Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons het die voorreg om weer vandag die geboorte van Jesus Christus te herdenk. God het sy enigste Seun gestuur omdat dit noodsaaklik was dat Jesus waarlik volkome mens word sodat Hy as't ware saam met ons onder die oordeel oor die sonde kon inskuif, ten spyte daarvan dat Hy sondeloos is. Dit was juis sy sondeloosheid wat gemaak het dat Hy sy groot lyding en God se toorn kon verduur – iets wat geen sondaar kan doen nie. So het Hy die sonde oorwin en vir ons verlossing gebring.