Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die armste mens op aarde is die mens wat niks anders as geld besit nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (28)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
“The ANC hates black people.”
- Adv. Ike Khumalo
*
“Zimbabweans follow the same white people to South Africa which they chased off their farms. We do not have enough white people in South Africa to support the whole of Africa.”
- Adv Ike Khumalo
*
Relentless blaze lays siege across Simon’s Town for third consecutive night, Scarborough evacuates.
The wildfire that was sparked on the mountain slopes of Castle Rock, south of Simon’s Town hurtled towards Scarborough via Plateau Road on Thursday evening, fuelled by a raging southeaster. Just before 8pm, another inferno erupted along the Glencairn Expressway.
- Victoria O’Reagan
*
In die moderne tyd is weervoorspellings baie akkuraat. Hierdie wetenskaplikes sal alle data in ag neem, vanaf isobars, windsnelheid en rigting, die invloed en uitwerking van beide El Niño en La Niña verskynsels, weerfronte, sowel koues as warm, laag en hoëdrukstelsels, barometerlesings en op grond hiervan en nog ander meer ingewikkelde data ‘n ingeligte voorspelling maak.
Netso is daar kundige mense wat die geskiedenis en die tendense daarom, demografiese data, sielkundige inligting, sosiale tendense, menslike ingesteldhede, verskillende politieke beginsels en die uitwerking daarvan op die sosiale en staatkundige stelsels ontleed, tesame met die intellektuele ontwikkeling van ‘n landstreek, die kwaliteit van die politici, die ekonomiese tendense en die rigting waarin dit beweeg, die toestand van infrastruktuur om ‘n ewe ingeligte voorspelling te waag aangaande die rigting waarin die betrokke land beweeg, die snelheid waarmee dit toe of afneem, die vermoë van die regering om dit te keer of andersins hulle onbeholpenheid.
Wanneer kundige mense al hierdie faktore in ag neem, is dit baie duidelik dat die Republiek van Suid-Afrika, as paradigma geneem en enige plek in die geskiedenis op enige land, ontwikkeld of agtergeblewe, geplaas, is dit duidelik in die woorde van ‘n bekende ekonoom dat: “Suid-Afrika ‘n mislukte regering het, is ‘n mislukkende staat en dis net ‘n kwessie van tyd, voordat dit ook ‘n mislukte staat sal wees, al die kenmerke van die VN in ag genome.”
*
Skeer, Rob en Bert het die skote gehoor en dadelik dekking geslaan. Skeer gryp vir Ezra en trek hom saam grond toe. Van die skote knal vanuit hulle Suid-Ooste en die ander vanuit die teenoorgestelde kant. Enige ervare jagter kan hoor of die skoot raak is of nie, met die knal en die klap wat daarop volg. Sodra die skote ophou, gryp Skeer vir Ezra aan die hand en hardloop terug huis toe waar hulle lang wapens is. Bert en Rob volg kort op sy hakke.
“Hoe kon ons so agterlosig wees en so onnosel om ons gewere te los?” dink Skeer. Binne die houthuis gryp hy sy geweer, met die ander twee wat ook hulle s’n vat. Ezra vat sy eie en dan weet hulle nie dadelik wat om te doen nie. Hulle is wel buite sig van wie ookal losgebrand het, maar elkeen weet dat die mure van die huis, alhoewel met relatief dik stompe gemaak, nie veel skuiling verleen aan moderne hoësnelheid rondtes nie. Ja, dit verminder die spoed waarmee dit trek, maar verwring die koeëlpunte en veroorsaak ook dat dit tuimel en baie aaklige wonde veroorsaak.
Rob sluip na een van die vensters, trek die gordyn weg, maar kyk nie dadelik na buite nie, aangesien hy sou wag vir iemand aan die buitekant om juis te kan korrelvat waar hy beweging sien.
“Sien jy iets?”
“Niks. Daar beweeg nie ‘n mens dier of takkie nie.”
Bert is by die ander venster, maar daar is ook geen beweging nie. Hy kyk agter hom en rond vir iets om skuiling te bied, maar hy sien niks wat substansieel genoeg is nie.
“Wag, ek sien iets!” waarsku Arno dringend. “Kyk daar na die Noorde!”
Wat hy sien is ‘n mens met ‘n harige pak klere aan, en ‘n wapen wat dwars tussen twee hooggestrekte hand vasgehou word in ‘n teken dat die persoon in vrede kom. Tog kyk hy deur die teleskoop van sy Mauser en hou die kruishare op die persoon se bors.
“Kom nader as jy moet, maar moenie kanse vat om die geweer te skouer nie!” roep hy.
Die mens hang die lang geweer oor sy skouer en kom met hande hoog gehou versigtig nader. Wanneer dit naby die stoep kom, haal die mens sy geweer af, sit dit versigtig op die grond neer en kom stadig nog ‘n tree of twee. Dan trek sy die rits aan die voorkant van die ghillie-pak af en klim daaruit.
“Dis ‘n vrou!”
“Kom nader, dame, maar wees verseker dat ek nie sal huiwer om te skiet nie.”
Die vrou is baie mooi, met versorge hare, ‘n baie vroulike figuur, lank, skraal en sterk gebou, wat ook duidelik is aan die manier waarop sy loop. Sy het haar gesig en hande donker gemaak met die tipiese weermag kamoefleermiddel, maar haar gelaatstrekke is fyn en feitlik perfek, dis net… haar ken en onderste kakebeen is buite verhouding groot met die res van haar gesig. Wanneer sy praat is haar stem laag, maar sonder om enigsins manlik te wees.
“Ek kom nie met enige kwade bedoelings nie en as julle my nie glo nie, gaan kyk maar daar teen die randjie – daar sal julle die liggame van drie manne kry wat wel met vyandige bedoelings gekom het.”
“Was dit jou skote?”
“Dit was inderdaad.”
Maya voel skielik baie moeg. Haar hande bewe effens, soos die adrenalien in haar bloedstroom afneem en die werklikheid tot haar deurdring. Een van die manne, as sy reg onthou van sy profiel, se naam is Jacobus Hugo, Brigadier SAPD, loop effens na haar toe.
“Juffrou, as jy wil sit, doen dit.”
“Dankie, maar ons het nie baie tyd nie. Hierdie hut van julle beteken niks teen die wapens wat die ander aanbring nie. Ek sou voorstel dat julle vat wat julle kan en wil en kom saam met my.”
“Whoa – nie so vinnig nie. Wie is jy, en waarom is jy hier?”
“Ek is Luitenant Maya Pentz. Ek is deel van die weermag se spesiale magte en ek is getaak om julle uit te haal. Nou weet julle.”
“En waarom het jy nog nie? Was ons nie oop genoeg teikens nie?”
“Daar by julle visvangery? Inderdaad was julle.”
“Maar…?”
“Maar ek kon nie. Veral nie met die kleintjie by julle nie. Maar nou genoeg van alle bekendstellings. Ek weet wie julle is, almal van julle. Daar is ‘n hele kompanie op pad om te kom doen wat ek veronderstel is om te doen en as ek julle is, sal ek nie meer hier wees as hulle kom nie.”
“Hoe weet ons dat ons jou kan vertrou en dat jy nie vir ons in ‘n lokval inlei nie?”
“Ek het nie tyd hiervoor nie. Hulle gaan my nou ook soek. As julle wil saamkom, welkom, maar ek loop nou.”
Maya trek haar pak aan en tel haar geweer op.
“Staan vas, Maya, ons kry net ons goed.”