Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Deur terugslae en swaarkry ontdek jy die wonder van genade soos die warm sonstrale op 'n koue wintersdag – dinge wat soos rampe lyk, is gewoonlik suiwer genade.
NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT
‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:
‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL
VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT
Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys.
Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing.
As alternatief tot die kapitalisme word ʼn gilde-bestel (oftewel korporatisme) gestel. Gildes (ook bekend as korporasies) moet vir elke belangrike ekonomiese sektor tot stand gebring word. Die gildes verkies vervolgens verteenwoordigers na ʼn laer wetgewende gesag, bekend as die Raad van Gildes. Elke gilde neem wetgewende besluite aangaande sy bepaalde ekonomiese sektor, wat beteken dat elke gilde sy bepaalde ekonomiese sektor regeer.
As alternatief tot die demokrasie word ʼn meriete-bestel (oftewel ʼn meritokrasie) gestel. Slegs dié mense wat bewys dat hulle werklik oor ons volk en staat besorg is, word die stemreg gegee. Hulle staan as “politieke burgers” bekend. Hulle verkies uit hulle eie geledere verteenwoordigers na ʼn hoër wetgewende gesag, bekend as die Raad van Meriete, wat politieke en finale ekonomiese besluite neem.
Die nuwe organiese staatsbestel sal dus op gilde en meriete wetgewende verteenwoordiging berus.
Dié boek is in twee dele verdeel. Deel A handel oor die liberale lewensbeskouing en die gepaardgaande ekonomiese en politieke tradisies (die kapitalisme en die demokrasie) en waarom dit nie aanvaarbaar is nie. Deel B handel oor die organiese lewensbeskouing en die gepaardgaande ekonomiese en politieke tradisies (ʼn korporatistiese- en ʼn meriete-bestel) en waarom dit voorgestaan word.
Die boek is A5, die skrif is Times New Roman 10 en beslaan 533 bladsye.
Reëlings met betrekking tot die aankoop van die boek
Die boek se prys is R350 (posgeld nie ingesluit nie).
Ons kan die boek na u toe stuur via:
- Pep-store / PAXI (R60)
- Aramex (R100) aflewering by u deur
- Postnet (R100)
- Alternatiewelik kan u persoonlike reelings met ons tref
U kan die geld oorbetaal in die volgende rekening:
M. T. du Toit
Capitec spaarrekening
Global One Account
1719557371
Stuur daarna die volgende gegewens per e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
- U naam en van
- Hoeveel geld u in die rekening inbetaal het
- Aantal kopieë van die boek wat verlang word
- Die wyse van aflewering wat verlang word
- U aflewering adres of Pep-stoor nommer
Laat asseblief ongeveer 3 tot 4 weke toe alvorens u die boek sal ontvang (ongeveer drie weke vir die druk en bindwerk en ongeveer een week vir die versending daarvan).
Indien u van oordeel is dat die boek interessant is en waardevolle inligting bevat, sal dit baie waardeer word as u hierdie advertensie aan u vriende en familie kan aanstuur en hulle ook aanmoedig om die boek te koop.
Ander boeke deur Du Toit
Du Toit is ook die skrywer van drie ander vakwetenskaplike boeke:
- Ras, Volk, Taal en Religie: Opstelle oor ons Indo-Europese en Germaanse Voorgeskiedenis en Identiteit
- Paradigmas, Wetenskapsrewolusies, Diskontinuïteit en Kontinuïteit by die Studie van die Europese Voorgeskiedenis
- Die Strewe en Strydvan ons Volk1902 – 1994
Meer oor die outeur
Die outeur, Mike du Toit, was beskuldigde nommer 1 in die Boeremag hofsaak. Hy is in Julie 2012 aan Hoogverraad skuldig bevind omdat hy na bewering die ANC-regering wou omvêrwerp.
Du Toit het verskeie akademiese kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria verwerf, naamlik:
- BA(Ed),
- BA(Honneurs)(Geskiedenis),
- BA(Honneurs)(Filosofie), en
- MA(Filosofie) cum laude.
Terwyl hy in die gevangenis was, het Du Toit sy DLitt et Phil in Filosofie aan UNISA verwerf.
Voor sy gevangeneming was Du Toit ‘n dosent in geskiedenis aan Vista Universiteit en ‘n deeltydse dosent in argeologie aan die Universiteit van Pretoria.