50 JAAR NA DR VERWOERD

BRING DR VERWOERD WEER TERUG IN ONS HARTE

Frikkie Strauss

Op Dinsdag 6 September  1966 om 14h15 het Dr H F Verwoerd, sesde Eerste Minister van Suid-Afrika in die Volksraad gesterf na ‘n dolksteek van ‘n sluipmoordenaar deur sy hart gegaan het.  Nou, 50 jaar later, kan daar geen twyfel bestaan dat dit ‘n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie.  Dit het ‘n einde gebring aan ‘n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat-agtiende eeu tot ‘n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as ‘n volk gekom het.  Terselfdertyd het dit ‘n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is.  Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie.  As ons as 21ste eeuse Afrikaners die voortbestaan van ons volk wil verseker en ‘n toekoms vir ons kinders wil skep,  is dit dus van kritieke belang dat ons die ware feite van die geskiedenis bemagtig en die regte perspektief daarop vorm.

  Winston Churchill, Britse Eerste Minister het by geleentheid gesê:  Hy wat die diepste in die verlede inkyk, kan die verste in die toekoms insien. Die vyftigjarige herdenking van die sluipmoord op Dr Verwoerd bied aan ons die geleentheid daartoe.

 

Ons het ‘n spreekwoord wat lui:  Uit die oog uit die hart. Dit beteken dat as jy vir ‘n lang tyd niks van ‘n ander persoon hoor of sien nie, jy mettertyd van hom/haar vergeet en later ook jou toegeneentheid teenoor hom/haar verloor.  Vanweë die sluier wat daar oor die postiewe aspekte van Dr Verwoerd se lewe en werk getrek is, is dit presies wat met hom gebeur het. Dit het egter nie daar geëindig nie.  Deur die doelbewuste verkondiging van leuens oor hom is daar vyandigheid en selfs haat teenoor hom in die harte van ons volk opgewek. Die verant-woordelikheid lê nou op ons, as verteenwoordigers van ‘n geslag wat hom geken het of oor inligting oor hom beskik, om Dr Verwoerd weer terug te bring in die harte van ons volk. Lees in Die Historiese Kompas by die skakel hier regs bo hoe ons dit hierdie jaar wil doen.

Ons beplan om al die uitgawes van Die Historiese Kompas wat gedurende 2016 gaan verskyn grootliks aan die Verwoerd-herdenking te wy.  Persone wat graag die artikels wat reeds verskyn het wil lees, kan ‘n e-pos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..