DIE MAN WAT ONS TEEN KORONA WIL INENT?

Met dié woorde: “We must make this the decade of vaccines”, het Bill Gates in 2010 ‘n verdere 10 miljoen dollar aan die Wêreld Gesondheidsorganisasie geskenk. Inderdaad het Gates dit ‘n dekade van inentings gemaak want sy doel was, soos hyself in ‘n Ted Talk op Amerikaanse TV gesê het: “ ...it could reduce population.”

In dieselfde jaar, 2010, was die Gates Foundation aan stuur van ‘n drie fase proefneming om malaria te bekamp toe 151 babas in Afrika aan die entstof gesterf het. Die res van die 6,000 kinders het ernstige gevolge soos verlamming, konvulsies en ernstige epileptiese aanvalle oorgehou.

In 2014 doen Gates dit weer toe 23 000 jong meisies in Indië teen die Human Papilloma Virus (HPV) ingeënt word. In Suid-Afrika het die advertensie gelui: “Moeders, beskerm julle dogters teen servikale kanker deur middel van inenting.” 1 200 Indiese meisies het vrugbaarheid- en ernstige ander -afwykings getoon insluitende outo-immuunsiektes. Sewe is dood voor die regering Gates laat ondersoek het vir ernstige oortreding van etiese praktyk toe weerlose meisies geforseer is om ingeënt te word onder andere deur middel van vervalste toestemmingvorms asof van hul ouers. Daarby is mediese hulp agterna aan die beseerde meisies geweier. Hierdie saak gaan steeds voort in die Hooggeregshof.

Voorwaar ‘n besige jaar vir Gates en die WGO, dié 2014, toe ook Kenia se Katolieke Dokters Assosiasie ontdek dat miljoene onwillige Keniaanse vroue tydens ‘n sogenaamde klem-in-die-kaak-inenting, in werklikheid met ‘n formule wat hulle steriel maak ingespuit is. Eers is die aanklagte ontken maar uiteindelik het die WGO erken dat hulle reeds vir jare sterielmakende entstowwe ontwikkel en gebruik, ook in Tanzanië, Nicaraqua, Mexiko en die Filippyne.

In 2017 het navorsing deur Morgenson ontbloot dat die WGO, geborg deur Gates, se gewilde witseerkeel, tetanus en kinkhoes inentings (DTP) in Afrika meer kinders laat sterf het as wat die siektes self het. Veral die sterftesyfer van meisies wat die inenting gekry het was 10 maal hoër as die kinders wat nie geïmmuniseer is nie. Die WGO weier steeds om die aantal inentings wat op miljoene kinders in Afrika geforseer is, openbaar te maak.

In 2002 het Gates ‘n MenAfriVac in die Sub-Sahara op duisende kinders teen breinvleisontsteking afgedwing. Talle is verlam gelaat; In Suid-Afrika is berig: “Ons is proefkonyne vir die dwelmprodusente”. Selfs Mandela se voormalige Senior Ekonoom, prof Patrick Bond, het Gates se praktyke as “roekeloos en immoreel” bestempel.

Gates se obsessie om die wêreldpopulasie dmv entstof te verminder, het baie lank vóór 2010 begin. In 2000 beloof hy om 450 miljoen dollar in Indië te spandeer om Polio wat toe nie ‘n epidemie was nie, heeltemal uit te wis en neem hy beheer van Indië se National Technical Advisory Group on Immunization. Tussen 2000 en 2017 verlam die inentings 490 000 kinders onder die ouderdom van vyf terwyl Polio gedy. Dokters in Indië het die Gates-kampanje van die Polio-uitbraak en ‘n verlammingsepidemie beskuldig waarna die Indiese owerheid Gates met sy entstof en al uit die land geskop het en Polio-gevalle dramaties afgeneem het. Nog in 2017 het die WGO erken dat die wêreldwye Polio-uitbraak hoofsaaklik as gevolg van die entstof was. Teen 2018 was 70% van Polio-gevalle openlik met die entstof verbind, ook die epidemies in Kongo, Afghanistan en die Filippyne.

Wêreldwye beskuldigings stroom nou in teen Gates wat die WGO met sy geld beheer en stuur waar hy hulle wil hê. Behalwe die WGO, UNICEF, CSVI en PATH, befonds en beheer Gates private farmaseutiese maatskappye wat entstowwe vervaardig. Daarby het hy pas nog 50 miljoen dollar aan 12 farmaseutiese maatskappye geskenk om die ontwikkeling van die entstof teen korona te bespoedig want die man is haastig. In sy nuutste mediaverklaring klink hy baie vol selfvertroue dat die Covid-19-“krisis” wat hyself help skep het, hom nou die geleentheid gaan gee om sy diktatoriale inentingsprogramme eerstens op Amerikaanse kinders af te dwing waarna hy seker sal maak dat dit deur owerhede wêreldwyd in hulle lande afgedwing word.

Is Gates met sy meelopers die “redder” wat ons vertrou om ons van ‘n mens-geskepte virus te verlos, daarteen te wil immuniseer? Is dit nie darem nou al vir u duidelik genoeg dat u hier met instrumente van Satan te doen het nie? Sal ons volk nie maar wakker word en die waarheid van hierdie hele klug insien en besef dat dit hier alles oor geld en mag gaan wat ons land en volk gaan vernietig as ons nie weerstand bied nie? Mag die Here die oë, hart en verstand van elke leser vir die waarheid open!