Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons maak so dikwels die fout om tug as genadelose straf te sien. Geen klein kindjie of kind van God kan egter sonder tug 'n verstandige 'grootmens' word nie. Die doel van tug is tog positiewe verandering, groei, bekering, verbetering, en dit vind altyd plaas in 'n gees van sagmoedigheid en liefde. Laat ons ons kinders tugtig sodat hulle gebalanseerde volwassenes sal word, en laat ons ons as volwassenes ons deur die Woord van God betugtig sodat ons ons sonde sal bely en laat staan.
DIE VIGS/COVID-19-PANDEMIE
Daar word gesê dat persone met onderliggende siektes nie weerstand teen die Covid-19-virus kan bied nie en daarom maklik sterf. MIV-Vigs is ‘n ernstige onderliggende probleem wat ook deur ‘n virus veroorsaak word en die liggaam se immuniteit mettertyd só afbreek dat daar geen weerstand is teen aanslae soos Covid-19 nie. Kom ons kyk na die aantal VIGS-besmettings in ons land en oordeel dan self of u ook glo dat daar binnekort waarskynlik miljoene sterfgevalle agv Covid-19 in Suid-Afrika gaan wees. As mens die Tuberkulose pasiënte hierby insluit sal die uiteinde daarvan ‘n onuitwisbare prentjie in ons geheue laat.
Daar sterf sowat 120 000 mense per jaar aan MIV-Vigs in ons land. Volgens Wikipedia het tussen 12% en 14% van die bevolking MIV-Vigs. Maar In 2010 het ongeveer 280 000 Suid-Afrikaners (2010-projektering) aan vigs gesterf. Tussen 42% en 47% van alle sterftes onder Suid-Afrikaners is vigssterftes. Mens sou graag wou weet wat die persentasie nou tien jaar later is – heel moontlik ‘n verdubbeling of meer van 2010 se syfers, maar in die Nuwe SA raak dit al moeiliker om die nuutste syfers te probeer bekom en sal ons dalk nooit weet nie.
MIV/Vigs in Suid-Afrika is ’n onrusbarende gesondheidskwessie, omrede daar aangevoer word dat meer mense met vigs in Suid-Afrika besmet is as enige ander land ter wêreld. Die 2007 UNAIDS-verslag bereken dat 5 700 000 Suid-Afrikaners met MIV/Vigs besmet is, altans net onder 12% uit ’n bevolking van 48 miljoen mense – maar ons weet dat die grensoorlopers in hulle miljoene Suid-Afrika binne gekom het sedert die ANC aan bewind is, wat die ekonoom Mike Schusler die aantal op 105 000 000 inwoners in Suid-Afrika laat bereken het. Dit beteken dat die besmettingsyfer in 2017 naby aan 12-13 miljoen kon wees. Met waarskynlike verdubbeling daarvan in die volgende 13 jaar tot nou in 2020 kon die syfer maklik tot 30 miljoen vermeerder het.
By volwassenes was die infeksiekoers tien jaar gelede 18,10%. Die getal geïnfekteerde lyers in omvang was toe reeds groter as enige ander land ter wêreld. Die ander vyf lande wat bo-aan die ranglys is met die hoogste MIV/Vigs-voorkoms, is almal buurlande van Suid-Afrika.
Die gemiddelde leeftyd wat oorbly vanaf MIV-infeksie tot die dood intree is 10,5 jaar vir mans en 11,5 jaar vir vroue.
In 2007 het slegs 28% van Suid-Afrikaners wat aan MIV/Vigs ly teen-retrovirale behandeling ondergaan. In 2004, 2005 en 2006 was die syfer onderskeidelik 4%, 15% en 21%. Teen 2009 het bykans 1 miljoen van alle Suid-Afrikaanse volwassenes teen-retrovirale behandeling ontvang.
Dus, MIV-Vigs eis al vir baie jare die lewens van derduisende Suid-Afrikaners. En terloops, die syfers dui daarop dat dít veel nader aan ‘n pandemie is as die geval met Covid-19. Soos in vorige artikels gemeld, kan ‘n uitbraak net ‘n pandemie genoem word wanneer die sterftesyfer minstens 12% van die totale bevolking is en met Covid-19 se lae sterftesyfers is dit tans vir seker nie die geval nie totdat dit spoed kry by die duisende, dalk miljoene Vigs-lyers.
Mag ons hemelse Vader ons die genadegawes van moed, kalmte en dapperheid gee om hierdie komende Vigs/Covid-19-pandemie met geloofsvertroue binne te gaan, te doen wat die hand vind om te doen, en met God se genade heelhuids daar uit te kom sodat ons dié vernielde land weer kan opbou tot wat dit was in die sestigerjare.