WIE IS DIE SKULDIGES (31)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

DIE NUT VAN ONDERHANDELINGS

"Daarop ruk Claasen sy lyf regop en roep: "Burgers, nou is dit die tyd vir ons. Die man, wat ’n opregte Afrikaner is, wat nie op sy voorouers en die verlede se bloed wil trap nie en 'n vry man wil wees, volg my.” Hy groet die kommandant met die hand, klim op sy perd en ry weg. Net omtrent dertig "koIgatte” (soos hulle teenstanders hulle genoem het) het agtergebly. 314 Gee gehoor aan Claasen se oproep."

President Steyn het die gebruiklike beeld van die veiligheidsklep aangehaal, toe hy hom uitgespreek het ten gunste van een of meer volksvergaderings vir die uiting van die publieke gevoelens omtrent die invalbeleid. Die president het die idee gevolg wat neergelê is deur die grondwet van die Vrystaatse Republiek. Behalwe die Volksraad het daardie grondwet ook die hou van volksvergaderings as 'n openbaring van die volksgevoelens erken.

Die krygswet het nou, in Oktober 1914, nie alleen die veiligheidsklep gevaarlik styf toegedruk en vasgemaak nie, maar daarby die vuur in die volksketel tot altyd groter hitte opgestook.

Die kommandeer van burgers in die hele land was voldoende om die spanning tot barstens toe te verhoog, in Transvaal en in die ou suster-republiek van gelukkiger dae. Pretoria is in ‘n militêre stad omskep. Die Essex-regiment, tot kort gelede die imperiale besettingstroepe, het verdwyn van die nabye soldatestad Roberts Heights, maar die Transvaal Scottish en die S.A. Irish het huIIe plek ingeneem met nog talle Boerekommando’s, meestal van die oostelike Transvaal, wat die sentrum was van Botha-Iojaliteit. En dan nog die polisie wat uit die hele land in die hoofstad saamgetrek is in ‘n oorlogstad onder krygswet, wat op 21 Oktober tot 'n feitlike staat van beleg verskerp is. Die atmosfeer was rooi jingoïsties, soos in die ou kakietyd van twaalf jaar gelede. Boerepatriotisme is onderdruk.

Dis nie alleen genl. Beyers wat uit daardie verstikkende omgewing padgegee het nie, maar ook genl. Chris Muller, wie se verdere ervarings reeds meegedeel is; en baie ander, onder wie skrywer. Elkeen het maar sy eie koers gevat.

En ook buite Pretoria, in die distrikte waar ‘n mens ‘n rustige omgewing sou verwag, was die burgers in nood en verwarring. Party van huIIe het juis Pretoria toe gegaan vir Ieiding en advies. Op 16 Oktober het tussen 500 en 600 man uit die Moot en van Brits se kant af gekom, omdat huIIe gekommandeer was. HuIIe wou genl. Botha spreek en huIIe besware lug. HuIIe VolksraadsIid, mnr. Piet Grobler, het die Eerste Minister gevra om aan huIIe versoek te voldoen, maar genl. Botha, wat om sy takt en toegewendheid teenoor die publiek groot populariteit verwerf het, was nou so bot soos ‘n muil. Hy wou nie eers sy mede-VoIksraadslid ontmoet nie en Iaat weet dat die mense maar na die oorlogskantoor moet gaan. Mnr. Grobler het die mense Iaat saamkom buitekant die hoofstad, op Zandfontein, ses myl na die weste toe, waar hulle begerig die boodskap van genl. Botha afwag. En toe hulle die afstotende antwoord ontvang, vra hulle Ieiding van hul Volksraadslid. Mnr. Grobler se advies was: Elkeen moet self besluit. Die een wat die tronk verkies, Iiewers as om na Duitswes te gaan, vir hom is dit dan waarskynlik die tronk. Maar die meeste het geredeneer: "AI word ek gekommandeer, ek verkies die tronk.”

Daarop het al die mense omgedraai huis toe. En die Volksraadslid is ook terug na sy plaas, Commissiedrift, duskant Rustenburg. Hy het nie die geringste vermoede gehad dat binne 'n baie kort tyd die koeëls oor daardie plaas sou fluit nie.

Agter die Magaliesberg krap Jopie Fourie soos 'n kwaai Afrikanerbul stof in die lug, nog altyd vol ergernis oor die "Jingo- gemors” in die Operagebou.

In die westelike Transvaal sit die burgers oorbluf: die skielike dood van hulle groot generaal De la Rey op die oombIik dat hy aan hulle hartbegeerte sou voldoen om hulle na die onafhanklikkeid te lei, het die vuur van hulle hartstog skynbaar geblus. Maar die kommandeer onder krygswet het die vuur weer Iaat opvlam, sterker as voorheen. Die kommissie wat op die Lichtenburgse vergadering van 21 September gekies is om hulle genome besluite aan die regering voor te Iê, het niks van hom Iaat hoor nie, om die eenvoudige rede dat die regering geen notisie hoegenaamd geneem het van daardie vergadering nie Maar hier is nou die antwoord: die burgers moet na Duitswes gaan, nie alleen om die Duitsers se land in te val nie, maar om hulle eie bloed te gaan skiet, naamlik die 1,000 Afrikaners onder Maritz.

Toe op Lichtenburg ’n kommando onder Visser besig was om hulle perde te trok in die trein wat hulle na die Duitse grens sou vervoer, neem hoofveldkornet Izak Claasen die voortou vir 'n versetbeweging. Claasen was een van oorlede generaal De la Rey se mees vertroude en vurigste offisiere. Visser het nie die ou generaal se vertroue geniet nie en ook nie 'n groot deel van die burgers s'n nie. Terwyl 'n aantal van hulle perde al gelaai is, vra hoofveldkornet Claasen vir komdt. Visser, namens sy mense: "Waar gaan ons heen?”

Dit was soos 'n vonk in die tonteldoos. 'n Paar van die regerings-Iojale burgers maak hul geweers reg. Maar toe burgers van Claasen dieselfde doen, Iaat die ander hulle roers sak tot by die grond. Die antwoord van komdt. Visser was toe: "Ek mag nie sê waar ons heengaan nie.”

Daarop ruk Claasen sy Iyf regop en roep: "Burgers, nou is dit die tyd vir ons. Die man, wat ’n opregte Afrikaner is, wat nie op sy voorouers en die verlede se bloed wil trap nie en 'n vry man wil wees, volg my.” Hy groet die kommandant met die hand, klim op sy perd en ry weg.

Net omtrent dertig "koIgatte” (soos hulle teenstanders hulle genoem het) het agtergebly. 314 gee gehoor aan Claasen se oproep.

Burgers het van alle kante toegestroom, tot selfs van Potchefstroom af, en Claasen besluit om 'n groot byeenkoms te hou op Haakboschlaagte. Hy Iaat briefies uitskryf en roep al die burgers tussen 16 en 60 jaar bymekaar, volgens die ou reël: met perd, saal en toom.

Met daardie vergadering het dit egter sleg afgeloop.

Ook die noordelike Vrystaat het begin roer, van die ooste na die weste. Ontaktiese optrede van die outoriteite was soms die oorsaak, soos op Excelsior. Die mense het vir nagmaal soontoe gekom. Verskeie was al in die kerkgebou, ander op die punt om in te gaan met die derde gelui, toe daar skielik 'n kommandeerman van die regering kom met die bevel dat die burgers die volgende more, die Maandag, om tienuur op Winburg moes verskyn om . . . hulle geweers af te gee! So iets het 12 jaar gelede ook gebeur onder die smartlikste omstandighede. HuIIe eie geweers, gekoop met hulle eie geld aan die regering oorhandig? Wat het hulle gedoen om die wantroue van die regering op so 'n afstootlike manier te ondervind? Die godsdienstige stemming is wreed verbreek, en 'n verklaarbare verwarring het ontstaan. Die mense is haastig huistoe. So het Japie Krynauw en tientalle ander van die fluksste burgers, rebelle geword.

In Vredefort het komdt. CiIIiers, die geliefde "Oom Berend”,  veral om sy dapperheid, 'n gerespekteerde wat in die Driejarige Oorlog 'n arm verloor het, verkies om met sy burgers in die veld te gaan en te protesteer, liewers as om sy eie mense onder Manie Maritz te gaan skiet.

Op Reitz het die volgende gebeur, dit is na die Iaaste Kopjes-vergadering, wat op 22 Oktober plaasgevind het. Die regering het probeer om van die afgevaardigdes te vang: Kemp, Bezuidenhout, Wolmarans, Ieiers van die westelike Transvaal, en ook Niklaas Serfontein, die Volksraadslid van Reitz. Dit het misluk, en toe Iaasgenoemde in sy distrik terug was, is die hulp van die distrikskommandant, Melt van Schoor, een van genl. De Wet se dapperes, ingeroep om hom te arresteer. Maar toe Van Schoor verneem wat van hom verlang word, het hy Serfontein gaan opsoek en hulle het met hulle burgers die dorp Reitz gaan beset... as rebelle!

En op meer plekke in die Vrystaat was daar al meer gevalle van onrus.

Ondertussen was genl. Beyers "in die veld”. Maar dit was nie 'n oorlogsveld nie.

Genl. Beyers en ds. Van Broekhuizen was Dinsdagmore, 20 Oktober 1914 al voor ontbyt op Scheerpoort, vyf uur te perd ten weste van Pretoria, waar maj. J. J. Pienaar al die vorige dag te perd aangekom het. Laasgenoemde is saam met Maritz, Kemp, Bouwer en ander opgelei aan die krygskool op Tempe (by Bloem­fontein) en het die Hoëveld as sy militêre distrik moes behartig, maar hy het 'n maand tevore afgetree, omdat hy gemeen het dat die regering die Unie-verdedigingsmag as net 'n onderdeel van die imperiale leer ingeskakel het. En noudat die besluit om Duitswes in te val sy 'n feit is, meen hy dat die regering nie sou notisie neem van Iydelike verset nie, maar dat alleen 'n gewapende optrede die loop van sake sou kon verander.

Die ander mense wat die koms van genl. Beyers met verlange afgewag het, was burgers uit die Driejarige Oorlog en huIIe seuns, wat almal nou rondom die ou Boeregeneraal vergader. Verskeie van huIIe was gekommandeer en het ná die vergadering saam met mnr. Piet Grobler op Zandfontein huistoe gegaan. Die generaal was by die Wolmaransgesin tuis. Maar omdat orals speurders en spioene opgemerk of vermoed was, is besluit dat dit veiliger sou wees om in die veld te gaan, waar deur 'n kommando-organisasie die nodige beskerming sou verleen.

En so trek die mense saam op Damhoek, onderkant die MagaIiesberg, enkele myle van Scheerpoort af met genl. Beyers in huIIe midde.

Genl. Beyers het sy ryperd en sy rewolwer van sy huis af Iaat haal deur 'n versigtige en dapper jong man. Hy het gereken dat hy dit kon nodig kry, gedagtig aan die gebeurtenis met genl. De la Rey. Ook is daar iemand na die Iaaste Kopjes-vergadering afgevaardig, wat op 22 Oktober gehou moes word. Om redes van veiligheid is 'n klein Engelbrecht gestuur, omdat hy totaal onbekend was. Hy het teruggekom met die besluit van daardie beslissende byeenkoms, naamlik dat die verdere verloop van sake in die Vrystaat aan genl. De Wet se Ieiding oorgelaat is, terwyl in Trans­vaal die verantwoordelikheid aan genl. Beyers opgedra is.

Die kommandant van die distrik Krugersdorp, was Sarel Alberts, 'n offisier uit die Driejarige Oorlog, moedig in die stryd, maar nou vol onrus oor die verwagte gebeurtenisse. Hy besoek genl. Beyers se Iaer op Damhoek, die more van 23 Oktober, en kry verlof om sy mense toe te spreek. Tussen 150 en 200 was aanwesig. HuIIe sê vir hulle kommandant dat hulle saamgekom het om te protesteer teen die Duitswes-ekspedisie. Sarel Alberts het hulle toe vermaan: hulle is verkeerd en moet liewer huistoe gaan.

Genl. Beyers het die kommandant gesteun. Die generaal vra die burgers: "Het julle hierheen gekom omdat ek julle geroep het?”

Die antwoord was Iuid: ,,Nee.”

Toe raai die generaal hulle verder aan: "Luister na julle kommandant. Gaan terug na julle huise. Moenie na my kyk nie, al moet ek my ook oorgee aan die regering om doodgeskiet te word.”

Komdt. Alberts was al op 16 September by genl. Smuts om te rapporteer oor die diep ontroering, wat die doodskiet van genl. De la Rey onder die burgers veroorsaak het, en daardie onrus het deur die volgende gebeurtenisse tot ongeduld gegroei veral deur die kommandeerbevel op 11 Oktober omdat Maritz gerebelleer het.

Toe Sarel Alberts na sy toespraak op 23 Oktober sê dat hy sal moet teruggaan na die regering om te rapporteer en vra wat hy dan vir die generaals (Botha en Smuts) moet sê, toe was die antwoord eenparig: dat die regering die Duitswes-inval moet opgee; en as dit nie kan nie, moet genl. Botha bedank.

Dieselfde middag is komdt. Alberts, vergesel van oud-komdt. F. J. Potgieter, Pretoria toe met die opdrag van genl. Beyers, om vir genl. Botha te se hy wil hom graag spreek. Hy (genl. Botha) moet 'n plek vir die ontmoeting bepaal. Enige plek, behalwe Pretoria, met die oog op genl. Beyers se veiligheid.

Toe die twee die middag by die generaals kom, was hulle verbaas deur die ongewone van Botha wat andersins so vriendelik en kameraadskaplik was, en nou kriewelrig en selfs dreigend. "Ek sal nie bedank nie, want die helfte van die Afrikaanssprekendes staan by my en al die Engelse. Ek is gedetermineer om die opstand te onderdruk, en ek het al gelas om die hele land op te kommandeer.”

Die twee Boereoffisiere het gesmeek en gesoebat, maar sonder enige goeie gevolg. En na hulle die generaal se kantoor verlaat het, sê hulle vir mekaar: "Ons het met 'n Engelsman-van-kop-tot-toon gepraat. Ons is klaar met hom, vir altyd.” Tot hiertoe was hulle altwee getroue Botha-mense.

Genl. Smuts, vir wie hulle onmiddellik daarna besoek het, was nou teen sy gewoonte in, vriendelik, kalmerend; glad nie nors nie. Hulle het "SIim Jannie” hierdie keer geglo. Hy sê vir komdt. Alberts: "Gaan terug. Gee jou persoon as waarborg, dat ek hulle (die ontevredenes op Damhoek) nie sal straf of kommandeer nie as hulle na hulle huise teruggaan.”

Toe die kommandant die volgende dag (die 24ste) sy mense weer ontmoet, gee hy hulle die boodskap: "As julle huistoe gaan, sal julle nie gestraf word nie. Ook nie gekommandeer word nie. Ek staan met my Iewe borg daarvoor.”

En dieselfde nag het die regering die burgers wat by hulle huise gebly het of na hulle wonings teruggegaan het, die laaste een, Iaat opkommandeer!

Komdt. Sarel Alberts het later as generaal van die rebelle, saam met komdt. Rooi Jan du Plessis, Jopie Fourie en ander in die suide van die distrik Rustenburg en in andere distrikte talle aanvalle van regeringstroepe moes verduur.

Vervolg...