Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." - Pred. 5:17
DOKTER VERTEL HOE VIRUS-DATA GEMANIPULEER WORD
I’ve signed death certificates during Covid-19. Here’s why you can’t trust any of the statistics on the number of victims – Dr Malcolm Kendrick
Hier volg ‘n direk-vertaalde brief van die Britse dokter Malcolm Kendrick, wat as algemene praktisyn in die Nasionale Gesondheidsdiens in Engeland werk. Hy is ook die outeur van “Doctoring Data – How to Sort Out medical Advice from Medical Nonsense”, waarvan die titel ons dadelik duidelikheid oor die inhoud gee.
As ‘n dokter in die Nasionale Gesondheidsdiens (NGS) het ek talle mense sien sterf wat gelys word as slagoffers van die Koronavirus sonder dat hulle getoets is daarvoor. Maar sonder akkurate inligting sal ons nie presies weet wat het die meeste sterftes veroorsaak nie: die siekte of die grendelstaat.
Ek veronderstel meeste mense sal verbaas wees om te weet dat die oorsaak van dood soos aangedui op doodsertifikate, meesal ‘n raaiskoot as ‘n ingeligte besluit is. Mense sterf wanneer hulle oud is, meesal oor tagtig jaar en daar word amper nooit ‘n na-doodse ondersoek uitgevoer nie wat beteken dat, as ‘n dokter na die persoon se simptome van die laaste week of twee kyk, jy moet teruggaan na jou notas om seker te maak van die laaste mediese toestande wat gewoonlik iets is soos ‘n vorige beroerte, diabetes, hartsiektes, bloedklonte, Altzheimers en dies meer. En jy gesels met die naasbestaandes en versorgers en probeer uitvind wat hulle gesien het. Het die pasiënt gesukkel om asem te kry? Het hy geleidelik of skielik agteruit gegaan? Het hy opgehou eet en drink?
As ekself die pasiënt in die laaste twee weke van sy lewe gesien het, wat is my gevolgtrekking as oorsaak van sy dood? Want daar is natuurlik ander faktore ook. Het hy geval, ‘n been gebreek en ‘n operasie gehad – in waffer geval ‘n na-doodse ondersoek dalk uitgevoer sal word om seker te maak of die operasie die oorsaak van sy dood was.
Maar in die meeste gevalle is doodsertifikate geensins betroubaar. Dit was van die begin af nie en dit sal ook nooit wees nie. Dit kan dalk in sommige hospitale soms meer akkuraat wees waar daar meer toetse en skanderings gedoen word...
Saam met Covid-19 het die meeste regulasies by die venster uitgewaai. Op een stadium was daar selfs ‘n voorstel dat naasbestaandes die doodsertifikate mag voltooi maar ek glo dit het nie gerealiseer nie.
Wat is ons veronderstel om te doen? As ‘n ouer persoon in ‘n ouetehuis sterf, of iemand by sy huis, het hulle agv Covid-19 gesterf? Wie weet? Veral as hulle nie getoets is daarvoor nie, wat vir die eerste klomp weke nie gedoen is nie. Slegs pasiënte wat hospitaal toe gekom het is soms getoets, niemand anders nie.
Watter advies is gegee? Dit het verskil van land tot land, en van ondernemer tot ondernemer, en van dag tot dag! Het elke persoon in ‘n ouetehuis dan aan Korona gesterf? Wel, dit was die advies wat in die meeste dele van Engeland gegee is.
Waar ek werk is dinge meer oop. Ek het sake met kollegas bespreek maar daar was bitter min konsensus. Ekself het op sommige sertifikate Covid-19 as oorsaak geskryf en op ander weer nie, na gelang van hoe dit vir my gelyk het die persoon oorlede is.
Ek weet dat ander dokters Covid-19 as oorsaak aangeteken het vir almal wat gesterf het reeds van die begin van Maartmaand en verder aan. Ek het nie. Wat help die statistieke van sulke ongekontroleerde inligting en maak dit saak?
Dit maak uiters saak vir twee belangrike redes: Eerstens, as ons sterftes grootliks aan die virus toeskryf, sal ons die skade agv die grendelstaat grootliks onderskat. Hierdie saak was onlangs in ‘n artikel onder die loep geneem in die BMJ, The British Medical Journal. Dit lui:
“Slegs ‘n derde van die oormatige sterftes in Engeland en Wallis kan aan Covid-19 toegeskryf word. ...David Spiegelhalter, chair of the Winton Centre for Risk and Evidence Communication at the University of Cambridge, sê Covid-19 kan nie die oorsaak van die hoë sterftesyfer wees nie. By ‘n inligtingsessie by die Science Media Centre op 12 Mei het hy verduidelik dat ouetehuise veral die afgelope vyf weke met ‘n ‘staggering burden’ van 30,000 méér sterftes as wat verwag is te doen gekry het, in so mate dat ander pasiënte uit hospitale verwyder is om beddens vir ‘n verwagte toeloop beskikbaar te maak. Spiegelhalter voel dat die geweldige hoë syfer heeltemal buitengewoon is. Hy het ook gesê hy hoop dat hierdie sterftes buite die hospitale werklik ernstig ondersoek sal word. Hy glo ook dat sommige van hierdie oumense en ander dalk langer kon leef indien hulle eerder gehospitaliseer was.”
Wat Spiegelhalter hierbo eintlik sê is dat mense sterf as gevolg van die inperking meer as van die virus self omdat hulle nie hospitaaltoe geneem word vir behandeling van hulle werklike siektetoestand nie.
Wat ons wel seker van is, is dat die getal persone met borspyne wat gewoonlik by hospitale aanmeld, hier by ons met 50% gedaal het as gevolg van die inperkingstaat. Het hulle by hul huise gesterf?
Uit my eie ervaring kan ek getuig dat ek bitterlik gesukkel het om oumense by die hospitaal opgeneem te kry. Ek het onlangs met ‘n ou man met bloedvergiftiging te doen gekry wat verseker nie Covid-19 gehad het nie. Hy het by die ouetehuis gesterf maar hy is gediagnoseer met “sterf aan Covid”.
Die kern van die saak is dat ons nooit presies sal weet hoeveel mense werklik aan die virus gesterf het nie en ook nie hoeveel aan ander oorsake nie agv hulle staat van inperking en daarom nie mediese hulp ontvang het nie. Diegene wat die grendelstaat so sterk voorstaan en die regerings adviseer, het seker ‘n punt beet om Covid die oorsaak van soveel sterftes te gee want indirek is dit die oorsaak maar deur middel van die inperking van siek mense wat behandeling moes ontvang en nie het nie. Om alles anders oorboord te gooi om met net een enkele toestand te werk, om siek, weerlose mense en oumense van hospitale weg te hou, is ‘n werklike rede vir ‘n hoë sterftesyfer.
Nog ‘n rede waarom dit so belangrik is om te weet wat die ware statistiek is, is om ons te help om in die toekoms korrek op te tree indien daar werklik ‘n pandemie uitbreek. Ons moes nou uitgevind het of inperking voordele het en wat die skade daarvan is. Wat as daar wel in die toekoms ‘n dodelike virus uitbreek?
As Covid-19 10 000 mense laat sterf het, en die inperking het nog 20 000 laat sterf, dan was die inperking ‘n totale vermorsing van tyd en geld en moes dit nooit gebeur het nie. Die probleem is dat ons regering hierdie standpunt nie wil hoor nie – en alles in hulle vermoë doen om dit nie te hoor nie.
Dit sal ‘n opdrag bly dat die oorgetalle sterftes hierdie jaar aangegee word met as oorsaak Covid-19 want dit is by verre die beste ontsnaproete vir die waarheid as niemand seker kan wees hoeveel mense aan die virus dood is en hoeveel aan ander oorsake nie.
Ja, die statistiek van Covid-19 maak werklik saak!
Geteken: dr Malcolm Kendrick
Mei 2020