9 JULIE 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid  het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.