NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons gedagtes nie met een of ander sinvolle taak gevul is nie, laat dit ruimte vir die duiwel.  En hy kom nooit alleen nie.  Hy bring altyd ‘n klomp bose gedagtes en verleidings saam.

DE LA REY (1)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

EERSTE DAE

RUDOLF NAUDÉ kyk die groepie jong burgers voor hom met ’n begrypende glimlag aan.

“Ons is ’n snaakse volk,” dink hy, “daar is tye wanneer ons die grootste deugde sal verruil vir roekeloosheid. As ons ’n besluit geneem het, word dit uitgevoer met driftige ongeduldigheid; as ons eers oortuig is van die geregtigheid van ons saak, handel ons blindelings...”

“Miskien is alle volke so,” gaan sy gedagtes voort. “Dit is die enkeling wat dink in die groot krisistye; die volk handel blindelings, met ’n pragtige heldemoed en ’n matelose gewilligheid om alles op te offer. Dit is nie die rede wat ’n volk deur sulke krisistye lei nie; dit is ’n donker instink, miskien so oud soos die lewe self...”

Gevoelens het vanmiddag hoog geloop op Driefontein, in die Lichtenburgse distrik. Die burgers het in honderdtalle opgedaag om generaal De la Rey te hoor praat oor die naderende oorlog. Hulle het hom reeds bejeën met die eerbied en vertroue wat ’n opregte volksman verdien. Maar nou, na sy toespraak, staan hulle in klompies en gesels, meestal fluisterend, asof hulle bang is om hul gedagtes hard uit te spreek: Onseker, asof hulle nie heeltemal verstaan wat hulle gehoor het nie.

Die Generaal het sy volksraadstoespraak herhaal. Hy het hulle gewys op die erns van die oomblik; die oormag wat teen hulle in die veld gestoot sal word; daar was ’n ondertoon van besorgdheid in sy woorde wat skerp afgesteek het by hul eie selfvertroue:  God sal ons volk lei, het hy gesê, soos Hy hom altyd nog gelei het; die beslissing van alle oorloë rus in sy hand; wat God sal besluit, daarvoor moet elke volk sy hoof buig; dit is nie vir die mens om sy almagtige beslissings in twyfel te trek, of daarteen in opstand te kom nie. Maar die stryd wat voorlê, sal ’n harde stryd wees. Baie bloed sal vloei, baie smart sal gely moet word; dit betaam ons nie om, in voortvarende selfversekerdheid, die omvang en die erns van daardie stryd te onderskat nie; maar as dit God se wil is dat ons ons dierbare onafhanklikheid moet verdedig, sal ons dit doen met ons laaste druppel bloed.

Ja, dit was !n versigtige toespraak; vol ingetoomde erns, vol vasberadenheid; maar dit was eerlike woorde. Hier was !n man wat te groot was, te verantwoordelik, om sy mense onder enige misverstand te laat ten opsigte van die opofferinge wat van hulle geverg gaan word.

Die skare het in aandagtige stilswye geluister, maar op die strak gesigte om hom kon Rudolf duidelik teleurstelling, ongeduld en selfs ergernis lees. Hulle het nie verwag om so ’n toespraak te hoor nie. Dwarsdeur die jong republiek het die oorlogskoors soos ’n winterveldbrand gesprei en dit het die mense aangeraak met ’n wilde roekeloosheid. Wat sou dit baat om nou met waarskuwings te kom?
Die oorlog is op hande en Engeland het nog nie ’n vinger verroer om dit te verhoed nie; hy het selfs nie eens getoon dat hy geneë is tot onderhandelinge nie: Nee, daar is net een pad: Die reguit, manlike pad.

“Ons moet afhandel met hulle; elke dag dat ons langer wag, is net water op hul meul.”

“Ek verstaan die Generaal nie. Is hy teen die oorlog?”

Niemand beantwoord die vraag nie.

“Wat my betref,” sê ’n jong burger, “ek steur my nie meer aan dié soort weifelagtigheid nie. As die President more sê ons moet onderhandel en vrede maak, se ek: Basta. As ons nie nou optree nie, sal ons nooit optree nie...”

“En as ons onderhandel, sal die Engelse tevrede wees?”

Die jong burger skud sy kop.

“Moenie glo nie, boetie. Hulle sal aanhou... aanhou... en aanhou totdat hulle ons vryheid het. Nee, daar is net een uitweg: Trek die handskoen uit! Dit skeel my weinig wat die mense sê. As ons leiers wankelmoedig word, ons is nie.”

“Hoor, hoor!”

Dawerende instemming begroet die woorde en honderde hoede word in die lug geswaai.

Rudolf staan eenkant, afsydig van die opgewondenheid. Elke woord wat hulle sê, vind aanklank in sy eie hart. Hy verstaan hul ongeduldigheid, hul regverdige wrok teen die vervolger. Maar selfs nou, met die oorlogsdrang wat soos ’n golf oor die land aanrol, weet hy nog dat manne soos De la Rey, met hul versigtige wysheid, die enigste is wat sy volk veilig sal kan lei deur die donker jare wat voorlê. Kan sy mense dit nie verstaan nie! Dat die Generaal so praat omdat hy sy volk liefhet: Omdat hy sidder by die gedagte aan die bloed wat vergiet sal word, die naamlose ellende wat voorlê, die verwoesting? Omdat hy besef hoe ongelyk die stryd sal wees en watter verskriklike opofferinge dit gaan verg?

“Veldkomet Naudé,” roep ’n paar jong kêrels, “waar is hy?”

’n Burger agter hom du hom vorentoe.

“Hulle wil hê jy moet praat, Dolfie,” sê hy bemoedigend, “sê iets.”

Rudolf stribbel teë, maar nou moet hy vorentoe. In die middel van die kring bly hy staan.

“Ek voel soos julle, broers,” së hy eenvoudig. “Ek stem saam dat daar geen ander uitweg is nie.” Die gejuig wat sy woorde begroet, is so groot dat hy ’n oomblik moet swyg. “As ek dink aan wat ons moes verduur, aan hoe ons probeer het om oorlog te vermy, dan voel ek dat ons te lank gewag het. Ons moes lankal tot verset oorgegaan het, al sou die stryd ook verlore wees: Want hulle eis te veel. Hulle wil ons stoflik verkneg en ons siel vernietig. Waarom hulle ons so haat, weet ek nie; ons het hulle geen rede daarvoor gegee nie. Miskien het God dit so bepaal dat hulle die roede moet wees wat ons sal slaan totdat ons goed is, soos Hy ons wil hê...”

’n Aandagtige swye hang nou oor die skare voor hom.

“Maar,” sy stem groei in vastigheid en daar is ’n klank van verontwaardiging in sy woorde, “...ons moet waak dat ons nie te haastig oordeel nie. Dit is manne soos De la Rey wat ons sal lei tot die bitter einde ...”

“Ons veroordeel hom nie, Rudolf...”

Hy hou sy hand op.

“Ek wil my nie as ’n profeet voordoen nie, maar onthou wat ek vandag aan julle sê: Lank nadat die windmakers die knie voor die vyand gebuig het, sal hierdie man nog veg: En hy sal veg soos weinig ander, omdat hy sy volk liewer het as sy lewe...”

Waarom hy dié woorde gesê het, kon Rudolf nie duidelik bepaal nie. Dit was of hy op ’n onverklaarbare ingewing gehandel het. Miskien het hy toe gedink aan die eienskappe wat hy daardie middag en dikwels tevore in sy leier gesien het en wat hy in die onstuimige jare daama met hoë verering en liefde sou onthou?:

Die dinamiese krag van daardie groot persoonlikheid; die dwingende swart oë; die rustige gestalte wat tog dieper-in die spanning van ’n intense siel verraai het. Miskien het die dinge aan horn vertel dat sy Generaal een van die grootste krygsmanne van sy tyd sou word: Want vir hom was dit die vreemde van die groot krygsmansiel; dat hy as mens sag kon wees, liefdevol, soms selfs onopsigtelik; dat hy die deugde van liefde, taktvolheid en wyse versigtigheid kon besit, maar op die slagveld in een oomblik kon verander in ’n onverskrokke kiygsman, deur wie se bedaarde koelheid en onoortreflike leiding krygsdade verrig sou word wat sy naam en die naam van sy volk onsterflik sou maak.

“Baie van ons,” sê hy, “sal al moed verloor het; baie sal miskien die wapens neerlê, of by die vyand aansluit; maar De la Rey sal aanhou omdat sy hoë eer horn geen ander weg kan laat gaan nie as die weg van eerbaarheid, grootheid en selfopoffering...”

Die oorlog het skielik gekom, soos ’n storm wat lank gebroei het.

Rudolf Naudé het in die maande ná daardie vergadering op Driefontein self gesien hoe sy voorspelling omtrent genl. De la Rey in vervulling gegaan het.

Aanvanklik het sy Generaal se figuur nie so magtig uitgestaan nie, maar dit was al vroeg in die stryd duidelik dat hier ’n man was, ’n krygsheld soos weinig ander. Sy herinneringe aan daardie eerste maande was onstuimig en stormagtig.

Van nagte met swaar donderstorms wat oor die saamgehurkte burgers verbygetrek het; doodsgevaarlike sendings in die donker; verwarring wanneer hulle in die nagstilte onder ’n dreigende, bewolkte hemel onverhoeds met die vyand slaags geraak het; en dae wat soos ewighede verbygegaan het, wanneer hulle stormenderhand vyandelike stellings moes inneem; hierdie bewegings het snel geskied, want De la Rey het nie op hom laat wag nie. Waar gevaar gedreig het, het sy kommando nie ontbreek nie.

By Graspan het sy Generaal voor die dag getree as ’n groot aanvoerder. Die herinneringe aan dié slag het vaag voortgelewe in Rudolf se gemoed: Maar dit was die vuurdoop waarin hy geleer het om die dood nie meer te vrees nie. Na afloop van die slag het hy, bleek van die spanning wat hy verduur het, ’n paar woorde met sy Generaal gewissel.

De la Rey se woorde het hom bygebly:

“’n Krygsman se eerste plig is om die lewe af te sweer, ou seun; angs is ’n weelde wat die mens nie kan bekostig nie, nie eens in vredestyd nie. Maar ons is almal menslik en om te sterwe, is die belangrikste daad in die lewe; ons kan dit nie met ons eie krag alleen doen nie.  Alleen geloof in God, vertroue op sy goedheid, sy regverdigheid, kan ons staal om die dood in die oë te sien...”

VOOR die slag van Modderrivier het hy weer geleentheid gehad om die grootheid van sy leier se siel te leer ken en bewonder. Dit het Rudolf opgeval dat die kommandostelsel van die Boere, hoewel dit ten opsigte van snelle beweeglikheid sy voordele gehad het, tog dikwels aanleiding gegee het tot onaangenaamhede wat soms net so beuselagtig was as futiel. Aan die individuele burger wat die moed gehad het om groot dade te verrig, het dit vrye spel gegee, maar dit het ook speling gelaat vir die ontevrede knoeier om sy werk te verrig. In die laer offisiersrange was daar gedurig onaangenaamheid. Burgers wat ten gevolge van kloekmoedige optrede bevorder is in rang, moes dikwels die naywer en vervolging van minder bekwame wapenbroers verduur.

Ook in die kommando waarin Rudolf hom bevind het, was daar hierdie strominge van onderlinge jaloesie, onderkruipery en kwaadstokery. Maar De la Rey het geen twyfel gelaat omtrent die houding wat hy in sulke aangeleenthede sou aanneem nie.

“Daar is net een man wat ek meer verag as ’n kwaadstoker,” het hy eendag aan Rudolf gesê, “en dit is die man wat hom steur aan die stories van so ’n skinderbek.”

Onder sy offisiere het hy enige neiging tot knoeiery met ferme hand onderdruk. En by een geleentheid, net voor die eerste groot prestasie van sy loopbaan as krygsman, het hy hardhandig afgereken met een van sy onderoffisiere wat op ’n skaamtelose wyse probeer het om die Generaal se guns “af te vry,” soos sy makkers spottend gesê het. Hierdie jong burger het homself beskou as ’n soort selfaangestelde nuusaandraer; as een van sy medeoffisiere iets doen wat hy as ’n misstap beskou, het hy subiet sy opwagting by die Generaal se tent gedoen en sy wapenbroer aangekla; dan was dit ’n krygsreël wat oortree is; by 'n ander geleentheid weer ’n opmerking wat slegte bedoelings verraai het.

“Hy is een van die dae onder die Engelse, Generaal,” het hy by sulke geleenthede gewaarsku.

De la Rey se vertroude offisiere het geweet met watter walging en afsku dié soort kwaadstokery die Generaal vervul en dit het hulle nie verbaas nie toe hy eendag sy toevlug geneem het tot die enigste middel wat vir goed ‘n einde daar aan sou maak: Die sambok. Hy het die nuusaandraer flink afgeransel en daarmee is die rus en goeie trou in die kommando vergoed herstel.

Dié insident het Rudolf dwarsdeur sy lewe bygebly. Dit het horn opnuut met vertroue in die grootheid en regverdigheid van sy leier vervul en dit het hom hoop gegee dat die stryd nooit verlore sou wees nie, solank manne soos genl. Koos de la Rey aan die spits van sy volk kon staan.

In die slag van Modderrivier het die kommando sy gewig laat geld as ’n vegtende eenheid. Maar dit was De la Rey se krygsmansvernuf wat die oorwinning verseker het: Hier het die vyand swaar verliese gely, in die eerste plek as gevolg van die hewige, gelyke dwarsvuur wat op hulle gerig is. Dit was ’n krygswet van genl. De la Rey wat die vernietigende uitwerking daarvan sorgvuldig in vorige krygsoperasies getoets het.

Vanuit hul stellings op die banke van die Rietrivier het die kommando herhaaldelike vyandelike aanslae vernietigend afgeslaan. In die loop van die slag het ’n paar van majoor Albrecht se kanonne in die vyand se hande geval; die Boere kon nie sonder grofgeskut klaarkom nie; daardie kanonne moes teruggebring word, bars of buig. De la Rey het vrywilligers gevra. “Dit is gevaarlike werk, maar die manne wat inwillig om te gaan, sal ons ’n groot diens bewys,” het hy gesê.

Rudolf aarsel ’n oomblik en tree dan vorentoe. “Ek sal gaan, Generaal.”

’n Tiental ander burgers volg sy voorbeeld. De la Rey beskou hulle goedkeurend.

“Goed,” sê hy, “julle seuns kan jul instruksies van jul offisiere neem.”

Die span vrywilligers moes hul voorbereidings met die uiterste sorgsaamheid tref en die offisiere het hulle vermaan om hulself nie aan te veel gevaar bloot te stel nie. Maar Rudolf het uit die staanspoor besef dat dit ’n dodelik waaghalsige ondememing sou wees. Hulle sou deur die vyandelike linies moes jaag, agter die kanonne in en die kanonniers neersabel of platskiet. En hulle sou deurentyd blootgestel wees aan vyandelike vuur uit alle rigtings. Maar hieraan kon hulle nie dink nie. Op bevel is hulle in twee groepe verdeel en elke groep het haarfyn instruksies ontvang waar die kanonne deur die vyand in besit geneem is.

Vir Rudolf was die herinneringe aan dié waagstuk in sy latere lewe soos ’n nare droom. Al wat hy kon onthou, was die bevel: “Jaag!”

En uit die staanspoor het die aarde om hulle gedreun van barstende bomrne en die skerp geswiep van koeëls in die gras. Op ’n punt waar die vyandelike mag nie ’n groot diepte gehad het nie, het hulle deurgebreek in die rigting van die kanonne.

’n Dodelike dwarsvuur is van twee kante op hulle oopgemaak, maar dit was of daar ’n vriendelike, beskermende Hand oor hulle uitgestrek het. Hulle het die kanonne bereik sonder dat een van hulle getref is.

Die aanval het so onverwags geskied dat hulle die kanonniers onvoorbereid oorval het. Hulle het in alle rigtings die spat geneem en binne ’n paar minute was die Boere van hul perde af en het hulle die twee perdespanne aangekeer. Alles het vinnig maar met onverwagte voorspoed van stapel geloop. Geen vyf minute het verbygegaan nie, toe die perde onder die geklap van swepe en ’n harde geskreeu met ’n wilde vaart die pad deur die Engelse linies vat in die rigting van die Boerekommando. Rudolf kon later onthou dat ’n paar honderd Engelse hulle van agter ingejaag het en dat hy en ses van sy makkers elke paar minute afgespring het om hulle terug te skiet. Op die buitenste grens van die laer het ’n Engelse ruiter voor sy makkers uitgejaag en hulle ingehaal. Rudolf het uit die vuis geskiet en met ’n gevoel van bittere genoegdoening gesien hoedat die man se arms in die lug ruk onderwyl hy van sy perd aftuimel. Die eerste ramp wat hulle getref het, was omtrent ’n myl van die Boerestellings af. Hier het ’n bom die een perdespan volgetref en ses van die diere het in die tuig neergestort.
Rudolf het langs die verwilderde span ingejaag en die swingelstringe losgesny, maar die krag van die orige perde was nie voldoende om die swaar kanon verder te sleep nie.

Maar die Boerebevelhebber het met wakker oë die verloop van die waaghalsige onderneming gade geslaan en toe hy onraad merk, het hy ’n twintigtal burgers uitgestuur om die kanon binne te haal. Ondertussen het sy manskappe die aanstormende vyand keer op keer teruggeskiet.

Byna twee uur nadat hulle die kommando verlaat het, het Rudolf en sy makkers die laer binnegekom met die twee kanonne. Hulle het almal ongedeerd daarvan afgekom.

Later het De la Rey horn laat roep.

“Jy het goed gedoen, ou seun. Jy is ’n pure man.”

Vergeet was die doodsgevaar wat hy saam met die ander burgers getrotseer het. Hy het na sy saal teruggestap met opgewonde trots in sy hart.

OMSTREEKS agtuur die aand het die laaste proviandwaens teen die helling uitgesukkel; die burgers, vermoeid na die dag se gevegte, het oral om knetterende kampvure geluier en opgewonde gesels oor die verloop van die slag.

Hier en daar het een ’n konsertina te voorskyn gehaal en ’n lewendige oorlogsliedjie begin speel; ander het saamgesing en spoedig was die ou vrolike stemming wat Rudolf teen dié tyd so goed onder sy strydmakkers geken het, weer herstel.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 874 gaste aanlyn