DIE GROOTSTE DEPRESSIE

Daar word die afgelope tyd dikwels gepraat oor ‘n depressietydperk wat vir Suid-Afrika en waarskynlik vir die hele wêreld voorlê. Min van ons wat vandag leef het al ‘n ernstige depressie beleef en weet werklik nie wat vir ons wag nie. Daarom is dit goed indien ons die oorsake, verloop en gevolge van ‘n moontlik baie groot depressie van nader bekyk.

Maar eers moet ons begryp wat die BBP van ‘n land beteken. ‘n Land se Bruto Binnelandse Produk (BBP), is die meganisme waarmee die sterkte of grootte van die ekonomie gemeet word en word gedefinieer as die algehele markwaarde van al die finale produkte en dienste wat in ‘n land in ‘n sekere tydperk geproduseer word. Gewoonlik word dit per jaar met syfers en dan in persentasie bereken.

Wanneer die ekonomie in voorspoed uitbrei, is dit ‘n positiewe persentasiegroei; wanneer die ekonomie versleg, word dit in  negatiewe persentasiegroei bereken en met erge agteruitgang word dit ‘n resessie genoem. Wanneer die agteruitgang buitensporig in ‘n negatiewe persentasiegroei rondom -10% is, word dit ‘n depressie genoem.

Vir die jaar 2019 was Suid-Afrika se BBP in geldterme op R5 968.58 biljoen bereken. Hierdie syfer is deur die Wêreldbank en per handelsekonomie bereken. Dit is maar 0.29% van die hele wêreld-ekonomie.

Nou word daar deur ons Suid-Afrikaanse ekonome gereken dat die BBP van Suid-Afrika ‘n negatiewe groei sover vir 2020 toon tot ‘n syfer van R5 010.10 biljoen. Hulle meen dat ons sover reeds ‘n negatiewe persentasiegroei van meer as -7% in 2020 as gevolg van ons grendelstatus beleef en dat dit teen die einde van die jaar nader aan -10% kan wees, ‘n persentasie waaroor met reg van Die Grootste Depressie gepraat kan word – tydens die Groot Depressie van 1929 was Suid-Afrika se BBP -6,2%.

‘n Noemenswaardige depressietoestand soos dié van 1929, het altyd oorsake en gevolge, soos ons nou die sogenaamde “verskriklike” Covid-19-virus het om te blameer. Die ekomoniese gevolge daarvan sal mettertyd vir ons duideliker word. Om daarvoor gereed te maak kan ons gaan kyk wat die oorsake en gevolge van die Groot Depressie van 1929 was.

Op Donderdag 24 Oktober 1929 stort New York se Effektebeurs, Wall Street, ineen. Dit was die begin van die depressie.

Maar wat was die oorsaak van die beurs se ineenstorting? As daar geld by betrokke is kan ons maar weet dat die Internasionale Geldmag (Illuminati) ‘n voet in die deur het en dat ons dit nooit in die hoofstroommedia sal hoor nie. Die gierigheid van die superrykes van die wêreld en hulle planne vir die mensdom speel altyd ‘n belangrike rol in groot wêreldgebeure.

Die 1920’s, vóór die Wall Street-ineenstorting, was ’n uitstaande tyd van voorspoed in Amerika maar om dit kort te stel: juis dít, kunsmatig aangehelp deur die Geldmag, het aanleiding gegee tot die ineenstorting van die Effektebeurs. Daar was te veel rykdom in te min hande soos beplan deur die Illuminati. Werkerslone het nie saam met die produksie gegroei nie met die gevolg dat die massas eenvoudig nie die geld gehad het om die goedere wat op die mark geplaas is te absorbeer nie.

Boere is op hulle knieë gebring deur swak pryse vir hul produkte en die meeste kon uiteindelik nie meer die paaiemente op hul plaasverbande delg nie. Dit het tot gevolg gehad dat talle banke hulle deure moes sluit.

In die laaste helfte van die jare twintigs het die gemiddelde pryse van aandele op die New Yorkse Effektebeurs meer as verdubbel. Dit het ’n spekulasie-koors ontketen—koop aandele in die hoop dat die prys nog verder gaan styg. Buitensporige spekulasie het aandelepryse tot ver bokant hul werklike waarde laat opskiet.

In Oktober 1929 begin die meeste beleggers hul aandele verkoop. Of daar van bo in die oor gefluister is om dit (toevallig?) juis daardie dag te doen sodat die mark ineen kan stort kan nie bewys word nie. Op Swart Donderdag daal die pryse skerp en 13 miljoen aandele word in New York verkoop. Die stad se toonaangewende bankiers probeer ingryp, en pryse stabiliseer die Vrydag en Saterdag, maar die Maandag daal hulle weer. Op die Dinsdag is daar chaos. ’n Ongekende 16 410 030 aandele word verkoop, met ’n daaropvolgende ekonomiese krisis wat spoedig die hele wêreld sou oorspoel—ook Suid-Afrika.

Hierdie Swart Donderdag soos dit bekend staan, is destyds soos volg in die New York Times beskryf:

In ’n ongekende golf van vrees, verwarring en paniek het byna 13 miljoen aandele vandag op die New Yorkse aandelebeurs van eienaars verwissel. Verbysterde makelaars het deur ’n see van papier geswoeg en aan verskrikte beleggers se opdragte vasgeklou om ‘tot elke prys te verkoop’... Onlustepatrollies van die polisie is ingeroep om histeriese skares uiteen te probeer jaag wat in Wall Street saamgekom het... Elf spekulante het na bewering selfmoord gepleeg.’’

Swart Donderdag het die voorspoedige twintigs beëindig en die begin aangedui van wat een die grootste ekonomiese katastrofes in die wêreldgeskiedenis sou wees. Duisende aandeelhouers het fortuine verloor en talle is totaal geruïneer. Banke en ander ondernemings is gedwing om te sluit en ontelbare hoeveelheid mense was sonder werk.

Van Oktober 1929 totdat pres. Franklin D. Roosevelt in 1933 sy ekonomiese hulpprogramme van stapel laat loop het, het die aandele feitlik elke maand verder gedaal. Vroeg in 1933 was die nywerheidsaandele feitlik vier vyfdes minder werd as in 1930. Mense het noodgewonge hul spaargeld onttrek, wat die banke laat steier het. Teen vroeg in 1933 moes sowat 9 000 Amerikaanse banke hul deure toemaak.

Dus kon banke nie meer lenings aan fabrieke gee nie. Fabrieke kon toe nie soos tevore mense in diens neem en produkte lewer nie. Teen 1933 was ’n kwart van die Amerikaanse werkerskorps werkloos. Die meeste mense wat wel nog werk gehad het, moes verminderde salarisse aanvaar.

Honderdduisende het die strate ingevaar op soek na kos, klere, beskutting en werk. Hulle het soms kos gekry van welsynverenigings en by sendingposte ál langs die paaie tussen dorpe en stede, of deur in vullishope rond te krap. Baie is weens ondervoeding dood. Dakloses het in kampe (die sogenaamde “hobo jungles”) langs spoorlyne geplak, of krotte met sinkplate en kratte gebou.

Boere het soms werk gekry as swak betaalde vrugte- of groenteplukkers en is in klein hutjies naby die landerye ingeprop of moes eenvoudig sonder ’n dak oor die kop klaarkom.

Die pryse van voedselprodukte was so laag dat boere mielies as brandstof op hulle plase gebruik het omdat dit goedkoper as steenkool was. Die toestand is vererger deur ernstige droogtes en stofstorms in die suidweste en middeweste, wat saaigrond in stof verander en duisende boere gedwing het om ’n nuwe heenkome elders te gaan soek.

Die Groot Depressie in Amerika het ’n domino-effek regoor die wêreld gehad en omtrent in elke land was daar groot werkloosheid en armoede; ook in Suid-Afrika. Veral die Suid-Afrikaanse boere het baie swaargekry, maar ook jong bedrywe; die sakegemeenskap en finansiële instellings het noustrop getrek. Bankrotskappe het meer as verdubbel. As dit nie vir die goudmynbedryf, die groot stabiliseerder van die Suid-Afrikaanse ekonomie, was nie, sou die depressie hier veel erger gewees het.

Talle arm­blankes in Suid-Afrika het hulle tot die spoorweë gewend vir werk. In 1931 het ’n Suid-Afrikaanse kommissie bevind dat byna ’n derde van die Afrikaners armlastig was, terwyl min Engelssprekende blankes onder die broodlyn gelewe het. Dit het gelei  tot ’n (uiteindelik geslaagde) veldtog vir die ekonomiese bemagtiging van die Afrikaner—en, interessant genoeg, ook sy politieke dominansie vir tientale jare vorentoe.

Tydens die depressie het alle lande die tariewe op invoere verhoog om hul eie nywerhede te probeer red, wat ’n groot daling in die wêreldhandel veroorsaak het. Lande wat voorheen onverwerkte stowwe en kos na Amerika en Europa uitgevoer het, is swaar getref. Die ontevredenheid het tot verhoogde maatskaplike en politieke onrus maar ook die opgang van nasionalisme gelei.

Die depressie het ook ‘n blywende sielkundige uitwerking op die bevolking gehad, veral op die jeug. Hoewel mense hard gewerk en hul geld versigtig bestee het, het hulle alles verloor. Omdat so baie mense so lank werkloos was, was hulle sonder selfrespek en ambisie. Die volgende geslag, wat geen eerstehandse kennis van swaarkry en lyding gehad het nie, het hoogs krities teenoor hul ouers geword wat groot konflik tussen hulle en hul ouers tot gevolg gehad het.

In 1932 het die Amerikaners Roosevelt tot president verkies in die hoop dat hy ’n einde aan die depressie sou maak. Hy het geglo dat die federale regering ’n groot rol te speel het om die depressie te bestry—soos dit dan ook gebeur het. Die daaropvolgende jaar het hy ’n program toegepas wat die “New Deal” genoem is. Daar was drie hoofoogmerke:

  1. Om die verarmdes se lot te verlig;
  2. Om werk te skep en sakebedrywighede aan te moedig;
  3. En om die sake- en regeringsbedrywighede te reguleer ten einde ’n herhaling van só ’n strawwe depressie in Amerika te voorkom.

Dosyne regeringsagentskappe is in die lewe geroep om noodlenigingsprogramme vir behoeftiges te organiseer, instandhoudingsprojekte te kontroleer en werk te skep. Die meeste werk was vir die bou van brûe, damme, skole, parke en hoofweë. Daar was dus werklike aksie om die president se planne in werking te stel; nie soos in Suid-Afrika waar van beloftes vir werkskepping deur die ANC-regime vir 26 jaar lank nog niks gekom het nie.

Die Amerikaanse regering het ook die sakevertroue herstel deur groot bedrae te bestee en sodoende weer geld in omloop te plaas, iets wat nie vir Suid-Afrika in die pyplyn wag onder hierdie korrupte swart regering nie; indien daar enige bonusfondse beskikbaar is soos nou tydens die virus-sage, verdwyn dit stil-stil in regeringsgeledere; dus is daar van sakevertroue geen sprake.

Deur die tariewe in die VSA op ingevoerde goedere te verlaag, het die wêreldhandel verbeter en spoedig het ander lande die voorbeeld gevolg. Roosevelt se “New Deal” het nie slegs die depressie verlig nie, maar die vertroue van die Amerikaners in hul regering herstel. Roosevelt was geen engel nie en tog het hy sy verstand en logika reg gebruik om ’n hele land van algehele ineenstorting te help herstel – in teenstelling daarmee is dit totaal en al te betwyfel of die Suid-Afrikaners hulle swart korrupte regering enige finansiële regstellings sal sien maak, wat te sê ooit weer kan vertrou!

Dit was egter die Tweede Wêreldoorlog kort hierna, soos te wagte was van die superryk Illuminati wat dit help bewerkstellig het, wat vir die werklike redding uit die depressie gesorg het. Hulle het nog altyd gespog dat die meeste geld uit oorloë gemaak word. Die vervaardiging van wapens en ammunisie het vinnig toegeneem en aan so baie mense werk verskaf dat die werkloosheidsyfer van vyftien persent in 1940 tot slegs een persent in 1944 gedaal het.

Is dit dan absurd om die Derde Wêreldoorlog nog in ons leeftyd te verwag? Noudat Covid-19 gestuur en gebruik is net soos die Wall Street-ineenstorting, om ’n globale verarming teweeg te bring? Seker nie. En die rede daarvoor sal nie wees om die bevolking dan van armoede te red nie maar om die reeds rykstes ter wêreld verder te verryk. Want, daar sal weer te veel rykdom in te min hande wees soos tydens 1929 se Groot Depressie. En hierdie keer kan ons dit maar die GROOTSTE DEPRESSIE noem want dit gaan baie, baie erger wees as in 1929.