Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al weet ons nie wat in die nuwe jaar vir ons wag nie, weet ons vir seker dat wat ookal gaan gebeur, deur God bepaal is en deel vorm van sy raadsplan en heilsplan – ook vir jou.
1e VERGOEDING VIR PFIZER-STERFTES
“Taiwan ken vergoeding toe aan 9 COVID-entstofsterftes”
Taiwan News het hierdie storie op 27 Februarie 2023 gepubliseer. Alhoewel daar baie gevalle van kindersterftes as gevolg van COVID-19 mRNS-entstowwe bekend is, is hierdie vergoeding die eerste wat deur ‘n regering uitbetaal is. In hierdie kort artikel is al die sterftes deur Pfizer, wat behoorlik onder die wêreldbevolking gemaai het, veroorsaak! Ons maak hier melding van slegs ‘n paar gevalle uit die 6,5 miljoen sterftes oor die wêreld wat deur die sogenaamde inenting veroorsaak is.
Een van die 9 families wat vergoed is, is dié van ‘n vyfjarige meisie wat gesterf het aan miokarditis nadat sy ‘n 2e Pfizer COVID-19 mRNS-inspuiting ontvang het. Die meisie het haar bewussyn drie dae later verloor en 'n hart-ultraklankskandering het sistoliese funksie getoon wat dui op fulminante miokarditis.
’n Geregtelike doodsondersoek het limfositiese infiltrasie in haar miokardiale vesels gevind. Met inagneming van die volgorde van gebeure, het die komitee ingestem om die meisie se familie die hoogste vergoedingsbedrag vir dié tragiese gebeure aan te bied naamlik NT$3.5 miljoen (USD $114,829).
Haar patologiebevindings stem ooreen met die James Gill-artikel waarin onder andere oor twee tienerseuns geskryf word wat ook drie dae ná hulle 2e dosis Pfizer-inspuiting gesterf het. Hulle patologie-uitslag was dieselfde naamlik fulminante miokarditis.
In Viëtnam is 5 kinders dood ná Pfizer se mRNS-inspuiting. Dit het plaasgevind net nadat Vietnam op 23 November 2021 met Pfizer se COVID-19 mRNS-inspuitings begin het. Binne twee weke het 5 gesterf en is 120 gehospitaliseer .
Die vyf kinders is ‘n 17-jarige meisie (Trieu Phong, ingespuit Des.2, oorlede Des.9, 2021); ‘n 15-jarige seun (Seun La, ingespuit 4 Des., oorlede 6 Des. 2021); ‘n 12-jarige seun (Binh Phuoc, ingespuit 29 Nov., oorlede Nov. 30, 2021); ‘n 16-jarige seun (Bac Giang, ingespuit 24 Nov., oorlede Nov. 28, 2021); en ‘n 14-jarige meisie (Hanoi, ingespuit 27 Nov., oorlede 28 Nov. 2021).
Viëtnam het die Pfizer-groep die pad gewys nadat die 120 kinders in die hospitaal opgeneem is.
In die VSA is talle kinders dood ná Pfizer mRNA-entstof. Ongelukkig word die getalle verswyg en sal niemand presies weet hoeveel kinders daar reeds gesterf het nie. Ons haal hier enkele gevalle aan:
Michigan: 13-jarige seun is 3 dae na 2e Pfizer-inspuiting in sy slaap oorlede.
Kalifornië: 9-jarige meisie is 2 weke na 1e Pfizer-dosis dood; ‘n16-jarige seun is 3 weke na 2e Pfizer-dosis dood.
Colorado: 15-jarige seun is 2 dae na Pfizer dood; die16-jarige Ernesto Ramirez Jr is 5 dae ná Pfizer dood.
Twee Amerikaanse tieners is binne 3-4 dae na 2de Pfizer-dosis dood.
Washington: 7-jarige seun is 13 dae na 1e Pfizer-dosis dood.
Kanada; 96 kinders het die afgelope drie maande hier gesterf waaronder die17-jarige Sean Hartman (27 September 2021), 33 dae na Pfizer-inspuiting.
Ierland: 14-jarige seun is 3 weke na 1ste Pfizer-dosis dood.
Nieu-Seeland: tiener is weke na Pfizer-dosis dood;
Maleisië: 13-jarige seun is 18 dae na 1e Pfizer-dosis dood;
Barbados: 14-jarige seun is 90 minute na 2e Pfizer-dosis dood;
Guyana: 13-jarige seun is 2 uur na 2e Pfizer-dosis dood;
Brasilië: tiener is dood net ná Pfizer.
Dit is die eerste geval in die wêreld waar ‘n regering se vergoeding vir kindersterftes as gevolg van Pfizer COVID-19 mRNS-inspuitings uitbetaal is. Geen dokter wat die inspuitings op die publiek afforseer het, wil openlik daaroor praat nie. Hulle wil 'n valse “werklikheid” handhaaf waar COVID-19-inspuitings glo veilig vir kinders is en daar geen sterftes was nie. Daarom sal die wêreld selde hoor van ‘n geval waar ‘n regering vergoeding aan gesinne uitbetaal. Ons kan maar net hoop dat daar wel nog regerings is wat hierdie voorbeeld sal volg...