Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons vra dikwels waar sal ons krag vandaan kom om al die pyn, droefheid en lyding in ons lewens te oorleef? Ons laat God hierdeur so krageloos lyk, en dit net omdat ons so skraal in ons eie verwagtings is. Onthou dat jy nie met jou ontoereikende krag iets hoef uit te rig nie, jy beskik ook God se krag, ongelooflik groot, dieselfde krag waardeur Jesus uit die dood opgewek is: opstandingskrag, ook vir jou om telkens weer op te staan uit jou pyn.
KUNSMATIGE INTELLIGENSIE MANIPULEER DIE MENSLIKE BREIN
“Kognitiewe aanvalle is daarop gemik om emosies wat in ons onderbewussyn gewortel is, te ontgin, om ons rasionele bewuste verstand te omseil. Die rede waarom kognitiewe aanvalle ongemerk verbygaan, is dat kognitiewe aktiwiteite die bewuste verstand omseil en die onderbewussyn van 'n persoon direk teiken – meeste van ons besluite word deur ons onderbewussyn geneem". - Cornelis van der Klaauw, NAVO Joint Warfare Centre.
As mense gedink het dat die ontwikkeling van die 5G en 6G daar is om telekommunikasie te verbeter, weet hulle waarlikskynlik niks wat op ons pad wag nie. Die telekommunikasiestelsels speel ‘n groot rol op ons pad na 'n wêreld waarin algoritmes ons in staat sal stel om mense se verstandelike prosesse te dekodeer en die breinmeganismes direk te manipuleer, onderliggend aan hul bedoelings, emosies en besluite. Dit vind reeds ten dele plaas – neurale nanotegnologie word gebruik om nanogrootte robotte via die bloedstroom naby 'n neuron te bring, die menslike brein direk (d.w.s. nog nie deur ons sintuie onderskep nie soos beplan vir later dmv opvangtorings) aan 'n rekenaar te koppel, deur gebruik te maak van Kunsmatige Intelligensie (KI).
Oorlogvoering is nie meer 'n suiwer militêre konsep nie; dit het baie wyer en meer kompleks geword. In die toekoms sal daar net een reël in oorlogvoering wees: Daar is geen reëls nie. Dit het Klaas Schwab, Bill Gates en hulle geldbendes baie lank gelede reeds besluit.
Terwyl ander domeine taktiese en operasionele oorwinnings bied, is die menslike brein die enigste domein waarin 'n volle oorwinning verseker kan word sodat die wêreldgeldmagte slawe van die oorblywende wêreldbevolking kan maak en hulle mag- en geldbeheptheid kan seëvier.
Daar is wel ‘n sekere persentasie individue en organisasies wat baie bekommerd is oor die mag wat deur middel van KI op die wêreldbevolking uitgeoefen kan word, maar of hulle kleine pogings daarteen enige verbetering kan bring, sal die tyd maar moet leer.
Op 9 Desember 2023 het die Europese Parlement 'n persverklaring gepubliseer, waarin verklaar word dat 'n politieke ooreenkoms met die Raad van die Europese Unie bereik is oor 'n wetsontwerp “om te verseker dat Kunsmatige Intelligensie (KI) in Europa veilig is en fundamentele regte en demokrasie respekteer". Die toekomstige wetsontwerp is veronderstel om KI-stelsels te verbied “wat menslike gedrag manipuleer om hul vrye wil te omseil".
Volgens die persverklaring het die afgevaardigdes ook ooreengekom oor "duidelike verantwoording" met betrekking tot KI-stelsels wat gebruik word om “die uitslag van verkiesings en kiesersgedrag te beïnvloed" . In antwoord op die petisie van verskeie verteenwoordigers en lede van die wêreldmenseregte-organisasies, het die voorsitter van die Komitee vir Petisies van die Europese Parlement, Dolors Montserrat, uit ‘n pro-forma dokument van die EP aangehaal:
“Die gebruik van sekere KI-stelsels met die doel om menslike gedrag wesenlik te verwring, waardeur fisiese of sielkundige skade waarskynlik plaasvind, moet verbied word. Dit sluit in neuro-tegnologieë wat bygestaan word deur KI-stelsels wat gebruik word om neurale data wat deur brein-rekenaar-koppelvlakke ingesamel word, te monitor.”
Die inhoud sluit in die uitvoerbaarheid van massa-manipulasie van die menslike senuweestelsel (gedagtes, emosies, persepsies, funksionering van interne organe of selfs die dood van mense). Dit is duidelik dat wanneer massas mense se brein op ‘n afstand beheer word, die KI-stelsels "gebruik kan word om die uitslag van verkiesings en kiesersgedrag te beïnvloed" deur onder andere politieke menings van kiesers te vorm. Elf menseregte-organisasies het met groot kommer hierop gereageer.
Om so 'n situasie te voorkom, sal die regerings egter die tegnologieë van afstandbeheer van die menslike senuweestelsels moet deklassifiseer en agentskappe moet skep wat objektief in staat en wetlik verplig is om die misbruik van menseregte en demokrasie deur KI-tegnologie te openbaar. Wanneer die regerings dit geklassifiseer hou, hou hulle vir hulself die opsie oop om die gedagtes van hul burgers te manipuleer. Maar soos ons die Illuminati met sy seekatarms ken, sal hulle nooit hulle mag prysgee nie en volle beheer oor die mensdom wil uitoefen – dit is tog waarvoor die KI-stelsel ontwerp is.
Die wetenskaplike bewyse dat ten minste gepulseerde mikrogolwe (insluitend uitsendings van selfoonstelsels) en ekstra lang elektromagnetiese golwe gebruik kan word om menslike gedagtes, emosies, persepsies en pyne te beheer, kan in navorsing gevind word.
Volgens die ontleding van die Internasionale Monetêre Fonds, sal die bekendstelling van Kunsmatige Intelligensie byna 40% van alle werkgeleenthede wêreldwyd en ongeveer 60% in gevorderde ekonomieë raak en op hierdie manier “sal KI waarskynlik algehele ekonomiese ongelykheid vererger” .
Bevelvoerder Cornelis van der Klaauw van die Koninklike Nederlandse Vloot en Deskundige van Strategiese Kommunikasie- en Inligtingsoperasies NAVO Joint Warfare Centre het in 2023 in 'n artikel geskryf:
“Die rede waarom kognitiewe aanvalle ongemerk verbygaan, is dat kognitiewe aktiwiteite die bewuste verstand omseil en die onderbewussyn van 'n persoon direk teiken – meeste van ons besluite word deur ons onderbewussyn geneem. Kognitiewe aanvalle is daarop gemik om emosies wat in ons onderbewussyn gewortel is, te ontgin, om ons rasionele bewuste verstand te omseil".
Enigiemand kan die petisie per skakel aan die Europese Parlement onderteken alhoewel daar waarskynlik niks van sal kom nie. Vir interessantheid van die inhoud daarvan plaas ons dit hieronder:
_______________________________________
VERBOD OP AFSTANDBEHEER VAN DIE MENSLIKE SENUWEESTELSEL
Ons, die ondergetekende, vra die Europese Parlement om die volgende in die wetgewing oor Kunsmatige Intelligensie in te sluit:
1. Verbied die gebruik van Kunsmatige Intelligensie om die aktiwiteit van die menslike senuweestelsel op afstand te beheer en/of te dekodeer met elektromagnetiese golwe, gerigte energieë, potensiële golwe, nie-plaaslike foton- of elektronverbindings of enige ander energieë, sonder uitdruklike toestemming.
2. Verbied alle EU-regeringsorganisasies, insluitend wetstoepassing, intelligensie-agentskappe, weermag en hul kontrakteurs, om Kunsmatige Intelligensie te gebruik om die aktiwiteit van die menslike senuweestelsel van burgerlikes per afstand te beheer en/of te dekodeer deur die bogenoemde middele te gebruik. Die wetgewing moet ook die verpligting van EU-regerings insluit om hul burgers te beskerm teen sulke manipulasie deur nie-EU-regerings of ander entiteite.
3. Maak voorsiening vir die vestiging van EU-agentskappe wat objektief bekwaam en wetlik verplig is om die misbruik van menseregte en demokrasie deur Kunsmatige Intelligensie te ondersoek en bekend te maak wat gebruik word om die aktiwiteit van die menslike senuweestelsel op afstand te beheer en/of te dekodeer. Genoemde EU-agentskappe moet onafhanklik van EU-lidlande funksioneer en die EU moet homself die doel stel om die Verenigde Nasies Organisasie te betrek as die laaste arbiter om te besluit oor die gevalle waar mense van regoor die wêreld sal kla teen die misbruik van hul menseregte deur daardie neurotegnologieë en kunsmatige intelligensie.
_____________________________________