NUWE NAVORSING OP DIE COVID-19-VIRUS

AAR-PROTEïN BESKADIG VASKULêRE SELLE

Sedert 2020 het talle mense vir die eerste maal die woord koronavirus gehoor. Die waarheid is dat koronavirusse vir die eerste keer in 1930 reeds ontdek is en die meeste mense het reeds hierdie griepvirus in een of ander vorm gehad waarvan vier soorte geïdentifiseer is wat endemies kan raak, en verkoues en griep veroorsaak soos ons dit almal ken.

Maar in die afgelope twee dekades het drie nuwe koronavirusse ontstaan: SARS in November 2002; MERS in September 2012; en SARS-CoV-2 in Desember 2019.

In 'n onlangse artikel wat in Circulation Research10 gepubliseer is, blyk dit dat die proteïene op die virus 'n sleutelrol as oorsaak van simptome speel.

SARS-CoV-2-skade is meer as net in die longe

'n Span navorsers in Amerika, waaronder wetenskaplikes van die Universiteit van San Diego, het die gevolge van die SARS-CoV-2-virus op diere geëvalueer. Die navorsing het in fyn besonderhede gewys hoe die “spike”- of dan aar-proteïen, skade aan die hele vaskulêre stelsel veroorsaak.

Die navorsers het 'n pseudo-virus, omring deur die aar-proteïene wat self geen virus bevat nie, geskep. Met behulp van dierlike proefkonyne het die navorsers die pseudo-virus in die longe toegedien en gevind dat die virus nie die skade veroorsaak het nie. Die aar-proteïen was die materiaal wat die inflammasie en skade veroorsaak het.

Die eksperiment is daarna in die laboratorium herhaal met behulp van selkulture. Die span het gesonde endoteelselle blootgestel wat die are aan die stekelagtige pseudo-virus laat bind. Die span het bevind die selle het op 'n soortgelyke manier gereageer toe hulle aan die pseudo-virus blootgestel is. Die resultate het ook aan die lig gebring dat die virus selontsteking veroorsaak. Die proteïen het die ACE2-vlakke verlaag en die beskikbaarheid van stikstofoksied verswak. Mede-senior outeur van die studie, Uri Manor, het in 'n persverklaring van Salk Institute verduidelik:

“Sommige van die simptome van COVID-19 wat vir sommige mense weke of maande duur, kan die gevolg wees van vaatbeskadiging. In teorie het hulle van die ergste simptome van die siekte herstel en toets negatief. Tog het hulle steeds simptome sonder 'n aktiewe infeksie. Volgens 'n artikel in JAMA, kan ongeveer 16% van die mense wat COVID-19 gehad het, langdurige simptome ervaar.”

Die Centers for Disease Control and Prevention meld dat 'n kombinasie van simptome sonder 'n aktiewe COVID-infeksie weke ná die infeksie kan verskyn en maande kan duur. Simptome kan ook vererger na liggaamlike of geestelike aktiwiteit.

Die oorheersende patofisiologie van COVID-19 sluit in endoteelskade, mikrovaskulêre besering en stimulasie van hiperinflammasie. 'n Onlangse oorsig in Fisiologiese Verslae het ondersoek ingestel na hoe die kapillêre skade en ontsteking van endoteliitis veroorsaak deur COVID-19, kon bydra tot die aanhoudende simptome deur inmenging van weefseloksigenasie.

Is oefening ná Covid-19 goed vir die liggaam?

Die gesamentlike effekte van kapillêre skade in verskeie sleutelorgane kan hipoksie-verwante ontsteking versnel en tot langdurige simptome lei. Hoewel oefening die langdurige simptome tydelik vererger, dui een artikel wat in Denemarke gepubliseer is in Frontiers in Cardiovascular Medicine, die teendeel aan. Verskeie kenners beveel egter aan dat selfs diegene wat gewoond is aan oefening met 'n hoë intensiteit, eers 'n kardiovaskulêre ondersoek moet ondergaan en geleidelik moet terugkeer na fisieke aktiwiteit. Hulle maak ook melding van 'n klein retrospektiewe studie onder 28 mense met 'n geskiedenis van COVID-19 waarin die navorsers tot die gevolgtrekking gekom het dat “omvattende kardiopulmonale rehabilitasie-oegeninge ná COVID-19, veilig, uitvoerbaar en effektief is.”