COVID-19 EN MEGA-DOSISSE VITAMIEN C

Uit ‘n gesondheidsoogpunt

Wat opvallend is, is dat vitamien C steeds deur Jan Alleman as 'n onnoemenswaardige en onbelangrike aanvulling beskou word en dat dit deur die oë van dokters in jou eie omgewing net nog 'n vitamien is.

Daar is navorsingstudies by verskeie universiteite oor die wêreld deur die jare gedoen om meer oor vitamien C te wete te kom. Hiervan is twee van die uitstaandes die Mediese Sentrum van die Universiteit van Maryland in Amerika en die Oregan Staatsuniversiteit aldaar.

Sekerlik van die eerste dinge wat vroeër jare vassgestel is, is dat vitamien C 'n voedselaanvulling is wat infeksies soos verkoue help voorkom, 'n uitstekende anti-oksidant is, dat 'n tekort daaraan skeurbuik veroorsaak, en dat dit noodsaaklik is vir die vorming van kollageen in ons liggame wat osteo-artritis help voorkom en selle en aarwande genees en versterk.

Mettertyd is daar darem ook vasgestel dat vitamien C baie ander kwaliteite het wat kanker help beveg, metaboliese funksies bevoordeel, hoë bloeddruk verlaag, asma en ander allergieë help hokslaan, bloed help verdun en dat dit selfs 'n voorkomende rol by beroerte speel.

Daar is ook vasgestel dat vitamien C 'n geweldige rol in die herstel van wonde en veral brandwonde vertolk, dat dit sinusprobleme verminder en wel die immuunsisteem versterk al betwis sekere persone dit, ook dat dit bloedsuiker verlaag waar diabetes ter sprake is en dat dit selfs 'n droë mond opklaar veral wanneer dit deur medikasie soos anti-depressante veroorsaak word.

Nog 'n ontdekking deur middel van mediese navorsing is dat dit 'n normale verskynsel is wanneer daar tot 'n 100 maal groter konsentrasies van vitamien C in sekere selle, organe en weefsel teenwoordig is as wat die bloedstroom huisves. Die spesifieke areas is genoteer as die adrenale kliere, die pituitêre klier in die brein, die retina in die oog, die corpus luteum wat 'n tydelike endokriene struktuur is in vroulike soogdiere en betrokke by die vervaardiging van relatiewe hoë vlakke van progesteroon en matige vlakke van estradiol (estradiol is 'n vorm van die vroulike hormoon estrogeen), en laastens die timusklier, 'n orgaan in die boonste borsholte wat limfosiete vervaardig (limfosiete is 'n soort witbloedsel wat inflammasie in die liggaam beveg).

Dan is daar ook die organe en plekke wat normaalweg tussen 10 tot 50 maal die konsentrasie vitamien C huisves as wat in die bloedstroom gevind word:

Dit is die brein, die rugmurg, longe, die testikels by mans, limfkliere, die lewer, die skildklier, al die ingewandsslymvliese, die pankreas, niere en dan die belangrikste die speekselkliere waarvandaan 'n groot dosis vitamien C na die res van die liggaam versprei word.

Wat egter van belang vir hierdie skrywe is, is die feit dat te min vitamien C bloeding van slymvliese vererger. Bloeding word veroorsaak wanneer selle opbreek soos wat virusse doen wanneer hulle dupliseer en selwande penetreer. Vitamien C versterk die selle in slymvliese, help om dit vinniger te genees indien virusskade voor kom en dit voorkom bloeding.

Die Polio-virus en dokter Frederick Robert Klenner (MD)

Dokter Klenner het reeds in die laat 1940's en vroeë 1950's polio-slagoffers met mega-dosisse vitamien C genees. Polio is ook 'n RNS-virus soos Covid-19. Soos ons weet is daar destyds groot getalle persone met swak immuniteit asook kinders en oumense aan polio dood terwyl talle verlam gelaat is daardeur. Dokter Klenner se volgehoue soektog na ‘n genesingsmiddel vir dié ongenaakbare siekte het eindelik vrugte opgelewer: Vitamien C in mega-dosisse!

Natuurlik is daar vanuit mediese kringe kwaai teen hom te velde getrek en later is sy suksesse doelbewus geïgnoreer en doodgeswyg selfs nadat hy alle verslae skriftelik opgestel en volledig aan die Amerikaanse Mediese Assosiasie op 10 Junie 1949 in Atlanta, New Jersey voorgelê het. As gevolg hiervan is alle praktisyns verbied om enige aansprake op genesingsmetodes buite die voorgeskrewe medikasieveld te maak en hulle is forseer om in die skaduwee van die Amerikaanse Big Pharma te werk. (Groot Broer het oral familie...)

Dr Klenner wat met sy vrou as enigste verpleegster vanuit 'n klein praktyk in Reidsville, Noord Carolina gewerk het, het dikwels sy pasiënte wat nie vir hulle behandelings kon betaal nie, gratis genees. Hier het hy talle babas suksesvol met vitamien C teen polio behandel. Ook het hy met baie groot dosisse askorbiensuur/vitamien C sy longontsteking-pasiënte behandel. Die behandeling is gewoonlik binne 'n paar dae met volle herstel van die pasiënt beloon.
Hy was nie bang om 'n baanbreker hiermee te wees nie want vitamien C is nie 'n sintetiese gifstof nie; daarom was dit ook nie nodig om eers navorsing op diere te doen nie. Dít terwyl Big Pharma toe reeds navorsing en eksperimente ter waarde van miljoene dollars aangegaan het wat hulle in staat stel om sintetiese middels te patenteer wat groot geld inbring.

Dr Klenner het gedurende die polio-epidemie van 1948 talle pasiënte met hierdie siekte in sy sorg gehad, en hy het elkeen van hulle gesond gedokter, selfs een man wie reeds in albei bene verlam was. In dr Klenner se verslag hieroor skryf hy: "When proper amounts of ascorbic acid are used, it will destroy all virus organisms. Don't expect control of a virus with 100 to 400 mg of C. Some physicians would stand by and see their patient die, rather than use ascorbic acid because in their finite minds it exists only as a vitamin."

En toe, redelik onlangs, kom dié aankondiging van die Universiteit Maryland dat Vitamien C in baie hoë dosisse virussiektes kan genees.

Dan is daar ook universiteite soos dié een in Aligarh, Indië, waar ene dr N Banu bevind het dat uitermate hoë dosisse vitamien C van tot 60,000 mg, selle wat deur chemoterapie beskadig is, heeltemal kan herstel.

Verskillende virusse

RNS-virusse (RNA in Engels of te wel ribonucleic acid) is 'n groep virusse wat bestaan uit ‘n enkelspiraal en word so genoem word omdat dit erfbare materiaal uit 'n mens se ribonukleïnsuur (RNS) bevat. DNS-virusse bestaan uit ‘n dubbelspiraal en bevat erfbare materiaal uit ‘n mens se deoxiribonukleïnsuur – afgekort DNS (in Engels DNA of te wel deoxyribonucleic acid).

Die Covid-19-virus is ‘n RNS-virustipe. Daarom bespreek ons hier die RNS-tipe.

Ons selorganismes gebruik RNS as boodskapper om genetiese informasie oor te dra. Ongelukkig gebruik RNS-virusse ons RNS om genetiese inligting te versluier sodat normale funksies nie kan plaasvind nie en ons dan siek word.

As RNS-virusse die liggaamselle oopbreek en skade veroorsaak, net soos chemoterapie liggaamselle beskadig, maak dit mos sin dat selskade veroorsaak deur die Covid-virus, net soos selskade deur chemoterapie, deur middel van vitamien C genees kan word indien die dosisse hoog genoeg is. Dit is tog wat dr N Banu van Indië in sy navorsing bevind het.

Nou gaan u spekuleer of sulke hoë dosisse vitamien C nie die liggaam kan vergiftig nie.

Omdat vitamien C wateroplosbaar is word alles wat die liggaam nie kan gebruik nie eenvoudig deur die urine uitgeskei. Maar natuurlik het ons ook die doemprofete wat nie op mense nie, slegs op rotte die vergiftigingsperk nagevors het met die bevinding dat vergiftiging plaasvind by 11.9 gram (11,900mg) per kilogram van liggaamsgewig. Hiérdie navorsers erken almal dat hulle self nie die vergiftigingsreikwydte van vitamien C by mense vasgestel het nie; dat hulle hul navorsing op rotte as 'n riglyn op mense gebruik. Nou wil ek hierby ‘n stuiwer ingooi: hulle het geen gronde of reg om so 'n riglyn op mense van toepassing te maak nie. Die rede? Mense floreer nogal op avokado maar soos wat 'n African Grey vrek as jy hom avokado voer, so sal 'n rot vrek wanneer jy hom 'n enorme dosis vitamien C van nagenoeg 12 000mg per kilogram liggaamsgewig injaag! Dit beteken dat 'n persoon wat 50kg weeg 600 000mg moet inneem – ontmoontlik! Die poliovirus in mense, is dan met dosisse van net 60 000mg vernietig – die navorsing staan vas. En dan is daar voedsel vir mense, en daar is voedsel vir diere, en dan is daar verskillende voedsels vir verskillende diere. Geen aannames durf gemaak word voordat daar spesifieke navorsing op spesifieke gebiede op spesifieke individue gedoen is nie. Daarom is die bevindinge van mense soos dokter Banu van Indië en dokter Frederick Robert Klenner van die VSA, kosbare kennis vir ons en ‘n bevestiging van die genesingswaarde van hoë dosisse vitamien C by mense.

Redelik onlangs is nog 'n geval aangeteken van 'n man in Niew Seeland, ene Alan Smith, wat in 'n hospitaal op sterwe was met bloedkanker en longontsteking. Daar was nie hoop dat hy veel langer sou leef toe sy familie met die vitamien C-genesingsidee kennis gemaak het nie. Hulle het besluit daar is niks om te verloor deur dit te probeer nie en groot dosisse vitamien C die hospitaal ingesmokkel. Na 'n paar weke op hierdie wondermedikasie het Alan regop die hospitaal uitgestap tot algehele verbasing van die mediese personeel.

'n Ander stukkie interessante navorsing wat in 2008 deur nog 'n dapper dokter, dr Russell Jaffe (MD, PhD), voltooi is, het bevestig dat alle mense vitamien C-aanvulling nodig het, selfs 'gesonde' mense. Ons voedsel is arm daaraan want ons grond is uitgeput, en die vitamien C-inhoud van voedsel wat gebêre word soos in hierdie moderne tye, verlaag drasties - hoe langer geberg, hoe minder vitamien C bly oor. (Koue berging vertraag die verlies in 'n mate).

Dr Russell het ‘n grafiek opgestel waarin hy met kleur presies aandui hoeveel vitamien C verskillende mense behoort in te neem.

  • ‘n Geel gedeelte op die grafiek dui op 'n skrale 5% mense wat gesond genoeg is om met 400 mg C per dag gesond te bly.
  • Dan volg ‘n blou gedeelte van 10% mense wat tussen 500 mg en 1 000 mg per dag benodig.
  • ‘n Turkoois gedeelte dui aan dat 80% mense met daaglikse bekommernisse, beserings en wonde leef, en êrens tussen 1 000 mg en 13 000 mg vitamien C per dag nodig het.
  • Die laaste kategorie in rooi dui op die laaste 5% mense, dié wat aan chroniese siektes ly asook ‘n akute aandoening beleef (waaronder chroniese en akute virussiektes), en dat hulle tussen 13 000 en 20 000 mg vitamien C per dag benodig.

Vitamien C is ook die enigste voedingsbestanddeel wat beskadigde aarwande kan herstel. Die bioflavonoiede daarin naamlik rutien, hesperidien en quersetien is hiervoor verantwoordelik.

Dis te begrype dat die meeste mense nog nooit hiervan kennis geneem het nie aangesien die mediese beroep en veral die wêreldgeldmagte groot finansiële verliese sal ly indien mense hierdie raad tot beter gesondheid sou volg. Daarom word hierdie kennis nie aan die groot klok gehang nie en is dit ‘n totale tragedie dat die waarheid ná so baie jare van navorsing verdoesel word.

Dink net hoe wonderlik as ons almal vandag hierdie kennis kon toepas, die groot geldmagte uitlag en nie in vrees geleef het vir die Covid-19-virus nie!