Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Volharding maak die onmoontlike moontlik, die moontlike waarskynlik en die waarskynlike ‘n feit. Geen waterdruppel kan deur geweld ‘n gaatjie in ‘n rots maak nie; slegs deur ‘n aanhoudende gedrup daarop.
COVID ‘N SKUIWERGAT VIR MOORD
- Waarom sal ‘n goeie hospitaal nie hulle Covid-19-pasiënte skei van ander wat nog nie eers getoets is nie en hulle almal saam in sale druk waar besmette pasiënte die ander verseker gaan aansteek?
- Waarom lys die mediese personeel diegene wat negatief getoets het as positief en plaas hulle voor die voet op meganiese ventilators waar die pasiënte so erg longskade opdoen dat hulle sterf?
- Waarom word pasiënte met ander siektes soos hoë bloedsuiker noodlottige medikasie gegee, teen hul sin vasgebind en summier op ‘n ventilator geplaas wat op geen stadium van die siekte van hulp is nie?
- Waarom word eerstejaar mediese studente sonder toesig op Covid-19-pasiënte met volle outoriteit losgelaat terwyl hulle niks van die behandelingsprosedures weet nie?
Voor ons by antwoorde kom, laat ons hoor wat Erin Marie Olszewski, ‘n verpleegster wat sowat vier maande lank Covid-19-pasiënte in die Elmhurst Hospital Center in Queens, New York, verpleeg het, in haar boek "Undercover Epicenter Nurse: How Fraud, Negligence, and Greed Led to Unnecessary Deaths at Elmhurst Hospital," oor die gebeure daar skryf.
Erin vertel:
In Elmhurst was mediese nalatigheid en moedswilligheid die norm. Soos die virus-pandemie erger geword het met New York wat op daardie tydstip ‘n warm virus-patat was, was gekwalifiseerde verpleegsters hoog in aanvraag.
Toe ek die eerste dag gaan kyk hoe dit daar lyk, was die eerste vreemde ding dat elkeen daar op ‘n ventilator was.
Dit het my slegs een werkskof geneem om te besef dat alles in absolute chaos is, en nie oor daar te min personeel was nie; daar was meer as genoeg en ongeveer nog 2 000 verpleegsters het in hotelkamers gewag om te hoor of hulle aanstellings sou kry. Ek self moes 18 dae wag voor ek finaal aangestel is.
Die chaos was as gevolg daarvan dat niemand kon omgee wat gebeur nie. Familie van die siekes was nie toegelaat nie en almal het geweet dat niemand in die moeilikheid sou kom nie al doen hy ook wat verkeerd. Dokters en verpleegsters was van mening dat almal daar in alle geval sou sterf, so wat sou dit saak maak wat jy doen of nie doen nie?
Daarby was elke siek mens op ‘n ventilator; die pasiënte kon dus nie hulle eie mening lug nie en moes maar tevrede wees met die vrot behandeling wat hulle kry.
Die roetine van meganiese ventilering op elkeen wat daar aangemeld het was so goed soos ‘n doodsvonnis. Teen die tyd dat ek by Elmhurst begin werk het in April, het dokters van oral in die wêreld reeds dié behandeling bevraagteken. Hulle was binne weke vanaf die begin van die pandemie oortuig dat die ventilators meer kwaad as goed doen, soos dit ook in Elmhurst bewys is. In vier weke het ek slegs een pasiënt gesien oorleef wat op ‘n ventilator was en dit was net omdat sy verdowingsmedikasie nie baie effektief gewerk het nie en hy homself van die ventilator losgemaak het. In die eerste plek het hy geen simptome gehad wat ‘n ventilator geregverdig het nie en is soos die meeste ander teen sy wil daar gekoppel.
Die personeel daar het almal geweet dat ‘n ventilator die dood beteken. Ek het binne die eerste week met ‘n prokureur hieroor gaan praat waarna ek stilletjies die gebeure begin afneem het. Ek sou dit nodig kry as ek die publiek wou oortuig van die waarheid. Maar ek het so alleen in die saak gevoel dat ek van my vorige verpleegvriende hieroor ingelig het. Een was so onsteld dat sy ‘n video gemaak het wat wyd versprei is. Sy is amper gestenig deur almal wat dit gesien het. Sy het doodsdreigemente ontvang en is beskuldig dat sy die feite self opgemaak het.
Ek het besef ek sal met ‘n lewendige video en goeie regshulp die saak moet aanpak as ek daarmee êrens wil kom. Ek het toe al reeds aan personeel so bietjie hoër op in bevel vrae gevra maar telkens dieselfde antwoord gekry: “Bly stil of jy word ontslaan.” Toe vind ek uit dat baie verpleegsters vir dieselfde rede ontslaan is. Mens word as ‘n moeilikheidmaker beskou as jy vir jou pasiënte in die bresse tree.
My prokureur het my later voorsien van ‘n spioenbril wat ‘n video van die werklike toestande kon neem. Dit het ooreengekom met wat ek in my verklaring geskryf het en daarom is dit later nie bevraagteken nie. Die skuldiges behoort aanspreeklik gehou te word vir hulle dade want in ons mediese professie is ons veronderstel om met integriteit en deernis op te tree.
Erin Olszewski het dikwels met van haar medepersoneel oor die toestand gepraat en selfs van die gesprekke opgeneem omdat sy bang was sy word beskuldig dat slegs sy van mening is dat daar groot fout is. Die meeste van die ander het net soos sy gevoel maar was bang om dit hardop te sê.
Erin het in haar verslag daarop gewys hoeveel sterftes as gevolg van nalatigheid deur die eerstejaar-studente plaasgevind het wat veel minder kennis as die verpleegsters gehad het. Maar hulle ego’s was van so aard dat verpleegsters hulle nie durf aangespreek het wanneer hulle met die aarvoeding en die ventilators gepeuter het nie. Hulle houding was dié van “ons sal eksperimenteer so veel ons wil”, wat presies is wat dit was. Hulle het volle outoriteit gehad om te doen soos hulle goeddink. Erin vertel van ‘n geval wat haar bitterlik ontstel het:
Alle Covid-negatiewe gevalle is gelys en behandel soos positiewe gevalle. Een van hulle, ‘n man wat kom hulp vra het met sy hoë bloedsuiker, is ‘n klomp psigiatriese dwelms ingegee wat sy bloedsuiker aanhoudend laat bly styg het. En in plaas daarvan om hom te behandel is hy summier op ‘n ventilator in die Covid-Intensiewe sorg geplaas, iets totaal ongehoord! Hy was so kwaad en aggressief dat ‘n paar eerstejaar mediese studente hom styf aan die bed vasgebind het, wat hom nog kwater gemaak het. Ek was besig om hom te probeer kalmeer toe een van die studente weer inkom en gedreig het om ‘n pyp in sy longe te plaas as hy nie stilbly nie. Al wat ek kon vra is ‘Waarom doen julle dit? Hy het dit mos nie nodig nie!’ Soos al die mense op ventilators het hy dit ook nie oorleef nie.
Erin vertel ook van die roetine om vir elke pasiënt wat dit so verkies het, ‘n Geen Resussitasie-opdrag in sy mediese lêer te plaas. Daar was ‘n medikus aan diens wat gespesialiseer het in die terugbring van persone wat gesterf het, en wanneer so ‘n opdrag in ‘n pasiënt se lêer geplaas is, is daar nie probeer om hom te resussiteer nie. Hierdie dokter het talle male gestorwenes wat nié hierdie opdrag in sy lêer gehad het nie, geïgnoreer en nie probeer terugbring nie. So is baie mense oorlede sonder dat sy laaste wens gerespekteer is.
Eindelik het Erin gehoor van die finansiële vergoeding wat die hospitaal kry wanneer ‘n pasiënt as Covid-positief gelys word. Sy kon aanvanklik nie verstaan waarom Elmhurst feitlik ‘n Covid-hospitaal geword het nie; daar is geen ander behandelings meer toegepas nie, die Covid-sale was soos sardientjieblikkies ingepak van siek mense en die res van die hospitaalsale was meesal leeg. Sy was verlig om hierdie antwoord op die onverklaarbare, onmenslike toestande wat daar geheers het, te vind:
Uiteindelik het ek verstaan waarom iets so ongehoord en amper barbaars in Elmhurst plaasvind: daar was ‘n finansiële vergoeding van $13,000 aan die hospitaal vir elke Covid-pasiënt, en daar is vir elkeen wat op ‘n ventilator geplaas is $39,000 aan die hospitaal betaal. Hoe die geld verdeel word weet ek nie maar uit die argelose houdings van die dokters en studente wil ek glo dat hulle almal daarin deel.
Uiteindelik is Erin afgedank. Daar is steeds petisies aan die gang om haar verpleeglisensie weg te neem.
Toe Erin se videos op sosiale media begin wys het die sterftesyfer in Elmhurst dramaties afgeneem. Daarna het sy ‘n uurlange onderhoud in ‘n reeks "Perspectives on the Pandemic" gevoer wat deur 1.4 miljoen mense op internet gelees is. Hierna het die totale sterftesyfers in al New York se hospitale drasties gedaal.
As u meer wil lees oor Erin se ervaringe in Elmhurst: haar boek is gister op 18 Augustus bekendgestel: "Undercover Epicenter Nurse: How Fraud, Negligence, and Greed Led to Unnecessary Deaths at Elmhurst Hospital".
Weet dat dit hier in Suid-Afrika nie anders gebeur as in Amerika nie. Daar is oorgenoeg bewyse dat die Geldmag groot somme geld beloof vir elke land se regering en hospitale wat saamwerk. Die geweldige aanvraag vir ventilators dien ook as bewys van die feite wat deur verskeie mediese personeel in verskillende lande en hospitale verklap is. So het dan ook talle Suid-Afrikaners onnodig gesterf.
Hier is ‘n uittreksel uit ‘n vorige artikel wat u by die skakel LEUENS, LEUENS, LEUENS... kan lees.
“Onthou ook van die dokter in Engeland wat in die groot staatshospitaal werk en dit nie meer kon verduur dat sy kollegas die leuenopdragte uitvoer nie; daar is vir hulle gesê om elke geval, al is dit ‘n hartaanval, as Covid-19 aan te meld. Mens kan dit verstaan want ‘n dokter in Amerika het verklap dat hulle vir elke “Covid-pasiënt” 13 000 US dollars ontvang, en as hy op ‘n meganiese ventilator geplaas word kry die hospitaal 39 000 US dollars. Terloops, daar is pas ontdek dat die ventilators grootliks bydra tot die dood van mense met ‘n griepvirus; die longe is nie in staat om die sterk inpomp van suurstof te hanteer nie en doen dan skade op. Aan so ‘n reeds siek mens moet ‘n baie ligter vorm van suurstofdruk gegee word waarvan daar ‘n paar goeie alternatiewe bestaan. Wie sou u dink het dit aanbeveel dat meganiese ventilators dan gebruik moet word...
In Suid-Afrika gebeur presies dieselfde; die hospitaalpersoneel word verplig om sover moontlik elke sterfgeval as Covid op die doodsertifikaat aan te gee;...”