NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!

NOG STERFTES DEUR INENTING

WAAROM MENSE NIE DIE WAARHEID OOR DIE INENTINGS INSIEN NIE

Op 16 Maart 2021 het 19 Europese lande asook Thailand die gebruik van die entstof van AstraZeneca opgeskort na aanleiding van berigte oor dodelike bloedklonte.

Op 2 Maart 2021, is Britse data vrygestel wat aangedui het dat die AstraZeneca entstof verantwoordelik was vir 77% meer newe-effekte en 25% meer sterftes as die Pfizer-entstof, wat in die VSA verbind is met 'n meerderheid sterfteverslae in die Vaccine Adverse Reporting System (VAERS).

Die entstof van AstraZeneca het toestemming vir gebruik in Europa ontvang, maar nie in die VSA nie, waar Pfizer-, Moderna- en Johnson & Johnson-entstowwe beskikbaar is. Anders as die Moderna- en Pfizer-entstowwe, gebruik die AstraZeneca- en Johnson & Johnson-entstowwe 'n virale vektor (‘n DNS-molekule wat as voertuig gebruik word om vreemde genetiese materiaal in ‘n ander sel in te voer), om dubbelspiraal DNS vir die SARS-CoV-2-proteïen in die selle af te lewer.

Business Insider het 'n vergelykingstabel van die vier entstowwe opgestel –Moderna, Pfizer, AstraZeneca en Johnson & Johnson.

Noorweë veral het dit duidelik gemaak dat dodelike bloedklonte met AstraZeneca-entstof verbind word. Terwyl feitlik alle sterftes ná inenting tot dusver as toevallig afgemaak is, selfs wanneer dit by gesonde individue in hul twintigs en dertigs voorkom, het dokters van die Oslo-universiteitshospitaal nou aangekondig dat ernstige bloedstollingsversteurings ervaar word deur talle ontvangers van die AstraZeneca-entstof.

'n Artikel in Science Norway van 18 Maart 2021 lui soos volg:

'' Ons teorie dat dit 'n kragtige immuunrespons is wat deur die entstof veroorsaak word, is bevestig,” sê professor en hoofarts Pål Andre Holme. Drie Noorweegse gesondheidswerkers onder die ouderdom van 50 is in die hospitaal opgeneem met akute pyn, bloeding en lae bloedplaattelings; een het sover gesterf.

“In samewerking met kundiges in die veld van die Universiteitshospitaal van Noord-Noorweë HF, het ons spesifieke teenliggaampies teen bloedplaatjies gevind wat hierdie reaksies veroorsaak, en wat ons ken uit ander medisyne, maar dan met die medisyne as oorsaak van die reaksie,” verduidelik Holme.

“Niks anders nie as die entstof kan die oorsaak wees waarom hierdie individue hierdie immuunrespons gehad het,” sê hy. Op die vraag hoe Holme kan weet dat die immuunrespons nie deur iets anders as die entstof veroorsaak word nie het hy geantwoord:

“Daar is niks in die pasiëntgeskiedenis van hierdie individue wat so 'n kragtige immuunrespons kan gee nie. Ek is vas oortuig dat die teenliggaampies wat ons gevind het, die oorsaak is, en ek sien geen ander verklaring as dat dit die entstof is wat dit veroorsaak nie.”

Op dieselfde dag wat die drie werkers in die hospitaal opgeneem is, 18 Maart, berig die Europese Medisyne-agentskap dat die AstraZeneca-entstof 'veilig en effektief is, en dat die voordele van die entstof swaarder weeg as die risiko's. Hierdie verslag is deur CNBC uitgesaai om die bekommernis oor die entstof te besweer, ondanks bewyse dat dit dodelik is. Só word daar vir die publiek in elke land gelieg oor die hele virus- en inenting-sage.

Intussen het Norway Today op 22 Maart 2021 berig dat die Noorse Medisyne-agentskap twee nuwe verslae ontvang het oor bloedklonte met dodelike gevolge net na inenting met die AstraZeneca-entstof. Een van die twee sterfteslagoffers was 'n gesondheidswerker.

In ‘n artikel in die Duitse Spektrum op 19 Maart 2021 verskyn ‘n berig wat Holme se bevindings in Noorweë verder gewig gee. Dit lui deels: “Die gevolge van die inentings met die AstraZeneca-entstof is vermoedelik die gevolg van 'n spesifieke immuunrespons wat bloedplaatjies aktiveer en sodoende trombose veroorsaak. Dit kom in baie besonderhede ooreen met 'n heparien-geïnduseerde trombositopenie (HIT) tipe 2 waarin teenliggaampies teen 'n proteïenkompleks gevorm word in verband met heparien, wat weer reageer op 'n reseptor op die bloedplaatjies ...” Hierdie voorlopige gevolgtrekking word gemaak deur 'n werkgroep met leier dr Andreas Greinacher van die Universiteitshospitaal Greifswald.

Die span het die ooreenkoms van trombose met HIT in die bloed van vier pasiënte met trombose in die sinus uitgewys. “Teenliggaampies vorm blykbaar teen 'n heparienkompleks en die seinmolekule PF4, wat op hul beurt met die reseptor CD32 van die bloedplaatjies in wisselwerking tree en dit sodoende aktiveer. Dit veroorsaak die stollingsversteuring wat tot die trombose lei. Die teenliggaampies wat in die ingeëntes geproduseer is, stem baie ooreen met dié wat in HIT gevind is,” het Greinacher op 'n nuuskonferensie gesê.

Volgens The Associated Press het resultate van proewe in die Verenigde Koninkryk, Brasilië en Suid-Afrika, waar 'n 'vervaardigingsfout' daartoe gelei het dat sommige deelnemers slegs die helfte van hul eerste dosis ontvang het, glo gewys dat die entstof 70% effektief was.

Dié leuen het net die volgende dag, 23 Maart 2021, ontvou toe die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Allergieë en Infeksiesiektes (NIAID) 'n verklaring uitreik en sê dat die Data and Safety Monitoring Board (DSMB) hulle in kennis gestel het dat die inligting van AstraZeneca verouderde inligting bevat wat die doeltreffendheid daarvan twyfelagtig laat. So lui die berig in The Defender:

In sy mees onlangse gegewens het AstraZeneca nagelaat om belangrike inligting in te sluit, soos die aantal deelnemers wat ernstige COVID ontwikkel het. Ruud Dobber, president van AstraZeneca, het tydens 'n onderhoud op CNBC gesê dat die getal '5' was. Ons doen 'n beroep op die maatskappy om saam met die DSMB te werk om die effektiwiteitsdata te hersien en te verseker dat die mees akkurate, bygewerkte effektiwiteitsdata so vinnig moontlik bekend gemaak word," het die NIAID in sy verklaring gesê.

Maar hoor hoe dr. Anthony Fauci, wat aan die hoof staan van die NIAID, die leuen verdedig: "Dit is regtig wat mens 'n ongedwonge fout noem, dit is heel waarskynlik 'n baie goeie inenting. As u na die data kyk, is dit regtig goed.”

Dit is egter nie die eerste keer dat AstraZeneca uitgedaag word oor die hantering van data nie. Dr Julian Tang, 'n viroloog aan die Universiteit van Leicester, het reg in die begin die kat uit die sak gehaal: “Met die manier waarop hulle hul data vroeër hanteer het, het AstraZeneca hulself in die voet geskiet. AstraZeneca het kritiek oor sy navorsing ontvang sedert die eerste data wat in die Verenigde Koninkryk bekendgemaak is, wat beweer het dat die entstof 70% effektief was, maar nie 'n vervaardigingsfout kon verklaar nie en nie genoeg deelnemers ouer as 65 gehad het om effektiwiteit onder ouer pasiënte te bepaal nie. ... ”

Maar ten spyte van kommer oor die verkeerde hantering van data en twee onafhanklike ondersoeke wat onomwonde bewys het dat groot skade aan die mensdom gedoen gaan word, keur die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Europese Medisyne-agentskap inenting met AstraZeneca goed en moedig hulle alle lande aan om dit te gebruik vir die voordele daarvan.

Maar wat presies is die voordele? U kan steeds die virus opdoen. U kan steeds die virus versprei. Al wat u beloof word, is dat u tydens besmetting minder simptome sal ervaar en dit is nie eers gewaarborg nie. Die risiko van hospitalisasie en dood verhoog egter drasties. Dit te midde van ‘n sogenaamde inenting wat in waarheid geen entstof is nie maar ‘n geenterapie genoem moet word terwyl dit die lewens van miljoene mense kan vernietig.

Wat meer is, COVID-19 is eintlik net 'n ernstige risiko vir die bejaardes en mense met twee of meer siektetoestande. Vir die res is die dodelikheid gelyk aan die gewone griep. Dit kan verskil wat simptome en komplikasies betref, maar die werklike risiko’s is ongeveer dieselfde.

Data het getoon dat die algehele sterftesyfer van infeksies vir alle ouderdomsgroepe 0,26% is. As u jonger as 40 is, is u risiko om aan COVID-19 te sterf as u besmet raak, net 0,01%.

Die belangrikste verskil tussen die besmetting deur COVID-19 en ontvangs van die entstof is dat die virus diegene wat oud, siek en verswak is, kan laat sterf, terwyl defnitiewe verslae toon dat die entstof jong en gesonde mense doodmaak. Vanuit hierdie perspektief hou die argument dat die voordele van die entstof swaarder weeg as die risiko's, eenvoudig nie water nie. Daarby is ewe-effekte 3 keer meer algemeen by diegene wat voorheen besmet is. Volgens navorsers van King's College het mense wat reeds COVID gehad het, drie keer meer kans om newe-effekte van entstowwe te ervaar as diegene wat nie aan die virus blootgestel was nie, en dit blyk waar te wees vir beide mRNS- en DNS-weergawes van die entstof. Hierdie inligting is opgevolg uit die ZOE-app van die kollege, wat meer as 700 000 inentings aangeteken het. Volgens die gegewens het 35,7% van diegene wat die Pfizer-entstof gekry het wat voorheen besmet was, newe-effekte gerapporteer, vergeleke met net 12,2% van diegene wat nie voorheen besmet was nie.

As ons spesifiek na die AstraZeneca-entstof kyk, het 52,7% van die voorheen besmettes newe-effekte gehad, vergeleke met 31,9% van diegene wat nog nie voorheen besmet was nie.

In Januarie 2021 stuur dr. Hooman Noorchashm, 'n hartchirurg en pasiëntadvokaat, 'n openbare brief aan die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasiekommissaris waarin hy die risiko's uiteensit om individue in te ent wat voorheen met SARS-CoV-2 besmet is, of wat 'n aktiewe SARS-CoV-2 infeksie het:

“Ek dink dit is 'n dramatiese fout om die entstof in 'n eenderse paradigma te probeer plaas. Natuurlike virale antigene duur maande in die weefsels van die besmette persoon. As die entstof te vroeg ná 'n natuurlike infeksie gebruik word, of erger nog tydens 'n aktiewe infeksie, aktiveer die entstof 'n kragtige immuunrespons wat die weefsel aanval waar die natuurlike virale antigene nog voortduur. Ek stel dit aan u dat dit die oorsaak is van die hoë vlak van nadelige voorvalle en sterftes wat ons sien in die pas geïnfekteerde inentings. '

So kan ons voortgaan om talle waarskuwings teen inenting aan te haal maar steeds wil die WGO en sy meelopers nie gehoor daaraan gee nie. Menselewens is eenvoudig niks meer werd nie. Die eksperimentele fase van entstowwe sal uitbrei en aanhou terwyl daar vir die massas daarbuite gelieg word oor die dodelike risiko’s daarvan.   So sal die voorspellings in die boek Openbaring in die Bybel dan ook waar word en sal een derde van die mensdom sterf en die sataniese geldmagte in die wêreld hulle kragte saamsnoer om die res van die mense digitaal met ‘n ysterhand te regeer.

Dáárom bly mense se oë toe vir die waarheid van hierdie saak- God Self sluit mense se oë vir die waarheid sodat die laaste deel van die Woord in vervulling kan gaan; die Woord van God wat in suiwer waarheid geskryf is en sal waar bly tot in ewigheid. Die voorspelde drama en ellende wat in Openbaring beskryf word sal op die aangewese tyd in vervulling gaan, die hongersnood, die kernoorlog wat sekerlik die laaste en Derde Wêreldoorlog sal wees, die uitsterf van ‘n derde van alles wat asemhaal, selfs die plante, die vergiftiging van ‘n derde van alle water, ja letterlik ‘n derde van alles in die wêreld sal tot niet gaan.

Mag ons as kinders van die Here wie se oë oop is en die waarheid ken en hierdie dinge verstaan, dan die krag, moed en wysheid kry om dit reg te hanteer wanneer die tyd kom!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2911 gaste aanlyn