Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het alles goed geskep maar ook vooruit geweet dat daar kwaad uit die goeie sou voortkom. Maar dit is ook sy Alvermoë wat weer goed uit die kwaad laat voortkom wanneer ons na Hom terugkeer.
7 SEPTEMBER
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het alles goed geskep maar ook vooruit geweet dat daar kwaad uit die goeie sou voortkom. Maar dit is ook sy Alvermoë wat weer goed uit die kwaad laat voortkom wanneer ons na Hom terugkeer.
SO VERMOOR DIE “VAKSIENE” OOK ONS KINDERS
Twee tienerseuns wat hartontsteking (miokarditis) opgedoen het ná Pfizer se Covid-inspuitings en daarna gelyk of hulle herstel het, het ‘n paar maande later terugverval in hul siektetoetand. So word deur Italiaanse navorsers berig.
Albei tieners het bewyse getoon van nuwe hartskade nadat hulle die herhalende (sg ‘booster-inspuitings’) “inentings” ontvang het (kan mens glo dat ouers wie se tieners hartskade met die eerste inspuiting opgedoen het, hulle waaragtig terugneem vir “boosters” – hoe red mens mense wat nie vir hulself kan dink nie!). Daar is ook bevind dat hoë vlakke van proteïene met beseerde hartspiere teenwoordig is. Skanderings het gewys een seun het nuwe letsels in sy hartwand gehad, en hy het byna twee weke hospitalisasie nodig gehad om selfs net in ‘n mate weer te herstel. Tog is hierdie tipe beserings van so ‘n aard dat dit nooit volkome herstel nie.
Die navorsers kon aanvanklik nie vasstel waarom die seuns die terugslae opgedoen het nie, wat 8 tot 12 maande ná die aanvanklike miokarditis-episodes gekom het. Hulle het gevra vir strenger monitering van enigiemand wat met mRNA-veroorsaakte miokarditis gediagnoseer is – en meer navorsing om vas te stel of jongmense wat dit gely het, ernstige toekomstige komplikasies in die gesig staar.
Gepubliseer aan die einde van Mei in die joernaal Vaccine X: die koerant blyk die eerste wat ‘n gevalleverslag toon dat mRNA-stutte herhalende miokarditis of inflammasie van die hart kan veroorsaak. Maar openbare gesondheidsowerhede en die media, wat sedert 2021 kardiale newe-effekte van mRNA-inspuitings probeer wegsteek het, het dit geïgnoreer.
Miokarditis het baie oorsake, insluitend virale infeksie en mRNA Covid-‘inenting’. Dit word dikwels gediagnoseer wanneer mense met borspyn na noodkamers gaan, maar dit kan ook sonder simptome voorkom, wat veroorsaak dat mense hartskade het wat duidelik is op hartskanderings of in bloedtoetse, maar nie pyn of koors veroorsaak nie.
Studies het getoon dat miokarditis wat hospitalisasie benodig kan voorkom by soveel as 1 uit 3 000 tienerseuns of jong volwasse mans wat 'n Covid-inspuiting gekry het, met die hoogste risiko ná die tweede dosis. Talle studies wat van Moderna se “vaksiene” gedoen is, toon dat dit nog 'n hoër risiko as Pfizer s’n het!
Die onderliggende rede dat die mRNA's miokarditis veroorsaak – en waarom dit blykbaar jong mans meer as enigiemand anders affekteer - bly 'n raaisel. Die enigste antwoord is, moenie die “inenting” kry nie, dit kan dodelik wees!
Navorsers het baie verskillende meganismes as oorsake ondersoek, insluitend direkte skade van die piekproteïen wat deur die mRNA-spuite veroorsaak word. Wat hulle wel bevind het is dat die liggaam se immuunstelsel se teenliggaampies die hartweefsel in plaas van die “spikes” aanval. Daar is egter ander wat hiervan verskil.
Maar wat ‘n feit is, is dat die Covid-inspuitings soveel gif bevat dat dit selfs ons jongmense en tieners hartskade veroorsaak, en talle van hulle het gesterf aan hartaanvalle, alles die oorsaak van die sogenaamde “vaksiene” – presies wat die Internasionale Geldmag beoog en daarin geslaag het. En die einde is nog nie naby in sig nie, ons sal elke jaar ‘n toenemende sterftesyfer sien, soos dit tans die geval met jongmense is wat in groot getalle sterf – dit is nou indien die media vir eenmaal in hulle bestaan eerlik wil berig, maar ons durf nie daarop staatmaak nie.
Mag lesers die boodskap wyd uitdra dat ons land se mense nie in 2024 vir die volgende “virus-pandemie” val nie, moenie banggemaak word deur die sogenaamde “verskriklike virus”-stories nie, dit is wat die Geldmag beoog, om ons paniekerig te maak tot ons die “vaksiene” ontvang, sodat hulle hul ideaal kan bereik om die aarde se bevolking te kan afbring tot 500 000 miljoen – dit beteken die moord van meer as 7 miljard mense! Bly weg van die volgende “inentingsmanie”!!