NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gister is verby. More het nog nie gekom nie. Ons het net vandag. Laat ons begin.

ONGELOOF BRING VREES

“Moenie vrees nie. Ek is met jou…”

Jesaja 41:10

Deur middel van regerings wat druk op elke volk en nasie moet uitoefen en 'n vorm van wetgewing wat mense vreesagtig sal maak, sal die Kabaal in 2024 die vorige plandemie soos ‘n kinderpartytjie laat lyk. Hul beplan om dmv wetgewing ons permanent toe te sluit en ons dwing om elke "inenting" te neem.

Moet asseblief nie hiervoor val nie, ons het die mag solank ons nie bang is en met die vyand saamwerk nie – diegene wat jou menseregte bedreig deur jou te wil toesluit en dwing om gif in jou lyf te spuit, is jou vyand, wat geen wetlike reg daartoe het nie. Ons kan hulle net beveg indien ons geen vrees daarvoor koester nie.

President Franklin D. Roosevelt van die VSA se wyse woorde tydens sy inhuldiging in 1933 met die Groot Depressie op sy ergste, soos volg:

"The only thing we have to fear is fear itself”. 

Baie van ons ouers en grootouers het ook redes tot vrees beleef, ook in die Tweede Wêreldoorlog wat die Depressie opgevolg het. Geld was skaars en so ook voedsel en klere. Ons geslagte deesdae weet van sulke swaarkry eintlik bitter min. Ons ouers en hulle ouers was onkraakbare mense, mense met integriteit. En hulle was mense sonder vrees omdat hulle naby aan die Here geleef het. Daarom was paniek nie deel van hulle woordeskat of mondering nie. Hulle mag tekorte gehad het, nood beleef en armoede deurleef het, maar selfsugtigheid, argeloosheid, verwaandheid en hoogmoed het hulle nie geken nie. Hulle het deur gebed hulleself gestaal teen die aanslae van die lewe.

Vandag trek ‘n epidemie van vrees deur ons en ander gemeenskappe. En dan moet mens vra waarom? Is dit nie dalk omdat ons geloof maar ‘n kleingeloof of ‘n vlak geloof of ‘n wangeloof en dus eintlik maar ‘n ongeloof is nie? En omdat mense vrees, glo hulle enigiets wat aan hulle opgedis word en gee hulle hul laaste vryhede oor aan regerings wat krimineel is; wat vir hulle onderdane nie ‘n duit omgee nie en uitstekend daarin slaag om hulle liggelowige en ongelowige onderdane met verdere vrees en paniek te belaai.

Die virus is nie die gevaar of die probleem nie. Die agenda agter die virus en die panieksaaiery deur die magte van onheil se media wat mense intimideer, noodtoestande en krygswetafkondig – dis die probleem! ‘n Liggelowige en kleingelowige onderdaan is hoogswaarskynlik nog bestand teen die virus, maar het geen weerstand teen die virus agter die virus nie!

Edmund Burke het gesê:

"No passion so effectually robs the mind of all its powers of acting and reasoning as fear."

Terwyl mense ontken dat hulle vreesbevange en paniekerig is, word hulle paniek net meer. As toiletpapier opgegaar word en winkelrakke leegraak is dit ‘n teken van paniek. Leë teaters, klaskamers, parke, restaurante? Dit vererger die paniek.

Die grootste fout wat nou deur mense gemaak word, is om die regering te vertrou. Dis die laaste mense om te vertrou. Hierdie regeringsgmagte is pionne van die magte wat nou deur middel van ‘n sogenaamde vaksien die wêreld deur hongersnood en MedieseKrygswet (“Hunger Games”) in ‘n Nuwe Wêreldorde in wil dwing.

Weer moet die vraag gevra word? Wie trek voordeel hieruit? Die mensdom? Nee. Die regerings? Nee, want hulle sal ook in die slag bly. Dis die geldmagte, die internasionale banke, die groot multi-nasionale maatskappye, Big Pharma, die groot wapenmaatskappye, ja, almal wat deel is van die agenda om groter beheer daar te stel.

Die drakoniese maatreëls wat in 2024 ingestel gaan word gaan nie oornag verdwyn nie. Beheer deur hierdie helse magte word nie maklik opgegee nie.

Die WHO, die Gates Stigting en Big Pharma het ‘n wesenlike belang daarin dat hierdie “pandemie” wat kom moet voortduur vir solank as moontlik. Dit sal waarskynlik die enkele grootste “scoop” wees as 7 miljard mense verpligte inenting moet ontvang.

In Suid-Afrika gaan die prentjie vir die Afrikaner al droewiger word synde hy nou deur die “Einsteins” van die Nuwe Orde vertel word hoe om ‘n virus te hanteer, terwyl hulle self die grootste besmetters is van ons land! Ai en hulle is tog so slim; dis nou as mens RSG en Beeld moet glo. Wel, kyk gerus hoe slim sy baas vang in die dae wat kom en hoe die “swaargewigte” van die regering met hulle geloof in voorvadergeeste voor hierdie “virus” vlug.

Al probleem is, soos alreeds elders genoem, ons is uitgelewer. Ons is in baie opsigte totaal magteloos.

As SARS,varkgriep, MERS, Ebola, Korona en wat ookal in 2024 op ons wag, ons vreesbevange maak, dan moet ons maar weet ons het dalk in kleingeloof en selfs ongeloof verval. Dan moet ons weer versterk word uit die EwigeWoord, deur Hom wat op water geloop en die kruis oorwin het. Kan u dink as die Afrikaner ( al 44 van ons…) nou as verenigde front verklaar:

Ons vrees nie want God is in beheer!

As vrees jou bemeester, weet dan maar dat jou geloof geweeg en te lig bevind word. Ons voorouers was ook by tye bang, omdat hulle mense was. Maar hulle was nooit lafaards nie, want dit is vrees wat van jou ‘n lafaard maak – bangheid sonder perke.

In Markus 6:6 lees ons hoe Jesus selfs verbaas was oor mense se ongeloof.  Wat sou Hy vandag oor hierdie mensewêreld  sê?

Kom ons gebruik hierdie krisis om te besin en te besef dat Jesus, die Heilige van God, Seun van die Allerhoogste, vrede bring vir die mens op aarde te midde van vrees – die mensewêreld se storms, die geesteswêreld se chaos en die dood as laaste vyand en vrede wat alle verstand en alle vrees te bowe gaan!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 558 gaste aanlyn