Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hemelse Vader, ek het al so baie keer probeer om heilig te lewe maar ek kry dit nie reg nie. Soos Paulus moet ek bely dat ek graag die goeie wil doen. Vergewe my dat ek so lief is vir myself en so besig is met my eie dinge dat daar maar min tyd oorbly vir U en die mense wat my nodig het. Help my om heilig te lewe sodat ek sal doen wat U wil hê.
DIE VARKGRIEP- BEDROG VAN 1976
Hier in Suid-Afrika kan ons juis nou iets van uiterste belang leer uit die varkgriep-fiasko wat in 1976 in Amerika plaasgevind het.
Onder die voorwendsel van ‘vrees vir 'n herhaling van die 1918-Spaanse griep-pandemie’, is die VSA-regering se propagandamasjien voorgesê om tot aksie oor te gaan en het die media tot vervelens klem daarop gelê dat alle Amerikaners ingeënt moes word - soos wat binnekort weer vir hulle en vir die hele wêreld voorlê, ook vir ons.
Volgens die program '60 Minutes' is 46 miljoen Amerikaners in daardie stadium teen die varkgriep ingeënt. Die varkgriep-entstof is nie behoorlik vir veiligheid of doeltreffendheid getoets nie; dit is ook inderhaas bymekaargestel/ontwikkel net soos dit nou met die Covid-19-entstowwe die geval is. Almal het geweet dat dit skadelike bymiddels bevat en tog het soveel mense die inenting geneem. Gedurende die volgende paar jaar het duisende Amerikaners eise teen die federale regering ingedien vir skade gely, soos deur Smithsonian Magazine in 2017 berig:
“In die lente van 1976 het dit deur die mond van die media geklink of griep daardie jaar ‘n groot bedreiging inhou. Maar dit was toe nie so nie en die oorhaastige reaksie het gelei tot 'n massiewe mediese debakel wat nooit verdwyn het nie.
“Sommige van die Amerikaanse publiek se huiwering om weer entstowwe te ontvang – veral die griep-entstof – kan toegeskryf word aan die langdurige gevolge van die mislukte veldtog in 1976 om die publiek massa-inentings toe te dien teen 'n stam van die varkgriepvirus,” skryf Rebecca Kreston vir Ontdek.
“Hierdie veldtog wat deur die regering gelei is, is in die algemeen beskou as 'n debakel en het vertroue in toekomstige openbare gesondheidsinisiatiewe geskaad, asook die publiek se persepsie van sowel die griepinenting as die griepinspuiting.”
'n Gedeelte van ‘n verslag van 1981 deur die Amerikaanse Algemene Rekeningkundige Kantoor aan senator John Durkin, D-N.H., lui soos volg:
“Vóór die varkgriep-inentingsprogram was daar relatief min eise teen die regering as gevolg van entstowwe. Sedert 1963 het die rekords van die Openbare Gesondheidsdiens getoon dat slegs 27 eise (wat nie oor varkgriep handel nie) ingedien is.
“Op 31 Desember 1979 het ons egter bevind dat 3 839 eise en 988 regsgedinge teen die regering aanhangig gemaak is waaronder beserings, dood en ander skade as gevolg van die 45 miljoen varkgriep-inentings wat tydens die duur van die program toegedien is.
“'n Beampte van Justisie het ons meegedeel dat daar vanaf 2 Oktober 1980 3 965 eise en 1 384 regsgedinge aanhangig gemaak is. Van die 3 965 eise wat ingedien is, het die amptenaar van Justisie gesê dat 316 eise vir ongeveer $ 12,3 miljoen vereffen is ... ”
Ja, in ‘n land soos Amerika word daar darem soms deur die regering finansiëel opgedok vir sy foute, maar in Suid-Afrika kan ons dit maar vergeet, nie dat geld u gesondheid kan terugkoop nie. Behalwe talle ander redes waarom niemand in Suid-Afrika sulke soort vergoeding sal ontvang nie is daar eenvoudig net nie die geld daarvoor nie – die ANC-regime met sy korruptiewe aard het dit reeds verteer en wag daar nou ook 'n totale ekonomiese ineenstorting op ons.
Die verwoestende newe-effekte van die Pandemrix-entstof op Amerikaners was ‘n groot skok vir hulle. Niemand het verwag dat 'n griep-entstof genetiese gevolge sou hê nie. En nou gaan die volgende entstof, hierdie keer teen Covid, aan ons almal afgedwing word; die regerings sal sorg dat die mRNA ingespuit word om elke sel in jou liggaam die SARS-CoV-2-piekproteïen te laat produseer – as dit maar net daar gebly het...
Dit lyk heeltemal dwaas om nie te aanvaar dat daar beduidende fatale gevolge sal wees nie. Genetiese veranderinge in die mens as gevolg van die inenting is hoogs waarskynlik. Miskien selfs transhumanistiese mense soos in die artikel IS TRANSHUMANISME ONVERMYDELIK? beskryf.
Die varkgriep-hoax van 1976 behoort vir ons baie leersaam te wees aangesien dit die lang geskiedenis van massa-inentingsprogramme weer na vore bring wat altyd veel meer skade as goed veroorsaak. Die Amerikaners is oor die algemeen so in opstand oor die afdwing van inentingsprogramme dat hulle deesdae in groot getalle daarteen betoog. Sal ons hier in Suid-Afrika ook op ons regte as vrye individue aandring en die inentingsbedrog weerstaan of gaan ons soos skape in ‘n kraal gejaag word en ons gesondheid en selfs ons lewens in gevaar stel omdat ons die sataniese leuens van die geldbase vir soetkoek opeet?