waarom hulle dit nie verander nie na:

“I could not love thee, dear, so much,
loved I not cricket more. ”

Hul gewoontes, hul segswyses, die vermaaklikhede waaraan hulle die graagste deelgeneem. het, het hy maklik en gou aangeleer, maar die siel van die Brit het vir horn al hoe raaiselagtiger geword na gelang hy hulle beter leer ken het. Maar hy het spoedig ontdek dat dit eerder ’n aanbeveling as ’n hindernis is. Dit was maklik om te sien dat die Brit sy siel met sorgvuldige terughoudendheid verberg en dat hy baie meer hou van die “jolly good sort” wat oënskynlik meer waarde heg aan ’n krieketwedstryd as aan groter lewenswerklikheid.
En Rudolf het nie op hom laat wag nie. Hy het elke krieketverslag in die Engelse koerante verslind totdat hy die naam van elke liga, elke “county club,” net so goed geken het soos sy vyande. En die kennis was ’n wagwoord wat hom toegang verleen het tot die eksklusiefste vyandelike kringe.

DIT was al sterk donker toe hy die buiteposte van die Engelse laer bereik.

Hy het maklik by die wag verbygekom en sy vervalste getuigskrifte aan die laerkommandant getoon.

“Report from general French, Sir.”

Die verslag wat deur die meesterhand van Van der Westhuizen opgestel was, was oënskynlik outentiek tot in die fynste besonderhede.

Die Engelse offisier het dit aandagtig deurgelees en toe op aandag gekom.

“At your service!”

Die “rapport” was ’n “roetine navraag” oor die sterkte van die mag, sy strategiese posisie, die aantal stukke grofgeskut waaroor hy beskik, die sterkte van die ruitery, ens.

Rudolf het kalm, innerlik geamuseerd, toegeluister onderwyl die offisier al die waardevolle inligting aan hom verstrek.

Toe het hy gesalueer, op sy perd geklim en vertrek.

Dieselfde nag nog het hy sy verslag aan kommandant Henning oorhandig en Van der Westhuizen se instruksies verduidelik.

Met ’n geruste gemoed het hy daarna teruggery, met ’n omweg om die Engelse laer.

Maar soos almal wat aan daardie stryd met sy onverwagte wendinge en gebeurtenisse deelgeneem het, was Rudolf, ten spyte van sy kalmte, voorbereid op enige gebeurlikheid. Hy het geleer hoe wisselvallig oorlog kon wees:        Vandag oorwinning, more nederlaag; vanmiddag die lewe, vanaand die vuurpeloton. En daardie nag het ’n grimmige toevalsgod hom onverwags in  'n lokval gelei. Rudolf was net drie myl van die Engelse kamp, aan die kant van ’n groot pan begroei met hoe spaansriet, toe hy skielik ’n harde “halt!” agter hom hoor.

Die vrees wat elke verkenner soos ’n donker skaduwee agtervolg, dat die vyand vroeër of later sy identiteit sal ontmasker, het horn nou met ’n gevoel van paniek beetgepak. Het hulle uitgevind dat hy ’n Boerespioen is en hom agternagesit?
Nadat hy die laer verlaat het, het hy op ’n stywe galop gery, maar nie te vinnig nie. Hy was seker dat hy nie die minste agterdog verwek het nie. Maar nou het die gedagte onheilspellend deur sy brein geflits dat hulle miskien !n posse uitgestuur het om hom in te wag, op ’n geskikte plek en watter beter plek kon daar wees vir ’n hinderlaag as hier langs die ruigbegroeide pan?

Hy aarsel net ’n oomblik en dan kap hy sy skimmel ongenadig hard met die spore in sy sye. Die perd staan op sy agterpote en ’n oomblik later kies hy die vlak veld weg van die pan af.

Agter horn hoor Rudolf ’n dowwe geskreeu en dan die kort, skerp geknal van ’ n mauser: ’ n Pyn skeur brandend deur sy dyvlees en vir ’n oomblik word die nag pikswart voor sy oë. Hy voel hoedat sy perd onder horn steier en sy rug krampagtig in ’n buiging trek; die volgende oomblik val hy uit die saal en die harde grond tref sy kop soos ’n hamerslag. Dan sak die duistemis op hom toe.

Hoe lank hy so gelê het, was moeilik om te sê. Toe hy sy oë oopmaak, het hy verward half orent gekom; om horn was net die stil somernag en links van hom, ’n yl donker vlek, die digte plaat spaansriet. Hy het ’n tyd lank so stil gesit, totdat sy brein helder gefunksioneer het. Toe het die gebeure hom te binne geskiet en die besef van die verskriklike werklikheid het soos ’n helder ligstraal oor sy benewelde verstand gekom. Hier is hy, ’n spioen in die uniform van ’n Engelse offisier en die vyand het hom ingehaal. Die skerp, brandende pyn in sy been het hom selfs nou flou gemaak en die uitputtende bloedverlies het hom momenteel van sy energie beroof.
Vir die oomblik altans, is hy veilig, maar sy vyand is hier iewers, daarvan is hy seker. Hulle sou die soektog nie so maklik gewonne gee nie. En as hulle hom vind, sou daar geen genade vir hom wees nie. Hy spits sy ore: Die enigste hoorbare geluid is die verdraende gekwaak van paddas en die getjirp van krieke in die rietpan en tussenin, af en toe, die slaperige gekwiek van 'n nagvoël. Verder is die nag om hom onheilspellend stil.

Meteens hou hy sy asem op. Geen vyftig tree van hom af nie kom ’n swaaiende lantern skielik uit die spaansriet te voorskyn. Hy hoor gedempte, opgewonde stemme. ’n Oomblik is die lig sigbaar en dan verdwyn dit. “Hulle soek na my,” dink hy moeg. “Daar is net een hoop — die spaansriet.”

Versigtig, met ingehoue asem, begin hy kruip in die rigting van die plaat riete. Met elke beweging wat hy maak, skiet die pyn skerp deur sy liggaam en telkens kom ’n golf van swakheid oor hom. Maar hy kners op sy tande en kruip aan, voetjie vir voetjie, totdat hy die klam aarde aan die kant van die rietpan onder hom voel. Versigtig kruip hy verder en meteens kom hy met ’n sagte spatgeluid in ’n kuil water te lande. Op dieselfde oomblik hoor hy voetstappe agter hom en sien hy die dowwe glans van die lantern deur die riete val.

Hy het nog nooit in sy lewe vinniger gedink as op daardie oomblik nie. Dikwels het die kalmte wat hy in sulke oomblikke bereik, hom van ’n gewisse dood gered, maar ’n ingewing het nog nooit so skielik en met soveel helderheid tot hom gekom nie. Geruisloos seil hy met klere en al, in die koel modderige water en ’n oomblik later is nog net sy neus sigbaar bo die rimpellose groen watervlak...

Die beweging was net betyds, want terselfdertyd verskyn die lantern aan die kant van die kuil. Die lig skeer ’n oomblik dof oor die oppervlakte van die water en dan verdwyn dit in die spaansriet.

En toe het die benoudste paar uur van Rudolf se lewe gevolg.

Hoewel hy betreklik vry kon asemhaal, moes hy keer op keer sy gesig bo die water uitsteek om die slik en modder wat in sy keel gevloei het, uit te spoeg. !n Gevoel van verlamming het langsaam oor sy liggaam gekom, sodat hy naderhand nie meer die brandpyn in sy been gevoel het nie. Telkens moes hy homself staal om nie aan die verleidelike vermoeienis toe te gee en in die kuil weg te sink nie; en telkens was dit die waarskuwende gedagte dat dit sy einde sou beteken, wat horn met nuwe uithouvermoë gestaal het...

Die oggendure het sleepvoetend verbygegaan en die rooidag het helder aan die oosterhemel gelê toe Rudolf uiteindelik sy ongemaklike skuiling verlaat. Sy uniform was vuil van die modder en slik en sy ledemate was so styf dat hy slegs met die uiterste wilsinspanning kon beweeg.

Hy was skaars uit die water toe ’n man deur die riete reg voor hom bars en ’n mauser op horn rig:

“Hensop, jou verduiwelde rooinek,” sê hy hard en ’n oomblik later skreeu hy oor sy skouer: “Hier is die vuilgoed, Frikkie. Hy het gedoriewaar die hele nag in die water weggekruip, soos ’n padda.”

Rudolf is so verbaas dat hy vergeet om sy hande in die lug te steek. Boere! Dit was die laaste ding wat hy verwag het. Dan was dit hulle wat hom geskiet het!

Ergernis meng nou met sy verbasing.

“Ek is ’n Boer, Oom,“ sê hy kortaf.

“Boer of te nie, hensop!”

Rudolf gehoorsaam.

Op dieselfde oomblik kom ’n korterige, effens gesette man, gevolg deur drie ander uit die riete te voorskyn; hulle is almal in verslete velddrag gekleed, met slap breërandhoede op hul koppe.

“Magtig,” sê die ouer kêrel uitasem, “’n Engelse offisier! ’n Fyn stukkie werk, Gielie.”

'n Engelse offisier, ja,” sê die aangesprokene, “maar hy praat ons taal.”

“Dan is hy ’n skout,” sê die ouer Boer, “’n verraaier van sy eie mense.”

Rudolf se gesig trek onwillekeurig in 'n glimlag. Die verligting wat hy by die aanhoor van die woorde ondervind, is byna oorweldigend. Vir ’n oomblik het hy gevrees dat hy met Engelsgesinde Boere te doen het, maar uit wat die man daar sê, kan hy aflei dat dit nie die geval is nie.

“Ek is nie ’n skout nie, Oom,” se hy kalm. “Ek is ’n verkenner van genl. De la Rey. Ons moet Engelse uniforms dra om onder die vyand in te kom.”

’n Doodse stilte begroet sy woorde. Die vyf manne kyk hom  met oop monde aan en Rudolf merk dat die gesette Boer, wat blykbaar hul aanvoerder is, sigbaar bleker word.

“Jy lieg sommer, ou seun,” se hy na ’n rukkie, “jy veg vir die Engelse!”

Rudolf se nuuskierigheid kry nou die oorhand oor hom. Wie is hierdie mense, wat klaarblyklik nie in diens van die Engelse is nie?

“Aan watter kommando behoort Oom-hulle?” vra hy.

“Kommando biedem,” sê die aanvoerder, “laat ek jou papiere sien.”

Rudolf laat sy hande sak, vroetel ’n oomblikkie in sy sakportefeulje en bring sy eieningsbrief te voorskyn.

Die Boer lees dit ’n oomblik aandagtig en gee dan ’n lang fluit.

“Hy lieg nie, kêrels,” sê hy, “hy is een van De la Rey se rnense.”

“Wat nou, oom Frikkie?” vra die Boer wat Rudolf ontdek het. “Nou gaan ons bars! Dis ons wat hom geskiet het.”

“Bring hom hiematoe,” sê die leier van die bende, “laat ons met hom praat.”

Hulle het Rudolf half gedra omtrent ’n honderd tree ver deur die digte riete. Toe het hulle skielik op ’n groot oop kol afgekom. ’n Vlak, groot tent het in die middel van die opening gestaan en om die tent het ’n paar ou kampstoele, ’n swart driebeen met die as van ’n dooie vuur daaronder, ’n ysterlees en nog ander voorwerpe gestaan. Naby die tent was ’n draad styf gespan tussen twee struike en daaroor het ’n aantal verflenterde hemde, broeke en sokkies gehang.

Die binnekant van die tent het daar heelwat geriefliker uitgesien: ’n Halfdosyn riempiesmat-stoele, vyf katels, ’n konfoor, saals, tooms en gewere het ’n netjiese indruk gemaak.

“Gaan sit, ou seun,” se die ouerige Boer, wat deur sy maats as “oom Frikkie” aangespreek is. “Laat ek sien hoe lyk die wond in jou been. Of wag, trek eers jou uniform uit.”

Vyf minute later was Rudolf in ’n verbleikte kakiebroek en hemp gekleed en het hy gemaklik agteroor geleun gelê op een van die katels onderwyl die vyf manne oor sy been buk.

“’n Vleiswond,” sê een van hulle, “nie gevaarlik nie, maar dit rnoet goed verbind word.”

“Mm. Wat sal ons doen?”

Rudolf luister aandagtig onderwyl sy nuuskierigheid toeneem. Dit is so duidelik soos daglig dat die vyf nie gereelde burgers van die Boeremagte is nie, maar hulle werk ook nie met die vyand saam nie. Maar wie kan hulle wees? In sy onderbewuste verbind hy hulle met iets wat hy iewers gehoor het, van ’n vrybuiterskommando wat in hierdie geweste optree: Hulle het die leier aangespreek as Frikkie...
Frikkie... Hy het die naam iewers gehoor. En toe skiet dit hom skielik te binne:

“Kommandant Frikkie Els.” Die gedagte tref hom so onverwags dat hy die naam onwillekeurig hard uitspreek.

Die dikkerige man kom vervaard orent en kyk hom met angstige oë aan: “Hoe die duiwel weet jy dit?”

Rudolf glimlag. Geen wonder dat die ou so geskrik het toe hy generaal De la Rey se naam flus gehoor het nie, want dit was van die Generaal self dat hy van hierdie einste Frikkie Els gehoor het:

“Ek is op sy spoor, Naudé,” het die Generaal gesê, “en ek wag my kans af. Die Vader behoed hom as ek hom in die hande kry. Sy soort is soos aasvoëls. Hulle doen geen kwaad nie, maar  hulle is bang om saam met die ander burgers die gevaar van die oorlog te trotseer. Hulle bly agter die linies en aas op die oorblyfsels.”

Rudolf het nie getwyfel omtrent wat sou gebeur indien die vrybuiter en sy kommando in die Generaal se hande val nie.

’n Grimmige glimlag speel om sy lippe.

“Dit sal hotagter gaan met Oom-hulle as die Generaal hiervan moet hoor.”

Dit amuseer hom om die uitwerking van die woorde op die “kommandant” te sien.

Hy gluur Rudolf aan, maar die angs in sy oë is duidelik leesbaar.

“Ons kan jou maklik hier hou, ou seun, as jy van plan is om hom te vertel.”

Rudolf het aan die moontlikheid gedink.

“Ons vergeet dit maar, Oom,” sê hy. “Help my net om die wond verbind te kry. Ek moet terug kommando toe.”

Die “kommandant” is nou heelwat vriendeliker.

“Goed, ou seun. Ons sou nie geskiet het as ons geweet het dis jy, ek bedoel, ’n Boer nie. Gielie sal jou na sy huis hier naby neem en die wond vir jou verbind.”

Hulle het Rudolf in die saal gehelp en hy en Giel van Zyl, die “tweede in bevel’' in “kommandant” Els se kommando, het op ’n stadige drafstappie van die rietpan af weggery.

’n Halfuur later het hulle by oom Giel se huis aangekom. Dit was nog vroeg in die oggend, maar Rudolf het swak en uitgeput gevoel van die vorige nag se ontberings en die bloedverlies. Hy was ergerl ik oor die poets wat die noodlot hom gebak het en het dit nog half en half oorweeg om met ’n paar man van die kommando af terug te keer en die vrybuiters goed die skrik op die lyf te jaag.

Maar ’n paar sekondes later was hierdie wrokgedagtes heeltemal vergete; sy vermoeienis het van hom weggeval en die pyn in sy been het soos met ’n towerslag verdwyn. Toe hulle die voorkamer binnekom, het oom Giel se bejaarde vrou haastig uit die kamer gekom en agter haar het ’n agtienjarige meisie gevolg. Rudolf het sy asem ingehou en haar ’n oomblik verbysterd aangekyk; haar donker oë het syne ontmoet en van daardie oomblik af was hulle twee alleen.

Haar swart hare het in dik kartels oor haar skouers gelê; die kleur was glinsterend donker, seifs in die helder oggendson; maar dit was haar oë, die intense beweeglikheid van haar gebare, wat hom soos ’ n magneet getrek het. Haar fynbesnede gesig het  'n trek van diepe erns verraai; die mond was ferm en tog van ’n sagtheid vol uitdrukking, vol meegevoel.

Rudolf het verward orent gekom, skielik bewus van sy gehawende toestand.

“Johanna, dit is mnr. Rudolf Naudé; ’n verkenner van generaal De la Rey.”

’n Pragtige lig het nou in die donker dieptes van haar oë gespeel; met ’n gevoel van trots het Rudolf daardie lig vertolk. Dit was verrassing en bewondering.

“Mnr. Naudé het... is... ee... ongelukkig in sy been gewond,” sê oom Giel haastig, “kan jy hom nie bietjie verpleeg nie, Hannie?” Daar was nou 'n uitdrukking van intense besorgdheid op haar gesig.

Rudolf het gewillig gevolg toe sy hom na ’n rusbank in die kamer lei; met vinnige, behendige hande het sy die verband wat een van die vrybuiters haastig om sy been gebind het, losgemaak, Stilswyend het Rudolf haar dopgehou; nie een van hulle het gepraat nie en tog het hy gevoel dat daar ’n verwantskap tussen hulle is wat, in daardie oomblik toe hy haar die eerste keer gesien het, soos ’n weerligstraal die geneentheid van haar siel vir syne verraai het.

Dit was eers nadat sy sy been verbind en vir hom ’n koppie koffie gebring het, dat hulle begin gesels het. En toe was daar geen einde aan hul woorde nie. Voordat hy tot besinning gekom het, het hy die hele verhaal van sy lewe aan haar vertel: Sy aandeel aan die oorlog; die doodsgevaar wat hom dag na dag in die oë gestaar het, sy hoë verering vir De la Rey. Haar oe was gedurig op sy gesig gerig; sy het elke woord ingedrink. Ook sy het die Generaal aanbid. Sy het al soveel van hom gehoor en eendag het sy hom gesien toe sy kommando hul huis aangedoen het: Is dit nie wonderlik dat die Boerevolk twee sulke krygsmanne soos De Wet en De la Rey kon voortbring nie?
Wie is daar wat groter is as hulle?

Hy kon sien dat die verhaal van sy verkennerswerk vir haar soos ’n sprokie is. Dit het al die glans, die bekoring vir haar gehad van die onbekende en die romantiese...

Haar ouers is dood. Haar moeder het gesterf in die konsentrasiekamp en haar vader het in die slag van Magersfontein gesneuwel.

Haar tante, oom Giel se vrou, het onderneem om haar te versorg en daarom is sy hier.

Die oggend het soos ’n droom verbygegaan vir Rudolf en dit was eers toe die middagskaduwees voor die stoep gelê het, dat hy skielik die opdrag van Schalk van der Westhuizen onthou het. Hy moes voor vyfuur terug wees op kommando...

Sy het langs hom gestaan toe hy !n oomblik nog in die saal verwylhet. Haar oë het haar hart aan hom belowe.

“Kom weer gou, Rudolf...”

Toe hy deur die werfhek ry en die vaal stofpad teen die bult uit na die kommando vat, het Rudolf Naudé ’n vreemde, bittere geluk in sy hart gevoel.

Tot dusver was hy alleen die krygsman, wie se dae tussen die dood en die lewe verbygegaan het. Hy het slegs die hardheid van die stryd geken; alle teerheid was in hom bedolwe onder die wrede ervaringe van die oorlog. Daar was geen vrou wie se gedagtenis hom in die nagte met ’n brandende honger in sy hart wakker gehou het, met sy oë op die sterre nie.

Maar nou is dit anders. Die liefde vir die lewe, wat hy lank al afgesweer het, die honger na geluk, wat hy nooit geken het nie, het eensklaps en intens in sy hart gebloei.

En vir die eerste keer het hy innerlik ’n koue vrees vir die dood gevoel.

“Hierdie gevoelens gaan ’n lafaard van my maak,” dink hy ongeduldig...

In die kommando het ’n rustelose, byna angstige gees geheers.

Om die rooi flikkerende kampvure het die burgers soos skaduwees heen en weer beweeg. Daar was 'n dringendheid, ’n haastigheid in die atmosfeer wat elke manskap soos ’n koors aangetas het.

Dit was ’n stormagtige nag.

Ver anderkant die vlak horison het die weerlig aanhoudend geflikker in die swaargebankte wolke wat daar saamgedryf het. Rudolf het die wispelturigheid van hierdie kaal wêreld goed geken:
Uit die felste droogte kon in een middag ’n stormweer losbars van so ’n intensiteit dat mens nog dier daarteen bestand is. ’n Sterk wind het uit die ooste teen die weer aangewaai en die lug bokant hulle was reeds donker van drywende, los wolke.

Generaal De la Rey se kommando is besig om hom voor te berei vir die aanval.

Geen woord word gepraat nie; maar oral word nog ’n laaste voorbereiding getref. Hier word ’n buikgord vaster getrek, daar ’n geweerloop skoongemaak, of ’n bandelier met patrone gevul.

Rudolf staan afwagtend langs sy skimmel, die teuels oor sy arm. Hy is dankbaar dat die vrybuiters daardie oggend in staat was om sy getroue ryperd aan hom terug te besorg. Die hings het sowat ’n myl van die spaansriet af gewei en hulle kon hom sonder moeite in die hande kry en terugbring.

Dit is asof die opgewondenheid die perd aantas. Hy beur rusteloos teen die teuels en kap kort-kort met sy voorpote in die grond.

“Stadig maar,” paai Rudolf hom, “nie ongeduldig word nie. Die Generaal ken sy tyd.”

Daar is ’n onrustige voorgevoel in Rudolf se hart. Die hewige emosionele ondervinding wat hy die middag deurgemaak het, het nog sterk in hom nagelewe. Hy is bang vir die dood; vir die eerste keer sedert daardie eerste slag toe die koeëls om hom gereën het. Tot dusver het sy lewe geen persoonlike betekenis gehad nie; dit was slegs ’n rat in die groot wiel van die oorlog. Hy was ’n masjien wat bevele uitgevoer het, werktuiglik, sonder dat die slapende magte van sy hart ooit tot ontwaking gekom het. Nou voel hy in hom ’n oneindige lewe waarvan hy nooit bewus was nie. Alles het skielik vir hom ’n vreemde, skone betekenis gekry. Dit is of selfs in die onrus van die nag om hom, in die jagende wolkgevaartes teen die lug, in die geloei van die wind, daar ’n belofte skuil van ongedroomde dinge...

“Miskien,” dink hy, “sal ek vannag sterwe, noudat ek die lewe gevind het.”

Ongeduldig probeer hy sy gedagtes van die middag afwend en dink aan die slag wat voorlê.

Dit is een van De la Rey se wagte. Dit weet hy. Dus toe hy sy rapport met die Generaal bespreek het, het hy die vuur in daardie donker oë gesien, die gespierde hande rusteloos in mekaar geklem. Hy het geweet dat agter daardie beheerste uiterlike vanaand ’n verskriklike wilskrag skuil; hy het ook geweet dat sy Generaal van hierdie slag ’n strafekspedisie gaan maak. Die berigte van swartes se gruweldade wat hulle in die laaste tyd bereik het, het die Generaal telkens aangetas soos die nuus van ’n persoonlike geliefde se dood.
Vanmiddag, kort na Rudolf se terugkoms, het een van sy mede-verkenners ’n verslag ingedien wat die groot Boerekrygsman met blinde verdriet en woede vervul het. Dit was ’n beskrywing van een van die wandade van ’n swart-skout wat teen die tyd berug was om sy onmenslike bloeddorstigheid. Die swarte, wat in die Engelse
rapporte bekend gestaan het as “Scout X,” het ’n groot brandstigtingsbende onder hom gehad. Nie alleen het hy huise afgebrand en kuddes vee vermink en uitgedelg nie, maar hy het menselewens vernietig met ’n dronke roekeloosheid; nooit is hy tot
verantwoording geroep vir sy eerlose dade nie en Rudolf, sowel as kaptein Van der Westhuizen se ander verkenners, het telkens strenge opdrag van die Generaal ontvang om hul oë oop te hou en die bewegings van die gewetenlose moordenaar dop te hou. Rudolf het dikwels verwysings na die berugte geweldenaar teëgekom in die vyandelike rapporte wat hy onderskep het, maar tot dusver het dit nog hom nog die ander verkenners, geluk om op sy spoor te kom.
Hy het met ’n meesterlike sluheid opgetree: Blitsvinnig getref in die gebiede wat ontbloot was van Boerebeskerming.

Die berigte van sy wandade het hulle altyd ’n paar dae te laat bereik en sover hy kan onthou, het nog geen burger in die kommando die woestaard persoonlik gesien nie.

De la Rey het die Britse owerheid herhaaldelik gewaarsku teen die onmenslike optrede van die naturel, maar sy proteste het op dowe ore geval.

Rudolf het geweet dat sy Generaal die wandade nie ongestraf sou laat nie en vanaand sou die vyand die bloedprys moet betaal vir die onreg wat hy so lank veroorloof het...

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 779 gaste aanlyn