HUAWEI 5G-TEGNOLOGIE ONTBLOOT

Die VSA beskuldig Sjina dat hulle sy tegnologie steel. Indië voel ook so. Sjina se grootste uitvoerproduk is sy Huawei 5G-tegnologie. Sjina word beskuldig dat sy tegnologie aangewend word om op ander lande te spioeneer. Intussen het Engeland besluit om nie voort te gaan met Sjina se 5G-tegnologie nie. Australië, Kanada, die VSA en lande in die EU het ook so besluit. Dit is ’n geweldige terugslag vir Sjina en kan die einde van Huawei beteken. Engeland se Konserwatiewe Party het intussen besluit om Sjinese produkte te boikot.

Hoera en geluk aan al die lande wat teen die gebruik van 5G besluit het. Dit mag wees dat hulle dit vir ander redes besluit het maar hulle sal nooit spyt wees wanneer hulle sien hoe siek die mense van lande wat dit wel sal gebruik, gaan word nie. In 2015 het 230 wetenskaplikes met navorsing mbt biologiese en gesondheidsfaktore van bestraling deur elektromagnetiese velde begin. Twee jaar later het 180 dokters en wetenskaplikes ‘n petisie begin om wetgewing ingestel te kry vir die verbod op installering van 5G weens die gevare wat dit vir mens en dier inhou. Dit wil voorkom of hierdie navorsing begin vrugte afwerp en inslag vind by sommige owerhede.

Daar word nou ook in Suid-Afrika beweeg na 5G oftewel 5e generasie sellulêre telekommunikasie. Die afgelope dae het sekere selfoonmaatskappye hard gewerk aan die oorskakeling na 5G.  Die ironie is dat die siektesimptome baie ooreenstem met die van die virus waarvoor almal so bang is. En dit is nie toevallig nie - die geheime heersers van ons wêreld het daarvoor gesorg.  So sal hulle dan verder kan lieg oor hoe gevaarlik die virus is en voortgaan met hulle vernietigingswerk om die wêreldekonomie ineen te laat stort ten einde volle politieke en ekonomiese beheer oor die hele wêreld te verkry.

Die bandreikwydtes raak glo nou oorvol en 5G is net soveel vinniger en aantrekliker. 5G en die IOT (Internet of Things) beloof om ons te verbind in kennis, skole, parke en waar ookal met triljoene objekte in die wêreld. 5G beloof om minstens 100 biljoen apparate te ondersteun en sal sowat 10 tot 100 keer vinniger as 4G wees. 4G was weer 10 maal vinniger as 3G. Om inligting af te laai sal nou 10 Giga-grepe per sekond behels. Dit gaan dus oor spoed en effektiwiteit. Die torings is ook baie kleiner en die ou torings van 30 meter sal nou deur torinkies van net meer as ‘n meter vervang word.

Maar wat natuurlik nie beklemtoon word nie is die gevare. Dit is vir die menslike liggaam meer skadelik as goed, so kom ons kyk na gevolge wat ontstaan as gevolg van die bestraling, as mens dit so durf noem, wat kom van chroniese blootstelling aan selfone en sy eweknie:

-          kortsluitings in ons DNA se enkel asook dubbel spirale samestellings;

-         oksidasie-skade vind plaas; dit beteken die elektrone wat in ons brein van neuron na neuron as boodskapper moet oorgaan en nou oksideer, maw soos ‘n roes wat daarop ontstaan, veroorsaak ‘n suurstoftekort en dan ‘n tekort aan elektrone. Dit het siektes tot gevolg soos altzheimers en parkinsons, wat degeneratiewe siektes is wat breinfunksies verhoed;

-          die metabolismeprosesse wat selle moet reguleer word afgebreek;

-          bloedvloei na die brein word geaffekteer;

-          die vlakke van melatonien, ‘n aminosuur wat die brein benodig, word afgetakel;

-          die glukosemetabolisme van die brein word afgebreek;

-          stress-proteïne word erfbare materiaal en beïnvloed geslag na geslag.

Daar is ook vasgestel dat die radio frekwensie-bestraling van selfone kanker veroorsaak. Studies het bevind dat dit die vel ook aantas en velkanker ‘n sterk moontlikheid word.

Studies wat in die Medical Research Institute van die Kanazawa Mediese Universiteit in Japan gedoen is, het aangetoon dat millimeter-golwe verskeie vlakke van selfoonbestraling veroorsaak wat selfs die oppervlak onder die oog penetreer, dus nie net die slymvliese soos in die oog nie.

In Rusland is bevind dat selfoonbestraling ook ‘n effek op diere soos katte het. Ook die immuniteit van mense word hierdeur aangetas. Verdere studies het aangetoon dat dit die groei van selle belemmer asook dat mense se weerstand teen bakterie mettertyd sal verlaag soos selle al swakker sal word.

Die negatiewe effek wat dit op plante het sal ook met tyd eskaleer, selfs die groente wat ons wil eet sal beskadig word.

Sekere voëlsoorte is selfs al verdryf deur die bestraling van selfone. Ook bye het die spit daarmee afgebyt en word die bevolkingsgetalle bedreig.

Daar word bereken dat in alle ontwikkelde lande minstens 7 uit 10 kinders selfone besit vóór die ouderdom van 10 jaar oud. Kinders speel nie meer ander speletjies nie maar speel op hul selfone. Dis skokkend om te besef dat amper niemand aan die gevare daarvan dink nie en die kinders net laat voortgaan. Dit is grootliks te wyte aan selfoonvervaardigers wat net hul winsmarge in ag neem. Daar behoort wetgewing hieroor soortgelyk aan die rook van sigarette te wees waar daar op die pakkie die gevare van rook uitgespel word. Geen selfoon behoort verkoop te word waarop die gevare nie in fyn besonderhede uitgedruk is nie.

Een skrywer stel dit soos volg:

In fact, this giant uncontrolled experiment on children and adults has already begun, despite on urgent international apeal by term of thousands of scientists, doctors and environmental organizations calling for a halt to SG development.

Die volgende is reeds aangemeld:

... health problems such as insomnia, miscarriage, memory problems and other neurological issues, and there are widespread reports of annihilation of insect and bird populations.

In Wene, Oostenryk, is reeds bevind dat kinders die volgende simptome ondervind weens blootstelling aan elektroniese bestraling:

...nosebleeds, headaches, eye problems, chest pain, nausea, fatique, tinnitus, dizziness, flu-like symptoms and cardiac pain.

En nou gaan 5G-satelliete, wat baie meer gaan wees as tans, ook die die kwessie van bestraling vererger. Nie net is privaatheid daarmee heen in die era waarin ons leef nie, maar ons gesondheid is, of ons dit wil of nie, op die spel want die bestraling tref ook die nie-gebruikers van selfone.

Wanneer gaan die mensdom opstaan teen die geldmag en sy vernietigende sug na mag en geld!