Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Woorde is 'n voorloper van dade, in staat om verandering te bewerk. Ons regeer die wêreld met ons woorde. Die eerste vuishou wat jy iemand toedien is dikwels maar net 'n woord. As 'n mens goedpraat van ander maak jy hulle beter en dit versterk vertroue. Here, lê woorde in my mond om tot U te bid sodat U sal vreugde hê om daarna te luister.
KORONAVIRUS GEPATENTEER!
Glo dit as u wil: die CDC het al voor 2007 die koronavirus, SARS CoV, as patent 7776521 geregistreer terwyl die wet stateer dat daar slegs ‘n patent op iets wat mensgemaak is geregistreer kan word, en nooit op iets van natuurlike oorsprong soos die DNS-segmente wat in die koronavirus is nie. En sou iemand ‘n patent op ‘n virus wat mensgemaak is registreer, is dit ‘n oortreding van die biologiese wapenooreenkomste en wette, wat insluit die Biologiese Wapen-Anti-Terrorisme Wet van 1989. Die CDC besit nou die totale genetiese inhoud van die SARS-virus. So iets kan net gebeur as ‘n baie hoë hand soos die Geldmag dit afdwing. Maar, watter kant ookal daar om geredeneer word, die CDC is skuldig aan wetsoortreding al sal daar geen stappe teen hulle geneem word nie.
En omdat die CDC nou die patentereg op SARS-CoV besit, het hulle dus volle beheer oor wie navraag doen daaroor. Sonder goedkeuring mag niemand na die virus kyk, meet of toetse daarmee doen nie. Die CDC het ook ‘n eis aan die Patentekantoor gerig dat die virus se registrasie geheim gehou moet word maar onheilighede word een of ander tyd bekend. En met die patentereg het die CDC die motief en die alleenreg om die koronavirus van ‘n patogeen na wins om te skakel. Ja, watter beter rede as winsbejag kan daar nou voor wees?
Soos u weet staan CDC vir Center for Disease Control and Prevention . ‘n Mens kan dit seker in Afrikaans vertaal as Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming (SSV) maar dan sal die meeste nie weet waarvan daar gepraat word nie; in hierdie artikel hou ons dus by CDC.
Dit is ‘n wêreldwye organisasie met takke in die meeste lande waarvan Amerika natuurlik die toonaangewer is. Die CDC het in 1989 in Suid-Afrika begin werk toe VIGS die ergste siekte was wat ons land beleef het. In 1995 het hulle ‘n amptelike kantoor geopen en hulle tyd ook begin wy aan navorsing oor tuberkulose. Die afgelope tyd is hulle vanselfsprekend nou betrokke by die Covid-19-sage.
Laat ons net weer duidelikheid kry oor die benaminge van die virusse en siektes wat dit veroorsaak. Die naam koronavirus is ‘n algemene term. Die CDC het patentereg op die totale koronavirus geregistreer naamlik SARS-CoV, wat staan vir Severe acute respiratory syndrome=SARS, Co=corona,V=virus . Hulle het dus alleenreg op alle vorme daarvan. As voorbeeld van virusse en hul siektes: MIV (Menslike Immuniteitsgebrek Virus) is die virus wat die siekte VIGS (Verworwe Immuniteitsgebreksindroom) veroorsaak. So is masels die siekte wat deur die virus, rubeola, veroorsaak word.
Covid-19 is een van die siektes wat deur die koronavirus veroorsaak word. Covid-19 staan vir: Co=corona, vi=virus, d=disease, 19=die jaar waarin dit ontstaan het. Dit word ook genoem SARS CoV-2. So is SARS CoV-2 en SARS CoV-1 twee effens verskillende siektes wat beide deur die koronavirus veroorsaak word.
Alle korrek-ingeligtes weet dat die sogenaamde Covid-pandemie ‘n mensgeskepte situasie is. As u van die ander artikels onder Die Virus-Kabaal lees sal u verstaan waaroor dit werklik gaan, in breed dat die Geldmag besig is om ‘n Eenwêreldregering tot stand te bring waarin hy die hele wêreldbevolking digitaal in slawerny sal beheer. Organisasies soos die CDC wat veronderstel is om mense se gesondheid eerste te stel word binne hierdie korrupte stelsel opgeneem om die vuil werk selfs op ‘n onwettige wyse te help uitvoer en hulself daarmee te verryk. Dit alles ten koste van mense se gesondheid en voortbestaan.
Hierdie dade van die verveelde superrykes van die wêreld spreek duidelik wie hulle god is, dat Satan hulle gebruik om die wêreld boos en siek te maak. Maar hierdie mense weet duidelik ook dat daar ‘n God is wat alles aanskou en niks ongestraf laat nie. Daarom dat van hulle so bang is om te sterf: op 28 April 2015 het die triljardêr David Rockefeller op die ouderdom van 99 sy 6e hartoorplanting op die familielandgoed in Pocantico Hills, New York, met dié verskoning ondergaan:
“Every time I get a new heart, it is like the breath of life is swept across my body. I feel reenergized and alive.”
En verlig oor die bietjie uitstel van die ewige straf wat wag...