Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die afgelope 24 uur het God alweer vir jou die geskenk van 86 000 sekondes gegee. Het jy een van hulle gebruik om vir Hom dankie te sê?
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (16)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Reeds tydens die Anglo-Boereroorlog wou Brittanje die Afrikaner geheel en al vernietig en was daar wel ‘n volksmoordplan op die tafel. Ook die verkragtings op Boerevroue wat jare lank verswyg is, was deel van Brittanje se plan om Afrikaners as ‘n volk en ‘n mededingende groep in Suid-Afrika geheel en al te elimineer.
Hoe gaan Brittanje baat by ‘n Malema-oorname en algemene ekonomiese chaos in die land? Soos wat blankes en opgeleide mense uit die land vlug, sal dit ‘n vraag na “konsultante” en kundiges skep wat almal ten duurste van Engeland ingevlieg sal word. Die Britse hulporganisasies soos Oxfam wat oral in Afrika bedrywig is, sal hier voedsel aan die bevolking kom verskaf en sodoende ook beheer verkry.
Omdat Suid-Afrika ‘n nywerheidsland is, sal die funksionering van die stelsel steeds tegniese vaardighede vereis, wat deur Engeland verskaf sal word. Ook die myne sal spotgoedkoop van hande verwissel. Te midde van voedseltekorte sal die mynwerkers nie sulke hoë lone kan vra nie en moontlik kan daar selfs Zimbabwiërs in die SA myne ingespan word, om vir ‘n appel en ‘n ei te werk, nes in die ou dae.
In elk geval is die grens tussen Zimbabwe en Suid-Afrika reeds afgeskaf, iets waarvoor die Engelse kerke in Suid-Afrika hulle doelgerig beywer het. Die Engelse kerke is, afgesien van die BBC en Oxfam, nog ‘n front organisasie van die Britse regering. Ons het gesien hoe die Anglikaanse Kerk geld vir die terreurbeweging in Suid-Afrika gewas het. Die prominente rol wat Desmond Tutu van die Anglikaanse Kerk ook in die propaganda teen plaaslike blankes gespeel het, is voor die hand liggend. Om die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe afgeskaf te kry, was ‘n oogmerk van Brittanje sodat die Suid-Afrikaanse identiteit verder kon vervaag.
Die tafel is dus gedek vir die tweede rewolusie waarmee die blankes uit die land verdryf gaan word sodat Suid-Afrika weer ‘n kolonie van Brittanje kan word, met afhanklike, korrupte en hoogs omkoopbare swart politici wat die land regeer. Die probleem met die blanke teenwoordigheid in die land is dat ons nog steeds die instellings en die ekonomie funksioneel hou, wat ook die ANC-bewind minder afhanklik van Brittanje vir hulp en kundigheid maak want hy kry nog steeds ‘n triljoen rand se belastings elke jaar. Iets van Verwoerd se ousoewereiniteit het dus oorgebly.
*
Another point of a good swine-heard, is to sweep oftentimes the sty, for although such be the nature of the beast [swine] that it defileth all things, and will be wallowing in the mire, yet will she also be very desirous of a clean lodging, and delight much in the same; and when they be shut up, they must not be enclosed like other beasts altogether, for one of them will throng and ly upon another, but there must be several porches and hatches to sever and distinguish their lodgings, so as the great with Pig may lie in one place, and the other ready to be delivered by themselves, free from all incursion and violence (sic).
-From Edward Topsell, The Historie of Serpents (1608) (sic).
*
Hy vat haar aan die skouer en druk haar saggies agtertoe teen die rugleuning van die sitplek. Haar hele voorkant is vol bloed. Een van die skote het haar reg onder die hart getref.
Skeer draai links af in Lynnwoodweg, ry met ‘n angstigheid wat hy nog nooit so intens ervaar het nie, in die rigting van die hospitaal. Reeds van ver af sien hy die blou en rooi flitsende ligte van ambulanse en polisievoertuie, maar dit maak nie saak nie. By die hospitaal aangekom, vleg hy tussen die noodvoertuie deur, totdat hy minder as vyftig meter van die hooflingang is. Haastig, maar tog met versigtigheid, haal hy haar uit die passasiersitplek en hardloop met haar in sy arms na die ingang.
Voor die groot, dubbel glasdeure is ‘n hele skare mense. Elkeen is siek, gewond of beseer. Skeer druk ‘n pad oop totdat hy voor die deure is. Daar is tye wanneer ‘n groot, fris lyf van groot waarde is. Die deur is versper en twee veiligheidswagte en drie polisiemanne staan saam met ‘n man met ‘n wit jas en ‘n stetoskoop voor die glasdeure.
“Maak oop, maak oop!”
Die wagte wys vir hom die deur is toe, terwyl die SAPD-lede met onsimpatieke oë na hom staan en kyk. Die dokter kyk op van sy aanknipbord en sy oë is ‘n vraagteken.
“Maak oop, sy is geskiet!” asof die mense dit nie kan sien nie. Die bloed drup immers van sy hande af op die stoep.
Uit moedeloosheid hou hy haar hoër vas en grou in sy baadjie se binnesak na sy aanstellingskaart, wat hy met ‘n bebloede palm teen die deur druk. Een van die polisiemanne kom nader, sien die polisiekenteken en die rang van brigadier en na ‘n baie vinnige gesprek met die ander, maak hy die deur oop, bring vir Skeer en Leona in, terwyl hy die ander wat nou ook wil inkom, wegdruk. Op daardie oomblik gaan die krag af en net voor die noodkragopwekker inskop, is dit nie net die hospitaal wat in donkerte is nie, maar die hele omgewing.
“Wat is fout, meneer?” vra die dokter, asof hy nie die plasse bloed sien wat op die vloer drup nie. Nietemin loop hy met los jaspunte wat agtertoe waai.
“Volg my assebilief!”
Hulle loop vinnig by ‘n noodkamer in, waar Skeer vir Leona op die groen-beklede bed neersit. Die dokter kyk vir ‘n sekonde na haar, voel haar polsslag, sit die stetoskoop op haar bors met die gehoorstukke in sy ore. Hy maak sy oë vir ‘n moedelose oomblik toe.
“Jammer, meneer, daar is niks wat ek kan doen nie.”
Hoe bedoel jy nou?!”
“Sy is dood, meneer, miskien al lankal voor jy hier aangekom het. Die trauma was erg. Geweerskoot?”
“Ja…”
“Meneer – ek bedoel, Brigadier, ek weet nie presies wat aan die gebeur is daar buite nie, maar ek dink jy gaan baie werk hê.”
*
“Ek is nie ontnugter of teleurgesteld in die ANC nie. Soos Edward Tospel gesê het, ‘It is in the nature of the beast’. Wat my skok is die gemak waarmee ons uitverkoop is deur ons eie mense.”
“Het jy ooit ‘Raka’ van NP Van Wyk-Louw gelees?”
“Ja, natuurlik, op skool.”
“Ek het al baie soos die ou met die naam ‘Koki’ gevoel. Ek probeer, ek waarsku, ek steek my nek uit, maar die volk loop agter die dier aan, ‘met die skaamte skaamt’loos groot’.”
“As ons nou klaar aangehaal en gefilosofeer het, wat is ons praktiese skuif?”
Twee weke is verby nadat hulle van Pretoria af teruggekom het. Leona is langs haar pa begrawe, ‘n hanetreë van James af. Vir die soveelste maal wonder Skeer of dit alles die moeite werd is. Hy dink partymaal die Afrikaner wat so maklik om die bos gelei is deur die vorige bedeling se politici, moet maar die bed wat hulle gemaak het, gebruik om op te lê. Hy het soveel betaal die afgelope tyd, aan sy vryheid, fisiese pyn en stres, maar dit is niks in vergelyking met die smart wat hy ervaar met die dood van Leona nie. Na Rachelle, sy eks-vrou, het hy nie gewaag om weer lief te kry nie, en hierdie vrou het ongesiens in sy hart kom kruip. Hoe anders kon dit nie wees as sy en haar pa hom nie gaan help het en verpleeg het daar in die Swartberg nie! Dan was hulle albei nog gesond en besig om met hulle lewens aan te gaan, maar hy het dit van hulle albei beroof deur sy hardkoppigheid en onsensitiwiteit.
“Dit help nie, weet jy?”
“Wat?”
“Om jouself so te kasty nie. Al wat jy kan doen is om nou seker te maak dit was nie tevergeefs nie.”
“Hoe weet jy wat ek deurgaan?”
“Dis so duidelik asof jy dit kan neerskryf, Skeer. En jy sou nie mens gewees het as jy dit nie gedoen het nie.”
Die drie manne sit in die donker, met net ‘n flitsbattery-lantern wat op die boekrak staan, wat lig gee. Twee dae nadat hulle teruggekom het, het Eskom fase twee-beurtkrag ingestel. Dis binne ‘n week na fase vier en ses verhoog en uiteindelik na agt, soos Medupi, die kragstasie by Lephalale, die ou Ellisras, finaal ingegee het. Hierna het Koeberg nog ‘n eenheid weens veiligheidsredes afgeskakel, maar die breek van die Karibadam en die vloed wat meegebring is, het die Cahora Bassadam se wal weggevee asof dis van karton gemaak is. Die skielike verlies aan krag was nie baie groot nie, maar met die stelsel wat tot op die uiterste gerek is waar Eskom krisisbeheer probeer toepas, het deur die oopsiklus-dieselkragopwekkers uur na uur, dag na dag te gebruik, die een na die ander begin ingee. Dis eenvoudig nie gemaak om so lank te loop nie, om nie die ontsaglike gebruik van diesel te noem nie. Die verlies aan nege honderd megawatt vanaf Cahora Bassa was net genoeg om die totale stelsel te oorlaai en soos ‘n kortsluiting by ‘n motor of ‘n oorlaaide sekering by ‘n huis, het die stelsel eenvoudig afgeskakel. Dit kan ook nie net aangeskakel word nie, maar selfs indien die foute herstel kon word, neem dit steeds meer as twee weke om die stelsel op dreef te kry.
Die regering kon die afgelope maand nie die SASSA-uitbetalings maak nie en ‘n honger massa wat begin murmereer het, het begin plunder om aan die lewe te bly. Sonder die elektriese krag, het die hele land se produksie tot stilstand gekom.
Eers net die plase, waar die oeste van mielies, koring, sorgum en vrugte soos ‘n massiewe stroper afgehaal is en daarna die winkels. Klein spaza-winkeltjies op die platteland is leeggemaak en afgebrand, asof die klein hoeveelheid kruideniersware wat die eienaars aangehou het as moedswillig gesien is en straf uitgedeel moes word. Groter winkels in voorheen-blanke gebiede is geteiken, toe die inkopiesentrums en natuurlik daarna die blankes se huise.
Die regeringsmense, wat uiteraard soos enige oopkop inwoner gesien het wat uiteindelik gaan kom, was eerste op die lughawens en het na hulle voorafgekoopte huise in Dubai, Abu-Dhabi, Mauritius en dele van Frankryk verkas.
Die SAPD en SANW was onkant gevang, maar selfs as hulle maande se waarskuwing gehad het, sou hulle niks kon doen nie. Beide magte was uitgehol van binne en aan die buitekant geplak en gesmeer met onhandige, onopgeleide en korrupte kaders. Waar hulle nog hier en daar probeer walgooi het, is hulle eenvoudig voor die golf honger menselywe weggevee.
Die drakoniese wapenwette van die ANC, die sogenaamde amnesties en hardhandige optrede van die polisie teenoor gehoorsame burgers met vervalle lisensiekaartjies, het menige man en vrou ontwapen. Teenoor woedende plunderaars was hulle nie bestand nie en duisende het gesterf. Waar ander wel walgegooi het, het die stroom om hulle gevloei, soos water wat om ‘n rots loop.
Met die plase en winkels, huise en besighede gestroop, het die massas teen mekaar gedraai. Etniese groepe het saamgegroepeer en die oer-oue vyandelikhede is uit die kas gehaal en afgestof. Dit was Zulu teen Pedi, teen Xhosa en Venda, Tswana teen Basuthu. Wapens wat begrawe was, is uitgehaal, geolie en gebruik. Toe die ammunisie opraak, was dit kapmesse, grawe, tuinvurke, knopkieries en tuisgemaakte assegaaie wat die een lewe na die ander tot ‘n einde gebring het. En steeds was die honger nie gestil nie.
Suid-Afrika het oornag van relatiewe vrede na woedende anargie oorgegaan. Plunder en burgeroorlogswolke het swaar oor die suidpunt van Afrika begin hang en dit sou baie lank vat om weg te dryf.