WAAR IS ONS PROTESTANTE KERKE?

‘n Stem van rede uit die Rooms-Katolieke Kerk

Op 8 Mei 2020 het aartsbiskop Carlo Maria Viganò‘n appèlgerig tot die Vatikaan en die wêreld “en alle mense wat die suiwere en goeie wil daartoe openbaar” (en geteken deur verskeie kardinale en biskoppe). In die skrywe die volgende:

Daar is rede om te glo, gebaseer op die "amptelike" sterftesyfer van die Covid-19-pandemie, dat daar magte hieragter sit wat wêreldwyd paniek probeer saai met die doel om die wêreldpopulasie onder hul mag te kry om sodoende permanente beheer oor al hul doen en late uit te oefen. Oplegging van hierdie inperkende maatreëls is die voorspel tot ‘n Een Wêreldregering met totale beheer oor alles.

Dit is voorwaar aanbevelenswaardig, veral as mens dink dat sodanige optrede eerder uit die geledere van Protestante verwag sou word.

Op 29 Mei 2020 het die aartsbiskop ‘n stap verder gegaan en die top-hiërargie van die kerk beskuldig dat hulle hulleself:

...openlik beskikbaar stel tot diens van Satan deur die eise van die Verenigde Nasie te gehoorsaam ter wille van die globalistiese agenda, die Vrymesselaars, die Malthus ekologie en etniese oorname.

Hierdie optrede is verstommend gesien in die lig van die feit dat die Vrymesselaar-organisasie juis sy oorsprong uit die Rooms-Katolieke Kerk het. Daarom moet sy siening dat:

‘n eenwêreldgeloof sonder dogmas en beginsels volgens die voorskrifte van die Vrymesselaars tans ontwerp word

as absoluut openbarend gesien word.

Hy sê ook dat die huidige pous:

te same met diegene wat hom ondersteun, daarna streef om hierdie sataniese namaaksel van die Kerk van Christus uit die weg te ruim.

Die aartsbiskop lewe nou reeds sedert Augustus 2018 as vlugteling en vrees vir sy lewe. Hy het ook kritiek gelewer op pous Francis omdat dié nie strafmaatreëls instel teen kardinaal Theodore McCarrick nie, ‘n homoseksueel wie se dade deur verskeie pouse oorgesien is.

Wat moet mens hieruit wys word?

In Michael Hoffman se magistrale werk oor die Rooms-Katolieke Kerk, The Occult Renaissance Church of Rome, word met oormaat van bewyse aangetoon dat die Vrymesselaars, wat in essensie Kabbalisme is, telkens deur die Rooms-Katolieke Kerk oor die hoof gesien is, en daarom val dit vreemd op dat daar juis nou besware daarteen opgaan. Waar was die besware in die verlede?

Nietemin moet dit verwelkom word dat daar uit enige oord verset aangeteken word teen die hele beplanning van die manipuleerders van die Nuwe Wêreldorde. Wat verbasend is, is dat sulke stemme in Afrikanergeledere dun gesaai is. Waar is die Afrikaanse kerke in tye soos hierdie waar die tentakels van die Nuwe Orde ons omvou en wil verpletter?

Vrymesselary en die Rooms-Katolieke Kerk dien dieselfde god en ding mee om groter aansien in daardie geledere te verkry. Pous na pous is op rekord dat ons maar almal dieselfde god aanbid, of jy nou ‘n Moslem, Judaïs of New Age aanbidder is. Dit verwerp die ware Christen met alles wat hy het (2 Thes 2:9-12).

Dis in tye soos hierdie dat mens van die Protestante kerke baie meer verwag het en daarom behoort ons eie herders en leraars hulle te skaam dat ‘n aartsbiskop hulle aan hierdie waarhede herinner. Tensy hulle vas aan die slaap is en nie weet wat besig is om te gebeur nie!