Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons sien oral om ons hoe mens onder die spreekwoordelike broodlyn leef; vroeër jare het ons feitlik nooit 'n blanke bedelaar gesien nie, vandag het elke straathoek een of meer. En ons gee dikwels 'n geldjie of iets anders om hulle te help, maar dink ons ooit aan hulle geestelike broodlyn, daardie groter behoefte wat dikwels nie raakgesien word nie? Gebruik die geleentheid om met hierdie mense oor hulle emosionele en geestelike welstand te praat en u sal verbaas wees hoe groot behoefte hulle daaraan openbaar!
KORONA – WAT MOET EK DOEN?
Te midde van algehele paniek wat ontstaan het oor die Koronavirus-uitbraak is dit dalk nodig om vir ‘n oomblik rustig en nugter te gaan kyk na die feite en dan te oorweeg watter opsies om te volg.
Ten eerste moet verstaan word dat alhoewel ernstig, die hele situasie uit verband geruk is. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) verklaar reeds aan die einde van Januarie dat die uitbraak gevaar inhou vir wêreldgesondheid met ‘n onmiddellike negatiewe impak op wêreldmarkte. Sopas is deur die WHO verklaar dat die uitbraak ‘n pandemie is.
Wat is die verskil tussen ‘n epidemie en ‘n pandemie? Wanneer ‘n buitengewoon groot aantal mense binne ‘n sekere area terselfdertyd simptome van ‘n siekte ontwikkel, word dit ‘n epidemie genoem. As die epidemie handuit ruk en ‘n baie groot deel van die bevolking (pan = almal) word daardeur geraak, word dit ‘n pandemie genoem. ‘n Pandemie ontstaan wanneer meer as 12 persent van die bevolking geïnfekteer word. Op hierdie stadium is minder as 1% van die wêreld se bevolking deur die virus besmet!
Die Amerikaanse Departement van gesondheid klassifiseer ‘n pandemie op grond van die aantal sterftes in verhouding tot die aantal geïnfekteerde pasiënte. Dit word deur hulle bepaal dat sodra hierdie koers 2% oorskrei ‘n pandemie verklaar word.
Die verhouding van sterftes tot gevalle vir die huidige uitbraak is egter ‘n skamele 0,04%.
Iemand baat duidelik daarby om ‘n toestand van paniek te saai...
Maar laat ons terugkom by die situasie hier te lande. Ons het hier wel te make met ‘n baie aansteeklike en gevaarlike siekte. Daarom moet ons voorsorg tref daarteen. Gesonde individue wat met die virus besmet word kan siek word maar sodra hul eie immuniteitstelsel die virus aanval, word hulle weer gesond. Die gevalle waaroor mens bekommerd is, is die mense wat chroniese siektetoestande onder lede het. Dit is onder andere mense wat ly aan hart- en longsiektes, diabetes, niersiektes, HIV-lyers, tuberkulose pasiënte ensomeer. Hulle immuniteitstelsels is verswak en kan daarom nie genoegsaam weerstand bied teen hierdie virus nie. Die mensdom is nog nooit voorheen aan hierdie virus blootgestel nie en daarom is daar nog geen weerstand daarteen opgebou nie.
Wat moet ons doen?
Versterk die immuunstelsel so:
Vitamien C instandhouding - Lees gerus die artikel hieroor by COVID-19 EN MEGA-DOSISSE VITAMIEN C
Zinplex tablette – 1 per dag
Viralguard tablette – 1 per dag
Kolloidale silwer oplossing (bv. Silverlab Colloidal Silver) – 15ml per dag
Knoffel - Lees gerus die artikel by COVID-19 EN KNOFFEL
Daarbenewens moet u kontak vermy met 'n massa mense, indien nie anders kan nie, moet u ten minste gereeld hande was aangesien die virus dikwels vanaf ons hande na die mond of oë versprei.
Belangrikste van alles is dat ons as gelowiges weet dat geen haar van my hoof sal val as die Heer dit nie so wil nie. Vrees is een van die satan se wapens teen die mensdom.
God is in beheer – net Hy bepaal ons lewens!