8 OKTOBER 2022

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geen volksleier is bo die reg verhewe nie.  Dit wat vir die volk geld, geld ook vir hom.   Hy durf nooit die regsbevoegdhede as ‘n persoonlike besitting gebruik nie.   Slegte volksleiers misbruik graag die reg om vir hulself naam te probeer maak deur vrees by onderdane in te boesem.   Dis sleg om iemand uit vrees te moet eerbiedig.  Ongelukkig maak ‘n donkie met ‘n leeuvel aan ook mense bang!