Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hulle wat nie met hul daaglikse brood alleen tevrede is nie maar met 'n onbeteuelde hebsug na grenslose besittings jaag, en dan nietemin God met bede aanroep vir hul daaglikse brood, doen niks anders nie as om Hom te bespot. Want om te bid vir dinge wat hulle eintlik verfoei – die eenvoudige daaglikse brood – is huigelagtig.
WARE KWINKSLAE (1)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
"Good heavens, Mike" het hy aan sy maat gesê, "the Boers speak better English than we do in Dublin!"
A. Cohen skryf in sy boek Human Behaviour in Concentration Camps: "Humour is a weapon of the mind in the struggle for its preservation. For it is well-known that humour is better suited than almost anything else in human life to obtain aloofness to rise superior to the occasion. Albeit, as it has been stated, merely for a few seconds."
Hierdie oomblikke van ontvlugting of ontlading was vir die burgers op kommando, die vrouens op die plase en in die konsentrasiekampe en vir die krygsgevangenes so essensieel soos kos. Een van die burgers meld dan ook tereg in sy herinneringe dat hulle altyd iets gevind het om oor te lag.
In 'n Terugblik op my oorlogsjare sê R.D. McDonald dat die Afrikaner se sin vir humor hom in die donkerste en moeilikste tye van sy lewe staande gehou het. Dit het hom in staat gestel om byna drie jaar lank met die onewe stryd teen Brittanje te volhard.
Ons het egter met die verloop van tyd net die swaarkry, die "bitterlik ween" van die oorlog raakgesien en uit die oog verloor dat hulle ook hartlik gelag het.
Terwyl ek besig was met navorsing oor 'n ander aspek van die oorlog, het ek gereeld van die stories wat ek teëgekom het, met my vader gedeel. Dit was dan ook hier dat die idee vir die insamel van die stories ontstaan het. Pa het eendag ná die soveelste storie die mening uitgespreek dat die stories eintlik "volksbesit" is en voorgestel dat ek aktief met die insamel daarvan begin.
Herinneringe en dagboeke, gepubliseer en ongepubliseer, vorm die grondslag van meeste van die stories wat hier opgeneem is. Dit is dan ook onvermydelik dat 'n projek soos hierdie nie deur een persoon alleen aangepak kon word nie. Sonder die hulp en bystand van die volgende persone sou ek nie in staat gewees het om die projek te voltooi nie en dit is dan ook 'n besondere voorreg om hulle te kan bedank: my pa, Jan Wessels, vir sy aanmoediging — ongelukkig is hy oorlede voordat die projek voltooi is; Winnie West wat met ywer en entoesiasme gehelp het om deur ’n berg van herinneringe te gaan en alles wat na humor lyk onder my aandag gebring.
In die stryd
Een van die burgers het 'n aantal Britse gewondes in 'n skuur agter hom hoor kerm en daarheen gestap om ondersoek in te stel.
"May God have mercy on us, here they come!" het een van die gewondes wanhopig uitgeroep. "They will cut our throats!"
"Oli, no, we won't," het die Boer geantwoord. "We are Christians like yourselves, and you will be treated jusl as kindly as our own wounded!"
Vir die gewonde, 'n lid van een van die Ierse regimente, was dit 'n ontnugtering. "Good heavens, Mike" het hy aan sy maat gesê, "the Boers speak better English than we do in Dublin!"
J.H. Breytenbach, Geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog Deel 1, p. 281
Van die Engelse het by ons op die plaas aangekom. Een van hulle was besig was om kos te maak en vra vir Johanna: "Do you have some onions for me?"
Johanna wat nie Engels te goed verstaan het nie, meen dat hy van "enjins" praat en sê: "Hier loop nog nie enjins nie, onnosel!"
Die soldaat, wat haar ewe verbaas aangestaar het, het gou die misverstand uit die weg geruim.
Mev. Kotie Steenkamp, Vlug om vryheid
NÁ DIE SLAG BY Spioenkop gelewer is, kom 'n tommie by een van ons burgers aan en vra: "Hoe het julle die slag gewen?" In Engels antwoord die Boer: "The Lord was on our side."
Die tommie bly 'n oomblik lank stil en antwoord toe ewe droog weg: "He must be a good one; we have six in the regiment and they are not worth a damn!"
Herinnering van J.B. Wesseb 5000/149
On my way down the gorge I found two wounded officers beside the track, one with his thumb shot away and the other with a broken arm. As I came up I heard one of them remark, "Here comes a typical young Boer for you" and they asked me if I understood English.
I told them, "Yes" and the man with the thumb said, "Then will you tell me why you fellows are continuing the war, because you are bound to lose?"
I replied, "Oh, well, you see, we're like Mr. Micawber, we are waiting for something to turn up."
They burst out laughing and the one said, "Didn't I tell you this is a funny country, and here's your typical young Boer quoting Dickens."
Deneys Reitz, Commando, p. 143
Een more het ek en 'n klein Bronkhorst hier in die rigting van Bethal-stasie verkenningswerk gedoen toe ons drie Engelse perderuiters uit hulle kamp sien vertrek en in ons rigting aangery kom. Dit was nog baie ver en ons het hulle goed dopgehou en planne sit en maak om hulle aan te keer. So nou en dan het hulle agter die bulte weggeraak, maar dan weer op 'n ander kop uitgekom en ons kon sien dat hulle deur 'n turfland op pad was na die huis waar 'n sekere De Wet vroeër gewoon het. Naby die huis was 'n digte wattelbos en ons het opgesaal en soontoe gejaag om hulle daar te gaan voorsit.
Toe ons hulle weer gewaar, was hulle al naby ons verby en teen die oorkantste bult uit. Nou het ons geweet hulle was op pad om eers te gaan bier drink. Dit was ook so, want toe ons hulle agternagesit het en tussen die strooise sien verdwyn, het ons hulle bekruip. Twee van die perde het langs een van die strooise gestaan en twee geweers het skuins teen die muur voor hulle gestaan, maar niemand het ons gesien nie.
Ek het stilletjies om die stroois gesluip en een van die ou tommies bekruip wat so ewe rustig met diep teue uit 'n karba staan en drink het. Toe ek sy geweer van sy arm afpluk, skrik die ou so groot dat hy die karba laat val, omvlie en uitroep: "Good God! Where did you come from?"
Sy ou maat wat saam met die offisier in die stroois was, het die gedoente gehoor en ewe verskrik sy verskyning in die bek van die stroois gemaak. Dit het 'n gesukkel afgegee om die ou te oortuig dat hy moes uitkom — eers nadat ek hom aan die patroonband by die stroois uitgehelp het, het hy ewe verleë gemompel: "Captain is inside."
Dit was maklik gevang, maar so mak was die Engelse darem nie altyd nie!
Frederick van Eeden in W. Ackerman, Opsaal, p.144
Omtrent vyftig tree duskant die stasiegebou hou ons stil, maak die perde aan die draadheining naby die spoor vas en pyl stasie toe. Onderweg gaan ons by 'n lang sinkgebou verby. Tot ons verbasing merk ons dat 'n klomp Kakies — die liewe vroumense makeer natuurlik nie en die lojaalste van die kontrei is ook teenwoordig — druk besig is met 'n konsertuitvoering of so iets. Voorlopig laat ons die vrolike menigte met rus en druk deur stasie toe. Niemand verwag ons natuurlik daar nie, want wat dan van die wagte buitekant die dorp?
Ons "hands up" die stasiemeester. Die telegraaftoestel word vernietig, ten minste so verniel dat niemand onmiddellik na ons vertrek berigte sal kan versend of ontvang nie.
Intussen is die burgers besig om gate onder die treinspoor te grawe en met springstowwe te laai. Ek meen ons het vyf of ses dinamietskote gelaai en elkeen van 'n buitengewone lang lont voorsien. Onderwyl die lonte brand, hardloop ons reguit na die lang sinkgebou toe, met die doel om daar te wees voordat die ontploffings plaasvind. Ons wil naamlik teenwoordig wees wanneer hierdie nuwe konsertbydrae meteens losbars en sy uitwerking op die Kakies sien. Sjoe, maar dit is vir jou 'n klompie vrolike dorpsdames daar op die dansvloer, en die Kakie is so in sy noppies, los van litte en windmaker — moenie praat nie! Te midde van die plesier en jollifikasie gewaar die Kakies ons glad nie, en ons beset elke ingang en uitgang.
Meteens sing hulle uit volle bors: "Rule Britannia...!" Dit smaak of die mure van die sinkgeboutjie na alle kante wil uitbult soos die lojale koorstemme kragtig uitgalm. In die verbeelding wieg hulle Iieflik mee, en hulle sing min of meer daarlangs waar Brittanje oor see en waters heers en, wat geesdrif betref juis op die spitse van die hoë branders, toe die eerste dinamietskoot lostrek en met donderende geluid die aarde skud. Toe die eerste skoot slaan, klink dit nog: "Britannia, Britannia rule the waves ..."
"But not the Boers!" skree 'n paar van ons. "But not the Boers!"
Daarop storm ons die saal binne. 'n Paar burgers skree dat die sinkgebou eintlik antwoord gee: onder meer van die rum en 'n aantal “The Boers rule! The Boers rule!"
Die Kakies is skoon pootuit. Die oorblufte marine moes gedink het dis 'n naderende Boeremag met bulderende kanonne. Hulle mag op die "waves" kaatjie van die baan wees, maar die bietjie vaster aarde onder hulle voete dreig die nag om te vergaan. Toe slaan die volgende skoot, en toe nog een . . . nog een . . . Die verwarring vererger en die halsoorkop konsternasie wat daama ontslaan, is eenvoudig onbeskryflik. Die "ladies" is rasend en die ridders ewe so. Alle hoflikheid en selfbeheersing is na die maan. Soos die verbouereerde vroumense rasend en skreeuend na die deure nael, val die mans oor mekaar in hulle ywer om voor die dames by die deure te wees. Hoe dapper hulle van mening is om in die buitelug te veg, sal ek nie kan sê nie, maar binne die vier mure van die sinkgebou is hulle blus skoon uit.
Meer vir die pret as iets anders skree ons 'n paar maal: "Hands up!" Maar dit is soos water op 'n eend se rug. Daar is geen einde aan die skok en verwarring nie. Elkeen is blind van die skrik en dink net aan selfbehoud en vlug. Dat daar Boere by die deure is en dat daar Boere tussen hulle is, besef elkeen, maar of hulle een van ons raaksien, is te betwyfel.
By die deure verdruk die konsertgangers mekaar so dat hulle die deurgang volkome blokkeer. Dit gee 'n woeste gespook en 'n gespartel af. Hulle vertrap mekaar letterlik. Wat sommige van die Kakies betref, is dit meer "help us" as "hands up". Baie is so onklaar dat ons hulle aan die hakskene uittrek — terug in die saal in om die dames so 'n bietjie verligting te verskaf. Laat los jy hom te gou pyl hy maar weer bondel toe, kompleet soos 'n voetbalspeler in 'n losskrum.
C M. Pieterse, Die oorlogsavonture van generaal Wynand Malan, pp. 112-114
Voor dagbreek die volgende oggend word ons deur enkele skote van die brandwagte gewek. Op ons gemak probeer ons ons perde vang, onwetend dat 'n sterk afdeling van die vyand reeds van 'n ander rigting om en in die land is. Almal wag op bevele van die kommandant. Andries Groenewald sit reeds op sy perd, terwyl ek by my perd wag op die grond. Anderkant die tuin hoor ons die skote val, maar wag nog steeds op bevele, toe Andries sy pyp opsteek en meteens 'n sarsie van die vyand uitlok wat deur die perskeboord die blare op ons laat reën. Van die stoppelland hoor ons net: "Fix bayonets, boys!"
Ons laat gly hektoe en ontmoet Hendrik met die geweer oor die skouer. "Het julle nie vir ou Poon gesien nie?" vra hy ewe ongeêrg. By die hek staan die vyand op 'n streep met vuurstrale sarsie op sarsie te maak, maar aangesien dit nog donker is en hulle nie kan korrel vat nie, skiet hulle gelukkig gedurig mis. Ons gly deur om dadelik in die koppie digby posisie in te neem. Teen die tyd dat Hendrik sy saal het, is dit lig en moet hy by 'n ander plek uit, met die gevolg dat hy en die Engelse weerskante van dieselfde draad jaag. Gelukkig is hy voor en met behulp van 'n draadskêr kan hy die dwarsdraad dadelik knip. Toe die Engelse by dieselfde draad afspring om dit te knip, is Hendrik reeds op sy perd en laat spat. Toe besef die Engelse eers dat Hendrik nie een van hulle is nie en brand summier op hom los. Ewe ongeêrg draai hy egter in sy saal om, waai sy hoed en skree: "Goeiemore — as julle na my skiet, moet julle maar weer probeer!"
P.H. du Plessis, Oomblikke van spanning, pp. 99-100
Vervolg...