Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het ons nie die lewe gegee om dit so ver as moontlik uit te rek nie. Hy het ons die lewe gegee as ʼn geleentheid om vir die ewigheid voor te berei.
VIRUS-INENTING BINNEKORT AAN ONS AFGESMEER
Sê soos een man NEE hiervoor!
"… ontbloot die bestaan van ‘n onsigbare regering wat propaganda gebruik om die psige van die publiek te manupileer om sodoende seker te maak hulle behou die mag om hulle duistere doel met die publiek te bereik”. Uit Edward Bernays (1928) se boek "Propaganda".
Die meeste mense in die wêreld is al bietjie laer af as keelvol vir die Covid-sage. Nog is dit met ons, en vir lank gaan dit met ons bly want dit is net die begin van die proses om die hele wêreld onder die beheer van die komende Eenwêreld Regering te plaas. Hosea 4:6 waarsku ons dat ‘n volk ondergaan as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Of ons nou keelvol is of nie, ons moet onsself vergewis met wat die Geldmag vir ons beplan anders sal die verrassingselement daarvan te veel wees om reg te hanteer.
Soos ons weet is Amerika altyd die voorloper en huisves ook die meeste van die superrykes wat die planne teen die bevolking (hulle noem ons “the mob”) smee. Daarom is hulle ook nou die eerste om bekend te maak dat hulle ‘n “oorweldigende reklameveldtog” oor intenting teen Covid in November gaan loods. Wat ons egter moet weet is dat hierdie sielkundige oorlog, want dit is wat dit is, na elke land, ook Suid-Afrika, uitgebrei gaan word en dat ons die slagoffers daarvan gaan wees. Daarom is dit so belangrik ons dat betyds hiervan kennis neem.
Die entstof is nog nie gereed nie maar die marionettemeesters weet dit is belangrik om die “noodsaak” van inenting nou reeds by die bevolking tuis te bring sodat “the mob” nie sal teëstribbel wanneer die tyd aanbreek nie. Voorlopig wil hulle dit nie met wetgewing afdwing nie maar ‘n veel kragtiger metode gebruik deur op die psige van die mens te konsentreer.
"’n Werklik effektiewe globale staat is een waarin die magtige politieke meesters en hulle beherende weermag ‘n totale bevolking van slawe beheer oor hulle van hulle slawerny hou, nie oor hulle gedwing word nie”. Aldous Huxley's 1932, "Brave New World”.
Die sukses van die saak is vir hulle so belangrik dat die hele ‘tuisbring-proses’ by Yale Universiteit nagevors is. Die ideaal uit hierdie navorsing is dat alle mense vrywillig en bitter graag die inenting sal ontvang. Die advertensieveldtog moet so suksesvol bedryf word dat mense volkome vertroue in die entstof sal hê en ook almal rondom hulle sal aanmoedig om dit te ontvang. Daar moet sover gegaan word dat diegene wat nie die inenting wil hê nie, geïsoleer word en dat diegene wat dit ontvang het, ‘n doodsvrees moet ontwikkel vir dié wat dit nie ontvang het nie. Die uiteinde moet wees dat daar ‘n stigma ontstaan aan diegene wat die entstof weier, en hulle uit die samelewing uitgesluit word.
So word daar nou in Amerika geadverteer: “You may not hear a lot about promoting vaccines over the airwaves in August and September but you'll be overwhelmed by it come November." Dit sal binnekort ook in ander lande deur die hoofstroommedia uitgesaai word.
Ons kan aanvaar dat ons hier in Suid-Afrika kort daarna net so oorweldig gaan word met al die breinspoelingadvertensies vir inenting teen Covid-19 . Daaroor is so intensief nagevors dat 4,000 deelnemers ingespan is. Elkeen het drie van die opgestelde advertensies gekry om te memoriseer. Na ‘n sekere tyd is al die deelnemers se gewilligheid om inentings te ontvang met mekaar vergelyk. Die groep wat die meeste gewillig was om na drie maande en weer na ses maande ingeênt te word, se advertensies is as die suksesvolste beskou. (Terloops, eerskomende Maandag begin Suid-Afrika met navorsing om ‘n entstof te ontwikkel. Sowat 2,600 proefkonyne is daarvoor geïdentifiseer).
Klassifikasies van die breinspoelingadvertensies om mense te oorreed om inentings te ontvang is soos volg:
PERSOONLIKE VRYHEIDSBOODSKAP
Dit is ‘n boodskap wat verklaar hoe Covid mense se persoonlike vryheid aan bande lê, en hoe die samelewing deur saam te werk om ander aan te moedig om ingeênt te word, mense se persoonlike vryheid kan waarborg.
EKONOMIESE VRYHEID
‘n Boodskap oor hoe Covid mense se ekonomiese vryheid inperk, en hoe die bevolking deur almal saam te werk ander mense sover kan bring om ingeênt te word sodat hulle ekonomiese vryheid beskerm kan word.
EIE BELANGE-BOODSKAP
‘n Boodskap dat Covid ‘n werklike gevaar vir ‘n persoon se gesondheid inhou selfs al is die persoon jonk en gesond, en hoe inentings teen Covid die beste manier is om te keer dat ‘n persoon siek word.
GEMEENSKAPSBOODSKAP
Hierdie advertensie gaan oor die gevare van Covid vir ons geliefdes se gesondheid. Hoe meer mense inentings daarteen ontvang, hoe laer sal die risiko wees dat ons geliefdes siek sal word. Die gemeenskap word aangemoedig om saam te werk om almal te laat inent.
EKONOMIESE VOORDEEL-BOODSKAP
‘n Boodskap oor hoe Covid chaos aan die ekonomie aanrig en dat die enigste manier om die ekonomie te versterk sal wees as almal saamwerk om almal te laat inent.
GEWETENSBOODSKAP
Hierdie advertensie is daarop gemik om eerstens die gevare van Covid vir ons families en gemeenskap uit te wys, en dat die enigste manier om hulle te beskerm sal wees om hulle oor te haal tot inenting. Dan volg tien vrae wat begin met: “Hoeveel skuld sal diegene dra wat die entstof nie wou hê nie en dan ander mense aansteek...?”
VERLEENTHEIDSBOODSKAP
Natuurlik begin hierdie advertensie weer met die gevare van Covid vir ons familie en gemeenskap, en dat die beste manier om hulle te beskerm is om almal saam te werk en seker te maak dat almal ingeênt word. Dan word gevra of mens jou die verleentheid kan indink as jy nie die inenting wil ontvang nie en dan ander mense aansteek.
WOEDE-BOODSKAP
Weer eens word oor die gevare van Covid teen families en gemeenskappe gesanik, en weer word almal gevra om saam te werk om seker te maak dat almal ingeênt word. Dan word gevra of mens jou kan indink hoe kwaad jy sal voel as ander nie die entstof wil kry nie en die siekte daarom versprei.
VERTROUE IN WETENSKAP
Hier word vertel hoe effektief die inentingsprogram sal werk om jou gemeenskap te beskerm aangesien die entstof wetenskaplik gebaseer is. Wanneer jy nie ingeênt wil word nie word jy wysgemaak dat jy niks van die verspreiding van infeksies weet nie of jy is een van die wat die wetenskap ignoreer.
DIE DAPPER- EN PAPBROEK-BOODSKAP
In hierdie advertensie word uitgebrei hoe dapper die dokters, voorste linie-gesondheidswerkers en selfs brandweermanne is; en dat jy ook dapper moet wees om jou gemeenskap te help red en hoe papbroekig dit sal wees as jy nie ingeênt wil word nie.
U kan sien dat daar in al hierdie advertensies op die gemeenskap sielkundige druk uitgeoefen word om mekaar tot inenting te oortuig. Die saak is van alle kante benader om die denkwyse van elke persoon te beïnvloed. Alles van hierdie advertensieveldtog gaan oor manupilasie en emosionele drukknoppies wat verseker alle logika gaan oorheers. Die mens se psige is so deeglik deur hierdie skurke bestudeer dat die meeste mense daardeur gebreinspoel sal word.
Daar word reeds in die VSA geadverteer hoe patrioties dit sal wees om die inenting te ontvang. Dus is hierdie hele Covid-sage ‘n politiese poging met ‘n politieke agenda soos ons al so dikwels geskryf het. Lees gerus die artikels by Die Virus-Kabaal indien u nie ingelig is oor die motiewe agter die hele Covid-sage nie.
Wat u ookal gaan besluit omtrent die inenting teen Covid, probeer tog ander mense se besluite aanvaar sodat die satan nie sy sin kry en ons teenmekaar laat opstaan nie. Hierdie veldtog gaan verseker probeer om ons te manupileer tot groot vrees en vyandskap vir diegene wat nie daardie inenting wil kry nie. Hopelik sal die wete dat u gemanupileer word tot versagtende omstandighede in ons land lei. Daarom is dit so belangrik dat u kennis dra van hierdie poging om van die wêreldbevolking slawe en uiteindelik dienaars van die satan te maak!