21 DESEMBER 2020

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Calvyn het gesê dat ware barmhartigheid niks anders is as 'n smart wat ons ervaar weens die droefheid van ander nie. Dit beteken om jou só met jou naaste se pyn te vereenselwig dat jy dit as't ware self ervaar. Só opreg behoort ons vir mekaar om te gee. Die klein bietjie barmhartigheid wat ek as sondaar aan iemand anders kan bewys word beantwoord deur die ondenkbare groot barmhartigheid van God aan my.