Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!
TRANSHUMANISME 'N WERKLIKHEID
Die meeste van ons is seker al siek en sat vir die woorde virus, Nuwe Wêreldorde en “inentings”, en dit is met reg. Maar daar sal altyd fasette van die virussage wees waaroor almal nie duidelikheid het nie. Ongelukkig moet ‘n mens die hele prentjie verstaan om te weet wat regtig vir ons beplan word en dat die sogenaamde pandemie die begin van inwerkingstelling daarvan was.
Iets wat maar min in breë trekke bespreek word, is die saak van transhumanisme. Volgens Klaus Schwab, stigter en uitvoerende voorsitter van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), is die groot ideaal komende uit Die Vierde Industriële Rewolusie om mens en masjien saam te smelt; dus wil die Kabaal nou God se werk oorneem en die mens hervorm.
In 'n November 2019-onderhoud met CNN, het die geskiedenisprofessor en topverkoperskrywer Yuval Noah Harari, 'n Klaus Schwab-dissipel, gewaarsku dat "mense nou kaapbare diere is," wat beteken dat die tegnologie nou bestaan waardeur 'n maatskappy of regering jou beter kan ken as wat jy jouself ken.
Hy het voorspel dat algoritmes toenemend gebruik sal word om besluite te neem wat vroeër deur mense geneem is, byvoorbeeld of jy vir 'n spesifieke werk aangestel sal word of nie, of jy 'n lening toegestaan sal word, watter skoolkurrikulum jy sal volg en selfs met wie jy sal trou. Soos u weet hou dít diepgaande gevare vir elkeen van ons in.
Daar is ook 'n toenemende risiko om gemanipuleer te word deur hierdie kragte van buite waarvan jy nie eers ten volle bewus sal wees nie. As ons terugkyk oor die afgelope twee jaar, is dit redelik maklik om te bevestig dat massamanipulasie op 'n verbysterende skaal plaasvind, en dat dit fenomenaal effektief is.
Soos opgemerk deur Harari, gaan die beskikbare vermoëns reeds veel verder as Orwell se "1984" outoritêre visie, en dit gaan van hier af net kragtiger word. Hy is seker dat daar in die kort termyn die vermoë sal wees om jou emosionele toestand te monitor deur iets so eenvoudig soos 'n draagbare polsband. Jy sal dalk pligsgetrou glimlag en hande klap wanneer jy na 'n toespraak van 'n staatsamptenaar luister, maar hulle sal weet jy is kwaad of stem nie saam met wat gesê word nie, en kan dus aksie teen jou neem op grond van jou mees persoonlike, interne emosies eerder as dit wat jy uiterlik wys.
As ons die vestiging van hierdie soort digitale diktatuur toelaat, waar die stelsel, of dit nou 'n korporasie of 'n regering is, die mees intieme besonderhede oor elke persoon ken, sal dit onmoontlik wees om dit tot niet te maak. Die beheer daarvan sal totaal en onomkeerbaar wees. Daarby het ons dalk net 'n dekade, hoogstens twee, om te verhoed dat hierdie digitale diktatuur oorneem.
U weet, nie net het die globale elite die tegnologiese vermoë om 'n globale digitale diktatuur te skep nie, maar kan hulle die mag ontwikkel om die toekoms van die lewe self te herontwerp, natuurlik net met die hulp van die satan.
Vir eeue het niks fundamenteel verander in die basiese reëls van die spel van die lewe nie. Die hele lewe was onderworpe aan die wette van natuurlike keuses en die wette van organiese biochemie. Maar dit gaan nou verander en groot probleme meebring. Die feit dat die mens die tegnologie het om nuwe lewensvorme te ontwerp, insluitend nuwe soorte mense, beteken nie dat hy slim genoeg is om iets beter te ontwerp as waarmee God tot dusver vorendag gekom het nie.
Die vraag oor wie jou DNS sal “besit”, is iets om ernstig oor te besin. Behoort dit aan jou, 'n korporasie of die regering? Dit beteken die dae toe ons 'n siel en vrye wil gehad het sal verby wees.
Mens sal in die toekoms kan terugkyk en sien dat die COVID-pandemie die keerpunt was waar biologiese toesig oorgeneem en die norm geword het. Dít het plaasvind deur deelnemers aan die WEF se Young Global Leaders-program, wat die kabinette van baie wêreldregerings binnegedring het.
Schwab droom van 'n wêreld waarin mense aan die wolk gekoppel is, wat deur hul eie brein toegang tot die internet kan kry. Dit beteken natuurlik ook dat jou brein toeganklik sal wees vir mense wat dalk wil peuter met jou gedagtes, emosies, oortuigings en gedrag, of dit nou die tegnokratiese elite self of lukrake kapers is.
As jy 'n persoon se gedrag op 'n positiewe manier kan verander, kan jy dit ook beheer tot die persoon se eie nadeel. Teoreties kan absoluut enige burgerlike met 'n brein-tot-wolk-verbinding en die nodige biologiese aanvulling (soos sterkte of spoed) draadlose instruksies gegee word om byvoorbeeld 'n sluipmoord uit te voer en dit foutloos af te handel, selfs sonder vorige opleiding.
Alternatiewelik kan hul fisiese liggaam tydelik oorgeneem word deur 'n afgeleë operateur met die voorvereiste vaardighede. Bewys van konsep bestaan reeds, en word hersien deur dr Charles Morgan, professor in die departement van nasionale veiligheid aan die Universiteit van New Haven. Deur die internet en breininplantings te gebruik, kan gedagtes van een persoon na 'n ander oorgedra word.
Histories was die strewe na onsterflikheid 'n geloofsgebaseerde onderneming, gebaseer op die idee dat die siel onsterflik is terwyl die liggaam vergaan, soos wat God ons geskep het. Transhumaniste keer hierdie idee min of meer om. Hulle verwerp die idee van siel heeltemal (as hulle die siel kan vernietig kan dit nie hemel toe gaan nie en sal die satan en sy trawante onophoudelik juig) en streef na die behoud van die waargenome persoonlikheid, eers deur radikale lewensverlenging van die fisiese liggaam, en later deur die oordrag van breindata in 'n vervangingsvorm.
Volgens Dmitry Itskov, die Russiese stigter van die Immortality 2045-projek, is slegs 2% van mense gereed om die dood te aanvaar – 'n statistiek wat hy gebruik om die soeke na onsterflikheid te regverdig deur dinge soos kunsmatige organe, kunsmatige liggaamskonstruksie, nabootsing van geestelike prosesse en, uiteindelik, die oordrag van 'n mens se verstand na 'n kunsmatige draer.
Die Immortality 2045 se visie, wat in 2011 gepubliseer is, begin met die skepping van die eerste robotkopie van 'n menslike liggaam wat teen 2020 op afstand beheer sou word – ons het dit almal al gesien, dit bestaan. Teen 2025 wil hulle 'n avatar hê waarin die menslike brein aan die einde van die lewe oorgeplant kan word . Teen 2035 wil hulle 'n avatar hê met 'n sintetiese brein, waarin die menslike persoonlikheid oorgedra kan word, en teen 2045 stel hulle 'n holografiese avatar voor.
Onthou die WEF het duidelik aangekondig dat niemand teen 2030 iets sal besit nie en sal dit waarskynlik jou eie liggaam insluit. Dus, om te dink dat jou avatar "joune" sou wees, is onrealisties.
Gekyk deur die lens van die WEF se Vierde Industriële Revolusie, blyk dit die plan te wees dat die elite letterlik die hele mensdom sal besit wat na hul eie smaak hervorm sal word.
Moet asseblief nie dink dat hierdie net ‘n teorie is nie al klink dit totaal vergesog. Globaliste en eugenici (soms een in dieselfde) is besig om die program te bestuur, en hulle werk baie hard daaraan om hul uiteindelike begeertes van 'n beheerde menslike ras, ontwikkeling van transhumanisme met 'n sterk kunsmatige intelligensie te bereik.
Maar hul droom word eers ’n werklikheid as God en mens dit toelaat!