Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het aan die fariseërs gesê dat Hy barmhartigheid wil sien by mense, nie allerhande offerandes nie. Is ons nie dikwels wreed en veroordelend teenoor ons medemens sonder goeie rede nie? Ons moet onthou dat die oordeel God alleen toekom.
WIE IS DIE SKULDIGES (10)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE NOODLOTTIGE SES-EN-DERTIG UUR (2)
In die voormiddag van die volgende dag, op 10 Oktober 1914, 'n Saterdag, verskyn komdt. Ben Bouwer op Van Rooisvlei. Manie en hy is oud-strydmakkers uit die Driejarige Oorlog en het in 1912 op die krygskool by Bloemfontein saam drome gedroom en planne bespreek vir die hernuwing van die stryd vir die onafhanklikheid, as die tyd daarvoor aanbreek. Hy is gestuur deur genl. Koen Brits, wat nou op Upington die opperbevel voer.
Hy is doodsbleek, en as Maritz hom met 'n enkele woord aan die verlede en die afspraak vir die onafhanklikheid herinner, stamel hy: "AIIes is deurmekaar" en voeg daarby: "Ek kom jou ontslag bring,” waarop Maritz verontwaardig vra: "Waarom bring jy my ontslag nou? Andries de Wet sal nou hier wees met die kanonne."
En dieselfde aand van die tiende kom daar vier Krupps en twee pompom-meksims met bediening van Duitse kanonniers onder geleide van Andries de Wet en sy Vrykorps van Boere uit Duitswes aan.
Met behuIp van die 4 kruppkanonne, 2 pompoms en 4 meksims kon Maritz, as hy dadelik aangeval het om 'n steunpunt te kry, Upington gevat het, ook volgens die opinie van offisiere wat daar in bevel was. Die versterkings deur kol. Wylie gebring, naamlik die Imperial Light Horse en die Natal Light Infantry, het wel aangekom, maar die troepe was uitgeput van hulle geforseerde trek; en onder die "IojaIe” bevelvoerders was nie een wat Maritz as krygsman kon weerstaan dn klop nie.
Maritz se moeilikheid was sy patriotisme. Daar sou ongetwyfeld gesneuweldes en gewondes wees. Hy was verantwoordelik by die moeders en vaders vir die "seuns wat onder hom staan, en om 'n burgeroorlog aan die gang te sit sonder die sekerheid van steun by die Ieiers wat namens die volk kon optree, was 'n verantwoordelikheid waarvoor hy teruggedeins het. En daardie versekering kon hy nie kry nie. As net een van hulle - genl. Beyers of genl. Hertzog of genl. De Wet - hom as militêre gesag bevele kon gee, sou sy selfstryd verdwyn. Nou pynig dit hom dag en nag.
En op 13 Oktober besluit hy om te probeer onderhandel. Hy skryf aan Koen Brits op Upington:
"De stap door mij genomen is 'n krachtig protest tegen't besluit der Regering om de zonen van ons land te gebruiken om D.Z.W.- Afrika te veroveren, en zoals u waarschijnlik weet, word ik hierin gesteund door die overgrote meerderheid van ons volk. Ik heb mijn land en volk lief en ik wil niet de oorzaak zijn van bloedvergieten tussen Afrikaner en Afrikaner; aan de andere kant, kan ik ook niet toelaten dat de zoons van mijn volk die aan mijn zorg toevertrouwd zijn de slachtoffers zullen worden van een beweging die het gehele volk afkeurt. Ik ben genegen u en uwe officieren morgen op een door u te bepalen plek te ontmoeten om de positie te bespreken teneinde te zien of er geen uitweg gevonden kan worden. Ik ben bereid mij aan't besluit van't voIk te onderwerpen, maar dan moet mij de gelegenheid gegeven worden om de voormannen te raadplegen die het vertrouwen van ons volk genieten. De ontmoeting die ik voorstel zal alleen ten doel hebben een vriendschappelike bespreking van de positie en zal met de bewegingen van onze mackten niets te doen hebben. Gaarne zou ik kierop antwoord willen hebben voor morgen (14 deser) om 2 uur n.m. en blijft u ook in gebreke om aan mijn verzoek te voldoen, zoals in't geval van kol. Bouwer, dan zal ik mijn protest op een ander manier Iaten gelden. Ik meen hiermede alles in mijn vermogen te hebben gedaan om ’n botsing te voorkomen, en als ook deze Iaatste poging vruchteloos is, dan zal ik met't zwaard zoeken te verkrijgen wat het volk door Iijdend verzet niet kon te weeg brengen. Ten slotte wil ik beslist ontkennen dat ik voor de Duitse regering vecht of dat ik Duitse machten de grens overgelokt heb. Ik vecht alleen voor de blijvende belangen van Zuid Afrika. en zal daarin gesteund worden door iedere oprechte Afrikaner.
"Het grof geskut dat in mijn bezit is, is onder mijn persoonlik bevel, en is bestemd alleen om't Afrikanervolk te beschermen en daarom wil ik de beslissing van't volk hebben voordat ik verdere stappen neem."
Coen Brits antwoord met Iangasemige beskouings en probeer om die korrespondensie so lank moontlik te rek, want die papierbomme wat heen en weer geslinger word, bevorder die taktiek van genl. Smuts "om Maritz terug te hou” tot hulle self voldoende troepe versamel het om Maritz te kan verpletter. Vir dieselfde doel is ook mnr. Conradie gebruik.
J. H. Conradie (later Volksraadslid en nog later administrateur van die Kaap) was, superintendent van die (kerklike) arbeidskolonie op Kakamas, waar toe al 'n paar duisend mense op die nedersetting was. Hy het die rebellie (volgens sy verklaring voor die Regterlike Kommissie) "geheel en al afgekeur" en probeer Maritz oor te haal om tog nie met wapens op te tree nie. En toe hy van Maritz persoonlik gehoor het wat die posisie was, het hy 'n viertal kere met groot moeite getrag om met die Regering in aanraking te kom. Twee keer het hom dit telegrafies geluk. Die ander twee kere was "daar geen antwoord nie”. By die eerste keer was die antwoord van genl. Smuts dat hulle nog altyd wag vir genl. Beyers "en dat dit uiters swaar gaan om met De Wet en Hertzog in aanraking te kom”. Dit was omtrent dieselfde dag waarop genl. Hertzog vir die Regering sy dienste aangebied het om die rebellie te keer, terwyl genl. De Wet Transvaal en die Vrystaat bereis het, voortdurend onder die wakende oog van die polisie! En die tweede maal sein genl. Smuts "dat Beyers daar geweest was en hen gevraagd had om tyd, ten einde zyn vrienden te raadplegen - wat deur mevrou Beyers as hoogs onwaarskynlik bestempel word.
Hiermee het twee weke verloop. Maritz het teenoor mnr. Conradie dit as sy vermoede geuiter dat dit alles net 'n plan van die Regering was om tyd te wen; en ofskoon mnr. Conradie 'n Regeringsman was, het hy naderhand ook begin agterdog kry. Hy het tot die konklusie gekom "dat de rebellie kon verhinderd zyn zonder bloedver ieting."
En van dieselfde opinie was eerw. Liebenberg wat ook sy bes gedoen het om die Regering te beweeg om geen burgeroorlog te veroorsaak nie.
Omtrent die houding van Maritz was die Regering dus volkome duidelik ingelig, ook deur huIIe eie offisiere op Prieska, soos kapt. Erasmus (van die 'Informasiediens’), Barney Enslin en Ivan Swemmer, die hoof van Koen Brits se staf. Eersgenoemde het glo die opinie van almal uitgespreek in sy telegram aan die hoofkwartier op 18 Oktober: "Maritz is not at all anxious to fight, and the whoIe thing (nl. die rebellie) appears to be a misunderstanding.” Maar by die Regering was daar geen misverstand nie. Genl. Botha was baie duidelik in sy verklaring: geen onderhandelings nie. "Rebellie kan alleen met geweld onderdruk word."
Maritz het 'n "veglyn” getrek, halfpad tussen Upington en Keimoes, en toe die Regeringstroepe daardie Iyn oorgetrek het, is dit heeltemal duidelik vir hom wat die Regering soek. Hy val op die 21ste Keimoes aan, maar halfhartig; en hy gee die geveg op na hy gewond is. Terwyl hy op sy blou skimmel sit, neem hy van 'n kop af die geveg waar en 'n koeël tref hom net onderkant die knie, wat ’n baie pynlike wond veroorsaak het. Sy eerste vraag was of Appel, sy ryperd, ook gekwes is. Toe hy merk die dier is heeltemal reg bly hy nog ’n hele tyd in die saal sit, maar naderhand moes die Rooikruis hom verpleeg. Hy is na Duitse gebied toe.
Terwyl hy behandel word deur dokters van die hospitaal op Jerusalem (nie ver van die Unie-grenslyn af nie) neem Stadler die bevel oor en hou deur klein geveggies die oorlogstoestand met die Regeringstroepe gespanne. Genl. Koen Brits bly op Upington aan die hoof tot hy na enkele weke vervang word deur genl. Jaap van Deventer. Koen Brits was vir sy vriende 'n gemoedelike oubaas maar vir sy politieke teenstanders 'n bitsige vyand. Hierdie rebellie was vir hom net die voortsetting van die politieke beweging wat met die uitsetting van genl. Hertzog (in 1912) begin het. Die Ieidsmanne se "voornemen was eenvoudig om genl. Botha uit de weg te ruimen, en zy dachten dat dit 'n schone gelegenheid was om zulks te doen" verklaar hy voor die RechterIike Kommissie. Botha was sy afgod. Van Smuts het hy nie gehou nie. Volgens Koen Brits was daar net een straf vir die Ieiers van die rebellie: dis die koeël.
Ek het amper die slagoffer daarvan geword. Hy was die bevelvoerder van die kommando’s wat genl. De Wet agtervolg en op 1 Desember 1914 in die Kalahari gevang het. Die uitvoerige verhaal daarvan vertel ek later. En toe hy die rapport kry dat genl. De Wet en ek prisoniers is, gee hy bevel aan die hoof van sy staf, sy vriend kol. Ivan Swemmer: "Vat Oost agter die bultjie en skiet hom dood ”. Waarskynlik het hy my vir daardie skielike einde uitgekies omdat ek die eerste Hertzogiaanse koerantskrywer in Suid-Afrika was en 'n koerant geredigeer het om die Hertzogbeleid te propageer, en nie juis omdat ek as die hoof van genl. De Wet se Iyfwag opgetree het nie. Maar Swemmer was verstandiger as sy hoof en weier om die bevel uit te voer, want hoe kan hy Oost doodskiet en nie De Wet nie?
Toe Maritz besluit om nie aan te val nie, maar sy hoop op onderhandelings gestel het, was sy optrede gedoem tot mislukking. Hy stuur van sy beste offisiere na die suide om die bevolking te beweeg tot deelname aan sy verset maar Regeringspropaganda en militêre organisasie het die mense Iaat skrik. HuIIe het geglo dat die Duitse troepe in die besette België allerhande gruweldade pleeg, onder andere die hande van onskuldige kinders afkap, en Maritz kom mos met "Duitsers”! Die mense vlug van hul plase af weg, pleks van die Maritz-offisiere as redders te verwelkom en die offisiere word as rebelle deur Regeringstroepe gevang. Joubertjie val swaar gewond in hulle hande. Net komdt. Andries Kamfer ("Koper”) slaag daarin om by Maritz terug te kom op Jerusalem.
Genl. Smuts het dadelik al op 12 Oktober vir Jaap van Deventer Calvinia se wêreld ingestuur om daar troepe bymekaar te maak en Maritz voor te keer. Hy het volkome sukses gehad, terwyl Maritz magteloos met sy beenwond onder 'n boom in die hospitaal van Jerusalem Iê. Sy burgers, wat hulle oorgee, word op bevel van genl. Smuts behandel as "gevange rebelle” en deur sy troepe is nie alleen mans nie, maar ook vrouens, soms met wreedheid behandel.
Komdt. Stadler se huisgesin van 'n vrou en agt kinders, wat op Kakamas gewoon het, moes die ellende deurgaan wat families gedurende die Driejarige Oorlog gely het. HuIIe jongste is dood aan die masels (die konsentrasiekampsiekte). ’n Ander was ernstig siek toe die moeder en die sewende oorlewendes opgelaai en na Upington vervoer is. Die Regeringstroepe het al hul Ios besittings verwoes: pluimvee, perde, beeste en ander vee; verder twee waens, drie perdekarre en alle Iandhougereedskap. Die koring wat met groot moeite deur vrou en kinders afgesny was, het die vyand deur beeste en muile Iaat vertrap. HuIIe huis is verder verniel, net nie verbrand nie, soos die kakies in die Boere-oorlog gewoond was om te doen. En daar was ook 'n "repatriasie”: toe die weduwee (want komdt. Stadler het in die Iaaste geveg by Upington geval) skadevergoeding geëis het, is daar omtrent sewe persent van die stoflike skade uitgekeer. Vir al die ellende is geen vergoeding toegestaan nie; daarvoor het die Regering geen kans gesien nie.
Toe na 'n maand (teen die end van November) die seshonderd Transvalers by Maritz kom aansluit, het die rebellie in die noordelike Kaapland weer opgevlam en Maritz, herstel van sy wond maar vergrys deur al sy teenspoede, het in verskillende gevegte getoon dat sy militêre Ieiertalent onder dit aIIes nie verminder het nie. Inteendeel het hy altyd gewys dat bloedvergieting hom nie aasntaan nie en waar daar geleentheid was het hy probeer om vrede te sluit soos ook die keer tevore toe Lukin beveel is om Duitswes in die suide aan te val. By Zandfontein, noord van Ramansdrift in die Grootrivier, het die Duitsers Regeringstroepe onder kol. Grant aangeval. Die geveg het die hele dag geduur. Dit was 26 September 1914. Grant, wat tussen 200 en 300 man onder hom gehad het, is gewond. Sestien van sy manne is gedood, 51 gewond en die hele troep met twee masjienkanonne en twee dertienponders is deur die Duitsers gevang. Die Duitse verliese aan gesneuweldes was: 1 majoor, 1 eerste Iuitenant, 7 onderoffisiere en 6 ruiters, altesaam 15 gesneuweldes en amper 40 gewondes. Toe genl. Lukin sien dat die Duitsers hom baasraak, vra hy dringend ondersteuning as flankbedekking van Maritz wat op Upington was. Maritz se antwoord was: "Kan geen hulp verleen nie. My magte is swak gewapend en toegerus. HuIIe is almal seuns. Kan nie my magte verdeel nie. Sal selfs nie in staat wees om myself te beskerm nie.”
Manie se offisiere het getrou gebly. Van die twee-en-dertig wat op 9 Oktober en kort daarna by hom aangesluit het, het slegs sewe hom in die steek gelaat, want hul het hom (ook in sy ellende) bly respekteer om sy onbaatsugtige patriotisme. Selfs sy militêre teenstanders het hom beskou as 'n "eerlike krygsman”.
Daar is baie moeite gedoen, veral na die rebellie, om te bewys dat sy handelswyse deur Duitse geld beïnvloed is. Dit was 'n valse beskuldiging: sy Iiefde vir die vryheid en sy strewe na volks- onafhanklikheid is deur geen wandaad besmet nie. Het hy verkies (soos baie van sy ou strydmakkers) om sy innigste oortuiging te verloën en maar deel te neem aan "imperiale Iandroof ”, dan sou sy breë bors ongetwyfeld oordek geraak het met medaljes en erekruise - Die veldmaarskalkstaf, wat die trots van genl. Smuts geword het, sou natuurlik nie binne sy bereik gekom het niel
Maar hy het besluit om hom Iiewers te verset. Vir wat hy beskou het as die hoogste beginsels en die toekoms van sy volk, het hy al die eer en grootheid versaak en 'n ballingskap van amper tien jaar, gevolg deur 'n tyd van gevangenisstraf aanvaar, saam met die lasterleun van die Regterlike Kommissie deur die Regering aangestel, dat hy 'n "moedige en gewetenlose waaghals” was, wat "die rol van 'n verraaier van die slegste soort gespeel het."
Vier maande lank het Maritz se verset geduur. En toe hy op 25 Januarie 1915 by Upington saam met Kemp en ander ingee, was genl. Smuts in 'n goeie luim. Sy verteenwoordiger was genl. Jaap van Deventer wat saam met Maritz en ander Boerehelde as Ieiers van die Kaapse rebelle vir genl. Smuts 'n onverdiende groot naam as krygsman verwerf het gedurende die Driejarige Oorlog. Jaap van Deventer is nou aan die "Engelse” kant. Maritz het Boer gebly en is, nes in 1902, aan die verloorkant. Gedurende die onderhandelings neem Van Deventer sy vroeëre ou strydmakker eenkant toe, en sê:
"Man, ou Jannie is glad nie vir jou kwaad nie. Jy en die rebellie het hom gehelp om sy planne deur te voer. Hy bied dieselfde betrekking aan jou terug.”
En nadat Van Deventer 'n "telegrafiese gesprek” met genl. Smuts gehad het, kom hy met die volgende drie keuses vir Maritz: om sy betrekking in die Verdedigingsmag terug te neem, of die land te verlaat, of gearresteer te word.
Manie Maritz het besluit om maar weer te gaan rondswerwe. Die kans op die onafhanklikheid van sy land, selfs op die eie volksbestaan was verby, so het hy gemeen, en toe hy na amper tien jaar in Lourenco Marques weer terugkom - want die behoefte om terug te wees in sy vaderland het te sterk geword - het hy aan 'n koerantskrywer die drie genoemde Smuts-voorwaardes genoem. Dadelik het genl. Smuts (in die Star van 28 Junie 1923) 'n ontkenning Iaat publiseer, wat egter niemand kon oortuig het nie. In elk geval het Manie Maritz in 'n brief, gestuur van Lourenco Marques af op 2 Augustus 1923 en gerig aan genl. Smuts, verklaar: "NatuurIik, genl. Van Deventer is vandag dood, en ek het geen getuie nie. Maar ek kan voor God sweer, dat dit die waarkeid is, naamlik die woorde wat genl. Van Deventer op 25 Januarie 1915 aan genl. Maritz gesê het: "GenI. Smuts is vir jou glad nie kwaad nie. Jy het kom gehelp om sy planne deur te voer.”
Watter betekenis moet 'n mens aan hierdie geheimsinnige mededeling heg? Jaap van Deventer het dit nie verduidelik nie. Die redelike uitleg is die volgende:
Genls. Botha en Smuts was gebind aan die uitvoering van sekere imperiale oorlogsplanne, waarvan die verowering van Duitswes die eerste doel was. Maar die teenstand teen hierdie goddelose Iandroof was so sterk onder die Boere, dat ’n rebellie in die Unie gedreig het. Die Unietroepe het 'n aanval gewaag op Duitswes uit die suide en van die weste af (met behulp van Britse skepe), maar Lukin is swaar verslaan en moes met sy oorblywende soldate terugval binne die Uniegebied. Daar moes groter magte gestuur word, maar genls. Botha en Smuts sou nie al hulle militêre slaankrag teen die Duitsers durf saamtrek nie, solank die gevaar bestaan het dat 'n rebellie in hulle rug sou uitbars. Die Unie moes self veilig vir hulle wees, voor hulle die Unietroepe na ’n ander land stuur om te veg. Manie Maritz het deur sy ontydige alleen-optrede die moeilikheid vir genls. Botha en Smuts opgelos. Nou kon kulle militêre aksie neem. En die koorsagtige ywer van hulle twee op Sondag 11 Oktober 1914, soos in van die volgende aflewerings uiteengesit, en die daaropvolgende aanval op genl. Beyers deur genl. Botha en sy sterk kommando, word nou duidelik.
Daar lê ook die verklaring van die regering se houding teen onderhandelings met die rebelleiers, ditsy direk of deur middel van volksleiers soos pres. Steyn. Dit sou hulle geen voldoende versekering gegee het dat daar nie weer ’n opstand sou uitbreek nie, veral as die Europese oorlog so ongunstig sou bly verloop vir die Engelse en hulle bondgenote, soos nou die geval was. Daarom moes die rebelle verpletter word deur middel van oorlogsgeweld. Die voorgestelde pogings om deur samesprekings Maritz tot rus te bring is botweg geweier. President Steyn, genl. De Wet en genl. Beyers was die grootstes onder die volk. Hulle moes "koud- gelei” word.
Vervolg – Die gewelddadige dood van genl De la Rey...