VIRUSSE

Ons is die afgelope maande so gebombardeer met die virus-sage dat ons gerus kan kyk na presies wat 'n virus is, die geskiedenis daarvan en ook hoe dit funksioneer.

Virus beteken "smetstof", en dit is dus duidelik dat dit 'n stof moet wees waardeur 'n mens besmet en siek kan word. Dit geld glad nie net  vir mense nie want ook diere en plante kan deur virusse besmet word.

Vroeër jare is daar gemeen dat alle besmetlike siektes deur bakterieë veroorsaak word. Tog was daar nog aansteeklike siektes waarby nooit 'n bakterie gevind kon word nie selfs al was die lense van die mikroskoop sterk en die ondersoekmetodes slim uitgedink.

Dit was reeds lank bekend dat die tabakmosaïek-siekte van die siek plant op die gesonde plant oorgedra kan word. En hoewel baie navorsers gesoek het, het hulle nooit 'n bakterie wat die siekte kon veroorsaak, ontdek nie.

In 1892 het Iwanowski in sy laboratorium eksperimente gedoen. Hy het die sap uit 'n blaar van 'n tabakplant wat die mosaïek-siekte het gepers, en dit toe filtreer. Die bakterioloë gebruik vir sulke proewe 'n spesiale soort filter naamlik 'n "Chamberlain-kers". Dit word so genoem omdat dit die vorm van 'n kers het.

Dit is van porselein waarvan die porieë so klein is dat daar selfs geen bakterie deur kan gaan nie. In die gefiltreerde sap van die siek tabakblaar was daar nie 'n enkele bakterie nie.

Hierdie sap is op blare van gesonde tabakplante gesmeer. Dit was vir die ondersoeker verbasend om waar te neem dat die gesonde plant nou ook siek geword het. Die enigste moontlikheid was dus dat hierdie siekte nie deur 'n bakterie veroorsaak word nie maar deur iets wat nie gesien kan word nie.

Later – in 1932 – het Knoll en Ruska 'n mikroskoop gebou wat nog sterker vergroot as 'n gewone mikroskoop. Dit was die elektrone-mikroskoop wat nie met ligstrale nie maar deur middel van elektrone 'n voorwerp tot 50 000 keer vergroot - dit op 'n fotografiese plaat vaslê. 'n Gewone mikroskoop kan nie meer as 1 500 keer vergroot nie.

Met behulp van so 'n elektrone-mikroskoop is daar in gefiltreerde sap van 'n siek tabakplant baie klein kristalletjies ontdek – die mikrobes wat die tabakmosaïek-siekte veroorsaak. Dié kristalletjies is so dun dat hulle nie meer as 'n vyftigste deel van 'n klein bakterie meet nie – of omtrent 'n honderd miljoenste deel van die lengte van 'n mens! Daar is egter virusse wat nog kleiner is byvoorbeeld dié wat bek- en klouseer veroorsaak.

Maar is dit reg om die virusse 'mikrobes' te noem? Is hulle wel lewendig? Kan hulle eet? Kan hulle groei? Kan hulle voortplant?

Waaroor sekerheid is, is dat virusse vermeerder, dus moet hulle ook kan groei en gevolglik het hulle stowwe nodig waarmee hul hulself opbou – mens sou dit eet kan noem.

Nogtans, virusse kan net in lewendige weefsels vermenigvuldig, daarom kan hulle nie in 'n flessie of 'n proefbuisie gekweek word op presies dieselfde wyse as bakterieë en ander mikrobes nie. Hulle is aanvanklik net gekweek in die embrio van 'n eier, in die harsings van 'n lewendige muis of in lewendige plante. Dit beteken dus dat hulle vermeerdering nou saamhang met die prosesse in die lewende weefsels.

Die bespiegelinge dat die VIGS-virus in 'n laboratorium gekweek is het die mensdom later egter met ander oë na die moontlikheid van kunsmatige viruskweking laat kyk. Met moderne wetenskapkennis word virusse deesdae wel in laboratoriums gekweek en nou is ons ook feitlik seker dat die Covid-19-virus in een van die Geldmag se bio-chemiese wapenlaboratoriums gekweek is met die doel om mense siek te maak en veral om hulle vreesagtig te maak vir die siekte wat die virus veroorsaak.