Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe gebeur dit dat ’n mens die Bybel as God se Woord aanvaar en nie maar as ’n wonderlike boek deur goeie mense geskryf nie? Dit is die Heilige Gees wat in jou werk en jou oortuig dat jy hier nie met ’n gewone boek te doene het nie. Dit sluit egter nie die verstand uit nie. Die aanvaarding van die Bybel as God se Woord, is ook ’n verstandelike aanname, ’n deurdagte besluit.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (27)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Zuma burning down the house.
With its resolve to ditch the constitution and little if any economic nous, Zuma’s MK Party is as much a vehicle to feed his spite and hubris as it is a political party.
Jacob Zuma is a noxious force in South African politics. Nowhere was that on clearer display than his comments at the weekend threatening violence if the Electoral Commission of South Africa (IEC) went ahead with its results announcement on Sunday.
After his MK Party claimed vote-rigging without providing a shred of evidence, Zuma said the IEC would “be provoking us” if it announced the result of last week’s poll. “When we stand up and do something, somebody is going to say: ‘These people are violent. They must be shot. They must be arrested’.”
-Shirley de Villiers
* Wanneer ‘n vakuum gevorm word, volgens Toricelli, sal daar altyd ‘n neiging wees om die spasie te vul. Sodra die vakuum in die regering ontstaan het, met dié dat die kabinet landuit gevlug en die parlement in wese beheer oor die burgers verloor het, word hierdie lugleegte gevul met ander mense wat neig om beheer oor te neem. Die moderne mens is in wese ‘n tropdier en in ‘n trop is daar altyd ‘n leier.
Gedurende “normale” tydperke, waar ‘n samelewing georden is volgens wette en normes, waar besighede bestuur word deur hoofuitvoerendebeamptes, gerugsteun deur die finansiële beamptes, menslike hulpbronne en produksiebestuurders, sal die werkers, soos in ‘n piramide, hulle opdragte ontvang van die persoon net bokant hulle en hierdie mense sal weer die opdragte herlei na diegene onder hulle, totdat die vloer van die piramide bereik word, waar die werklike werk gedoen word. Dieselfde gebeur – of behoort te gebeur – in ‘n regering. Wanneer die regering platval, of afwesig raak, sal die vakuum gevul word deur mense wat sterk, doelgerig en in baie gevalle brutaal is.
Heinz von Kleibel is so ‘n man.
*
“Nou ja, laat ek hoor.”
“Wat hoor?”
“Wat jy nou aan gedink het en vir my wil vertel.”
“Hoe weet jy ek wil iets vertel, of dat ek aan iets gedink het?”
“Ek ken jou. As jy so stil begin raak en ‘n veraf uitdrukking in jou oë kry soos ‘n Vendavrou wat hout soek, dan het jy nou weer aan iets gedink.”
“Nou goed. Ek dink maar daaraan dat ‘n gebrek aan leierskap en ‘n slapgatgeit jou altyd inhaal. Cyril Ramaphosa het die land probeer regeer deur middel van konsensuspolitiek en nie deur deurdagte en besliste besluite te neem nie en sy doel was nooit, volgens hom, om die landsmense te dien nie, maar om die ANC bymekaar te hou.”
“En?”
“Onder sy leierskap het die ANC net verder versplinter. Sy volgelinge het meer van Jacob Zuma gehou wat, ten spyte van sy aandeel aan staatskaping, meer konsekwente besluite geneem het, al was dit dikwels ongewild.”
“Was die ANC nie reeds uitmekaargeval teen die tyd dat Ramaphosa vir Zuma vervang het nie?”
“Grootliks ja, maar ‘n gemeenskaplike afkeer vir wat hulle ‘wit monopolitiese kapitaal’ genoem het, plus hulle begeerte om die staatskas verder te plunder het hulle bymekaar gehou. Ironies genoeg het Ramaphosa se begeerte om die land op te offer vir die ANC, dit byna vernietig. Die ander groot fout wat hy gemaak het, was om vir Zuma te laat vrygaan nadat hy uit Rusand teruggekom het.
“Tipies vir ‘n bang leier het hy vir oom Jacob saam met bykans tien duisend ander tronkvoëls vrygelaat, omdat hy ‘n herhaling van die 2021 onluste wou keer. Wat hy nie besef het nie, is dat dit verreikende gevolge sou hê, deurdat dit vir Zuma die geleentheid sou gee om aan die verkiesing deel te neem in Mei 2024. Dit het die ANC tot onder vyftig persent gesleep en amper die party vernietig.”
“En dit het die Zulu’s onder Zuma verenig teen die ANC wat grootliks uit die ander etniese stamme betaan.”
“Jy is reg.”
*
Heinz von Kleibel het sy soldatetande geslyp in die Duitse weermag, die Wehrmacht, en as gevolg van sy natuurlike fiksheid, bewese leierseienskappe en bogemiddelde intelligensie, het hy vinnig gevorder na die rang van majoor, oftewel “Major” in Duits, maar sy absolute minagting van sy senior offisiere en mishandeling van sy juniors, het mettertyd die aandag getrek van die generalestaf en dit het duidelik geword dat hy die rangplafon in die weermag bereik het.
Na drie jaar van uiterse frustrasie het hy bedank en aangesluit by die Wagnergroep, wat as huursoldate dwarsoor die wêreld geopereer het, maar veral in Afrika, waar hulle openlik as overte groep opgetree het, soms onder die radar in samewerking met die bestaande weermagte, maar soms in plaas daarvan. Meer as een outokratiese magshebber het aan bewind gebly deur hulle toedoen.
Nadat Prigozhin gesterf het in die vliegongeluk op 23 Augustus 2023, toe 'n Embraer Legacy 600-sakestraler naby Koezjenkino in Twer-Oblast neergestort het, ongeveer 100 kilometer Noord van sy vertrekpunt in Moskou, het Heinz stil en half ongemerk sy pos verlaat en na ‘n nuwe teikengebied begin soek.
Die mees voor-die-hand-liggende plek is in Suid-Afrika, met die verval van die regering, wat inmekaar begin stort het kort nadat die regering van Nasionale Eenheid ‘n wankelrige en storterende aanvang geneem het.
‘n Normale mens sou nooit al die planne en voorbereidings kon smee nie. Dit neem ‘n mens met buitengewone intellektuele vermoë en ‘n erge psigotiese instelling om in hierdie omstandighede mense van alle rasse te kon saamsmee, met ‘n eenvoudige, maar gemeenskaplike doelwit voor oë, naamlik om die mag saam te snoer en oor te neem, om sodoende alle beskikbare bronne toe te eien, al kos dit soveel lewens as wat nodig is.
Sukses bring sukses voort en Heinz het gesorg dat hy nooit in enige poging sal faal nie. Alhoewel hy natuurlik aanvanklik alleen geopereer het, het hy binnekort ‘n handjievol volgelinge gehad, wat net so wreed, ongevoelig hebsugtig en gemeen is as wat hy is. Elke man met die geringste swakheid is uitgewan (doodgeskiet) en mettertyd bestaan sy naamlose bende uit hierdie uitgesoekte wreedaards, wat elke opdrag met ywer en doelgerigtheid uitvoer. In hulle spoor laathulleverwoesting en doodagter.
Een van hierdie uitgesoektes is Abdul Ibn Jusaf.
*
Dullstroom het niks opgelewer nie, behalwe koue en klam weer. Die Retief Familieplaas is verlate en deels gestroop van alles wat afgebreek, losgeskroef of afgebout kan word. Vir ‘n paar dae soek die klompie mense tevergeefs na enige leidrade, hetsy ooglopend of dalk versteek.
“Ek begin al meer en meer dink ons is op wat die Engelse ‘n ‘wild-goose chase’ noem.”
“Hoekomsê Jy so, Arno?”
“Dink ‘n bietjie mooi daaraan, Skeer. Die enigste mens wat die goud hanteer het nadat dit op die ossewaens gelaai is, was Fritz Joubert, oftewel Duquesne. Hy was gevang deur die Engelse, het ontsnap en is later Amerika toe, waar hy ‘n spioen was, vrygelaat is en sy laaste jare as armsalige deurgebring het. Dink jy hy sou nie, met sy briljante kop en al sy ervaring, die manier waarop hy mense om die bos kon lei en selfs manipuleer, nie sy pad kon terugvind Suid-Afrika toe nie? Sou jy op straat bly en honger, koud en verarm deur die laaste deel van jou lewe gaan as jy weet waar miljoene ponde se goud versteek lê?”
“Jy kan darem koue water oor ‘n mens se parade laat reën, weet jy, Arno?”
“Ek dink ook nie die swartmense gaan ons kan help nie. Ek het ‘n idee dat oom Fritz die hele klomp wat saam met hom was, doodgeskiet het na die tyd. Dit klink goed om te sê hulle het hom aangeval en hy het uit selfverdediging geskiet, maar ek dink nie so nie.”
“Jy kan reg wees, maar dit is water onder die brug deur, of vermorste melk?”
“Eerder bloed as melk.”
“En Skeermes... dis nie regtig ons plig om genoeg geld te kry om die land weer op te bou nie. Ons plig is om nou aan die lewe te bly en te help om die vyand – wie hulle ookal is, te neutraliseer.”
“Of net minder maak?”
“Netso.”