Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hulle wat nie met hul daaglikse brood alleen tevrede is nie maar met 'n onbeteuelde hebsug na grenslose besittings jaag, en dan nietemin God met bede aanroep vir hul daaglikse brood, doen niks anders nie as om Hom te bespot. Want om te bid vir dinge wat hulle eintlik verfoei – die eenvoudige daaglikse brood – is huigelagtig.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (17)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligting)
Increased acts of terrorism, such as gang warfare, town, farm and homestead attacks, hard intimidation, armed robberies, cash-in-transit heists (CIT) and the theft of arms and ammunition.
-Roland de Vries
*
“Politics is the ability to foretell what is going to happen tomorrow, next week, next month and next year. And to have the ability afterwards to explain why it didn’t happen.”
-Winston Churchill
*
The real damage is done by those millions who want to ‘survive.’ The honest men who just want to be left in peace. Those who don’t want their little lives disturbed by anything bigger than themselves. Those with no sides and no causes. Those who won’t take measure of their own strength, for fear of antagonizing their own weakness. Those who don’t like to make waves—or enemies. Those for whom freedom, honour, truth, and principles are only literature. Those who live small, mate small, die small. It’s the reductionist approach to life: if you keep it small, you’ll keep it under control. If you don’t make any noise, the bogeyman won’t find you. But it’s all an illusion, because they die too, those people who roll up their spirits into tiny little balls so as to be safe. Safe?! From what? Life is always on the edge of death; narrow streets lead to the same place as wide avenues, and a little candle burns itself out just like a flaming torch does. I choose my own way to burn.
-Sophie Scholl
*
Verlamming spoel oor Johan. Is dit hoe dit alles eindig? Marge, sy vrou het stadig weggekwyn, vroeg in haar lewe al gediagnoseer met motorneuronsiekte, wat haar spiere so te sê opgedroog het en uiteindelik, na baie maande, het sy opgehou asemhaal. Maar nou is dit skielik. Die groot verval van stelsels, die massas wat die buurtes binne gedring het met geweld en ‘n totale gebrek aan menslikheid, oorval deur primitiewe drange, op hulle beurt aangevuur deur honger, dors en desperaatheid, wat alle rede en verantwoordelikheid, empatie, sin vir beskaafdheid en die besef van gevolge bloot in die wind geslaan en net een doel voor oë het en dis om te oorleef, al is dit op die kadawers van medemense.
Die skielikheid en die onbeheerde geweld is vir die meeste mense onhanteerbaar. Ook met huisrowe en moorde. Daar is nie tyd vir dink nie, nie vir onderhandeling en in baie gevalle nie eers om te bid nie. Die brutaliteit is oorweldigend en baie mense sterf sonder dat hulle eers tot verhaal kan kom.
Onbewustelik gaan staan Johan teenaan Lucille, met sy arms om sy twee seuns. Alle vorme van denke verlaat hom, hy maak sy oë toe en gee oor aan die onvermydelike.
In ‘n sekere sin is Lucille verlig oor wat gebeur. Haar lewe is in ‘n groot mate haar ontneem met die dood van haar man en kinders, haar huis wat afgebrand is en die vlug daarna. Dis in werklikheid vir haar ‘n welkome uitkoms. Sy kan nou heengaan na waar haar gesin is en sy hoef nie meer te veg, uitgeput te wees, in ‘n toestand van voortdurende skok te leef en vergelding te beplan nie. Ook sy maak haar oë toe en wag vir die finale slag.
Soos ‘n springhaas verstar in ‘n kar se hoofligte, so staan hulle en wag dat die voertuie stilhou en baie mense van oral op hulle sal afstorm.
*
Cor loop vroeg uit die dorpie, vroeg genoeg dat niemand hom kan keer nie. Die twee wagte by die grens van die dorp sien hom naderkom, herken hom aan sy swaar gang, met die regterbeen wat nog nie volle krag herwin het nie. Die ou .303 skaaf sy seer skouer en na ‘n kilometer haal hy dit af en dra die geweer in sy hand.
Die son kom stadig genoeg op dat sy oë dit gewoond kan raak en, al beleef hy dit, het die sonsopkoms nie enige estetiese waarde vir hom nie. Dis net nog ‘n dag, een waarin hy met allerlei pyne, fisies sowel as geestelik, gaan worstel.
Na ‘n uur en ‘n kwart het hy die vyf kilometer na Alleenstaan, ‘n bitterklein nedersettingkie aan die onderkant van ‘n lae spitskoppie afgelê. Die plekkie, bestaande uit ‘n polisiestasie, waar daar gewoonlik net ‘n sersant en twee konstabels, ‘n afgeleefde vangwa en ‘n ouerige hond was, ‘n soort spazatjie en ‘n eenpomp-vulstasie, is nou verlate. Cor ervaar ‘n moedeloosheid as hy dit sien. Hy is immers op die oorlogspad en die oorlog is nou verder as waarvoor hy begroot het. Hy is moeg, warm, al is dit nog vroeg en amper winter, maar die pyn slaan sweetdruppels oral oor sy lyf en voorkop uit.
Die ou Indiër, Jewel, kom uit sy spazatjie geloop, terwyl hy sy hande afdroog aan ‘n ou rooi en wit afdrooglap.
“Môre meneer. Hoe kan ek jou vanoggend so vroeg help?”
“Waar is die polisiemanne?”
“Wat wil die meneer met hulle doen?”
“Ek wil hulle doodskiet, dis wat!”
“Nou hoekom, meneer? Dis mos nie christelik nie?”
“Luister jou verbrande mohamedaan, ek het my redes. Hoe klink dit soos dat hulle my plaas van my weggevat het, my vrou doodgemaak en my vol gate geskiet het?”
“Ja, dit blyk dat die meneer genoeg rede het. Maar, ja, hulle is al lankal hier weg, hondjie en al.”
Cor hoor ‘n voertuig aankom, hy haal die geweer oor en korrel pad af in die rigting vanwaar ‘n bakkie aankom. Dis die ou Nissan Patrol van WP, met Giel langs hom. Hy laat sak die .303 en staan gelate en wag vir die twee manne.
“Gaan jy oorlog maak sonder ons?”
“Wie sê ek gaan oorlog maak?”
“Kom ons gee jou ‘n geleentheid terug dorp toe. Janah wag daar en sy sê ons kan nie sonder haar ‘n ops doen nie.”
*
Onwillekeurig neem Lucille Johan se hand in hare. Die twee seuns is absoluut verskrik en hulle sak die een na die ander op hulle knieë en sit hulle hande agter hulle koppe, in afwagting en pleitend om hulle lewens. Hulle het immers die afgelope tyd gesien waartoe mense in staat is.
Skielik skakel eers die een en dan die ander voertuig hulle hoofligte af en in die parkeerligte verskyn ‘n groot man, ‘n lang, ouer man, ‘n vrou en ‘n jong seun voor hulle.
“Kom nou mense, ons is nie julle vyand nie en gaan nie julle seermaak nie!”
Johan en Lucille blaas beide hulle asems in verligting uit, die twee seuns staan huiwerig op. Een van hulle gaan aan die huil van verligting.
“My naam is Koot Hugo, maar die mense noem my sommer ‘Skeermes’ of ‘Skeer’. Hierdie ou by my is Arno van Deventer en langs hom is Maya Pentz en langs haar is Ezra.”
“Hoekom is julle hier?”
“Ons is op soek na iets, maar ons sal later daaroor praat. Waarom is julle so tussen beskawings op hierdie gevaarlike pad? En hoekom het julle nie wapens by julle nie?”
Johan begin verduidelik van hulle vlug uit die stad, en ook die teenwoordigheid van Lucille by hulle.
Na ‘n wyle val Arno hom in die rede.
“Ek wil nie ongeskik wees nie, maar mense, ons moet ry. Is julle voertuig vier by vier?”
“Ja, dit is, maar ek het nie baie ervaring daarvan nie.”
Skeer kyk na Maya.
“Maya, het jy baie ervaring van veldry?”
“Nie werklik nie. Ek is meer gewoond aan die weermag se Samils, maar ken nie hierdie nuwerwetse goed nie.”
“Nou goed. Johan – dis jou naam nê? Jy sal maar moet leer soos ons gaan. Sien jy daardie vlamme en rook daar voor? Dit beteken ons kan nie daardeur nie. Miskien kan ons, maar daar sal ‘n geskietery en geweld wees as ons dit doen en ‘n mens kan nooit seker wees wat mag gebeur nie. So, ons moet hier langs die kant by die walle uit en dan soek ons pad deur die veld. Sien jy kans daarvoor?”
“Na vandag sien ek kans vir enigiets, net solank dit ons buite die hande van hierdie barbare vat.”
“Nou goed. Ek gaan voor ry met die Land Rover en dan ry jy agter my aan. Arno gaan agter jou aankom. Weet jy hoe om vierwieldryf en laestrek te skakel?”
“Laestrek?”
“In Engels ‘Low-range’”
“Ja, ek weet dit darem.”
“ Nou goed. Ek het nie tyd om alles te verduidelik of jou opleiding te geen nie. Die geheim is ‘so vinnig as nodig en so stadig as moontlik...”
Lucille val hom in die rede.
“Meneer, Skeer, ek weet hoe om veldry te doen. Ek het baie ervaring daarvan. Dis nou wel lank gelede, maar ek kan dit nog goed onthou.”
“Dis goeie nuus!”
“En behalwe dit, ek kan goed skiet, al was dit ook lank gelede. Ek het nogal heelwat gejag.”
Johan en Skeer kyk na haar met bewondering in hulle oë en houding.
“Het jy ‘n wapen?”
“Nee.”
“Nou kom ons ry. Sodra ons veilig is, kyk ons wat ons daaraan kan doen.”
Arno val ook vir Skeer in die rede.
“Wag, Skeer. Ek het vir haar iets. Mevrou, weet jy hoe om met ‘n rewolwer te skiet?”
“Ek doen.”
Arno loop na die Land-Rover toe en haal ‘n leerbelt wat om ‘n holster gedraai is, onder sy sitplek uit. Wanneer hy dit afrol, is daar ‘n Ruger .357 Magnum daarin. Hy hou dit na haar uit. Sy neem dit woordeloos en sit die belt om haar middel. Dis hopeloos te lank en Skeer maak ‘n nuwe gaatjie vir haar. Met die wapen om haar, voel Lucille skielik nie meer na ‘n slagoffer nie, maar na ‘n oorlewende.