NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat is fout met ons Christene? Wanneer ons 'n klein kindjie oor 'n besige straat sien hardloop sal ons vinnig reageer om die kind te probeer red; intussen sien ons elke dag ontwrigte siele wat smeek om hulp maar ons gaan praat nie met hulle nie. Is die liggaam dan vir ons belangriker as die siel?

STILTE VOOR DIE STORM

Dit kom voor asof die sogenaamde pandemie wat reeds in 2020 begin het om die wêreld om te krap, nou bedaar het. Maar as mens dieper ondersoek instel lyk dit eerder nou na die stilte voor die storm.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in die middel van 2022 begin met die opstel van 'n wêreldwye pandemieverdrag, wat hom die alleenmag sal gee om besluite te neem wat verband hou met globale biosekuriteit, insluitend maar nie beperk nie tot die implementering van 'n wêreldwye entstofpaspoort/digitale identiteit, verpligte inentings, reisbeperkings en gestandaardiseerde mediese sorg.

Dan kan hulle net jou bankrekening sluit wanneer jy iets doen waarvan hulle nie hou nie, soos om te protesteer teen die onreg wat op ons wag wanneer alle vryhede van ons weggeneem is. Inderdaad, in 2022 het die Kanadese regering beslag gelê op die bankrekeninge van mense wat geld aan die vragmotorkonvooi geskenk het, en dit was basies 'n voorskou van die soort mag wat die WGO sou hê.

Selfs as die sentralisering van biosekuriteit 'n goeie idee was, wat dit nie is nie, sou die WGO nie bo-aan die lys van organisasies wees wat met hierdie taak belas moes word nie. Dit is nie hulle werk nie maar nou word dit as vanselfsprekend uitgevoer.

Dit blyk dus duidelik dat die poging om nou meer mag aan die WGO oor te gee, oor iets anders gaan as dat hulle die mees gekwalifiseerde is om gesondheidsbesluite te neem.

Met hierdie verdrag in plek, sal alle lidlande onderworpe wees aan die WGO se voorskrifte ... selfs al het die mense hierdie planne met behulp van plaaslike demokratiese prosesse probeer verwerp.

Kortom, elke land wat die WGO se pandemie-verdrag onderteken, sal vrywillig afstand doen van sy soewereiniteit en die liggaamlike outonomie van al sy burgers. En sover ons weet het Ramaphosa lankal daardie verdrag onderteken. Om sake te vererger, word alles in die geheim gereël waarvan ons maar net kennis sal neem wanneer dit alles in plek gestel is.

Hoe het die Globalistiese kabaal regerings wêreldwyd geïnfiltreer? Dit gebeur alles buite demokratiese prosesse, en dit is doelbewus so beplan. Die globalistiese kabaal het besef dat hulself nie miljarde mense kon oortuig of dwing om al hul regte en vryhede prys te gee nie. In plaas daarvan het hulle daarop gefokus om hul eie mense in sleutelposisies regoor die wêreld te plant, waar dié geen ander keuse gehad het nie as om die kabaalleiers se opdragte te gehoorsaam.

'n Sleutelspeler in hierdie globale oornameplan is die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), gestig in 1971. 'n Groot aantal van die geplante globaliste is gegradueerdes van die WEF se Forum van Jong Globale Leiers, (voorheen die Global Leaders for Tomorrow-skool), waar hulle geïndoktrineer word in tegnokratiese ideale soos transhumanisme wat, of hulle dit besef of nie, niks anders as eugenetika is wat herbenoem is nie. (Eugenetika is die uitskakeling van individue wat deur konvensionele wetenskap as draers van gebrekkige gene beskou word) 

Transhumanisme, soos eugenetika, gaan oor die skep van 'n voortreflike ras; in hierdie geval, 'n ras aangevul deur tegnologie eerder as selektiewe teling. Teen die einde van 2022 het die Young Global Leaders-gemeenskap meer as 1 400 lede uit 120 nasies gehad, en benewens politieke leiers sluit dit ook burgerlike en sake-innoveerders, entrepreneurs, tegnologiepioniers, opvoeders, aktiviste, kunstenaars en joernaliste in.

Die Young Global Leaders-forum is nie die enigste broeikas van tegnokrate nie, maar dit is een van die mees erkende. WEF-stigter Klaus Schwab het openlik gespog oor die aantal Young Global Leaders-alumni wat regerings regoor die wêreld suksesvol geïnfiltreer het, insluitend Kanada, waar meer as 80% van premier Justin Trudeau se kabinet voormalige WEF-studente is.

Trudeau self is ook 'n Young Global Leader-gegradueerde. In 'n 2017-onderhoud het Schwab gesê:

"Hierdie idee om jong leiers te integreer is sedert baie jare deel van die Wêreld Ekonomiese Forum ... Waarop ons nou regtig trots is, is jong generasie-leiers soos Eerste Minister Trudeau ... Ons dring deur tot die kabinette. Ek was by 'n onthaal vir Eerste Minister Trudeau en ek weet dat meer as die helfte van sy kabinet, Young Global Leaders is.”

Die Young Global Leaders-skool is in 1992 gestig, dieselfde jaar wat Agenda 21 ingestel is. Dit maak sin, want hulle is deel van dieselfde plan. Agenda 21 is die werklike aksie-agenda vir die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsplanne, terwyl die WEF propagandiste en implementeerders oplei.

Terwyl die VN en WEF duidelik sedert 1992 hand aan hand gewerk het, het hulle in Junie 2019 'n strategiese vennootskapsooreenkoms onderteken om die implementering van die VN se 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling te versnel deur samewerking en koördinasie tussen die twee organisasies verder te versterk.

Soos u dus hierbo sien, is daar nog baie groot planne wat die satan aan sy gesante opgedra het om die wêreld en sy mense, God se skepping, in hel te probeer omskep. Satan is baie magtig, genadiglik is God almagtig, en sal Hy die satan nie tot die einde toelaat om sy skepping totaal te vernietig nie. Daar SÁL ‘n dag kom wanneer God self hierdie proses sal stop. Ons as sy kinders moet net vashou aan ons geloof in Hom, die almagtige Skepper van hemel en aarde, want ons gaan saam met Hom oorwin!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1052 gaste aanlyn