ENTSTOF LAAT TALLE STERF

Net soos verwag, lees ons nou elke dag hoe mense siek word en sommiges sterf as gevolg van die inenting teen die Covid-virus. En dit is maar net die begin. Hierdie spel wat die Internasionale Geldmag speel om homself verder te verryk is besig om die lewens van miljoene mense wêreldwyd permanent te vernietig.

In Suid-Korea het die eerste week van die inentings reeds groot ontnugtering meegebring toe dit tot sewe sterftes en 2,800 aangemelde newe-effekte gelei het. Duisende mense is reeds siek van die inspuitings en die Suid-Koreaanse agentskap vir siektebeheer en -voorkoming (KDCA) is besig om ondersoek in te stel na die sogenaamde “veilig en effektiewe” entstof van AstraZenica.   Die grootskaalse inentingstog in Suid-Korea begin egter eers volgende maand wanneer 5 miljoen dosisse die land ingevoer word.

In Oostenryk het die Die Oostenrykse Federale Kantoor vir Veiligheid in Gesondheidsorg (BASG) die inentingsproses gestaak sodat daar eers ‘n deeglike ondersoek kan plaasvind na die dood en aangemelde newe-effekte by verskeie mense wat die inspuiting ontvang het. Van die newe-effekte is onder andere ernstige bloedstollingsprobleme en bloedklonte in die longe.

In Israel heers daar totale chaos en paniek noudat die streng inentingmaatreëls op die bevolking afgedwing word. Matrikulante mag byvoorbeeld nie eksamen gaan skryf indien hulle nie die inenting ontvang het nie. Intussen sterf daar hope mense en duisende is dodelik siek van die inspuitings. Ouers is histeries oor hulle kinders wat nêrens in publieke plekke toegelaat word indien hulle nie die inenting ontvang het nie terwyl hulle dodelik siek word en talle daarvan sterf.

In Duitsland is daar ‘n groot groep regslui besig om in ‘n saak die Geldmag en sy handlangers van misdryf teen die hele mensdom aan te kla. Of hulle enige iets daarmee sal bereik sal die tyd moet leer; minstens sien en verstaan hierdie groep regskenners wat werklik aan die gang is en hoe die Geldmag die mensdom belieg en mislei oor die sogenaamde Covid-pandemie.

Intussen doen die media presies wat hy nog altyd doen deur soveel leuens te versprei en diegene wat die waarheid in die ope probeer bring, van “fake news” te beskuldig, presies wat hulself doen! Oor Israel word daar berig dat dinge nou baie goed gaan vandat die inentings begin het, dat die besmettingsyfers gedaal het, dat skole na twee maande nou weer oop is en dat almal weer vryelik mag rondbeweeg, kamma een groot verligting van die toestand. Nie ‘n woord word gerep van die totale chaos en paniek of die siektes of die sterftes nie.

So is beplan vir elke land om sy beurt te kry om hierdie soort chaos te ervaar, ook Suid-Afrika. Die ontnugtering sal groot wees en talle mense se oë laat oopgaan wanneer hulle dit eerstehands beleef. Maar dan sal dit baie laat in die dag wees...

Laat ons ophou om die media se leuens te glo, en veral hulle stilswye oor belangrike sake te wantrou; doen u eie navorsing en word ‘n ingeligte burger van hierdie land sodat ons nie hierdie vernietigingspad hoef te stap nie.

Ontwaak en dink ‘n slag vir uself!