Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe gaan dit met ons volk? Die slegste ooit! Sal jy graag ʼn verandering in hierdie land wil sien? Wat doen jy daaraan? Bid jy vir ons Boerevolk? As jy egter om herstel bid, maar jy sluit jouself by hierdie proses uit, bid jy verkeerd. Dis maklik om te bid en jouself daarna uit die voete te maak.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (10)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
‘THE NIGHT OF THE GENERALS’
De Klerk fired all loyal officers to that his collaborators could move freely.
On December 19, 1992, FW de Klerk fired 23 senior army officers, including navy officers, who could pose a threat to his plans.
So great was the speed with which De Klerk acted that even the army’s public relations office was not informed of the press conference. In addition, many of the officers disciplined, were on holiday and were unaware of their suspension.
The axed officers included: Major-General Chris Thirion, Deputy Chief of Staff, Intelligence, who had a reputation of being one of the more progressive of the younger generation of generals, Major-General Hennie Rouw, Chief of Army Intelligence, Brigadier Ferdie Van Wyk, Director of Army Communications, who master-minded Project Echoes, Brigadier Tolletjies Botha, Director – Directorate of Covert Collection, which was raided in November by investigators of the Goldstone Commission, including UN personnel, Brigadier Oos van der Merwe, Director of Army Intelligence, Commander Jack Widdowson of the Navy.
He named only three other officers, Colonel At Nel, Colonel Chris Prinsloo and Commandant Stephen Snyders, who were all put on compulsory leave. This followed the purge of 19 police generals in August as part of a drive to bring the police in line with the negotiation process.
The further Indemnity Act pushed through parliament in August, needed to help ease officers out. The November raid on Military Intelligence’s Directorate of Covert Collection in November, by Goldstone investigators which provided the pretext for setting up the probe headed by Gen. Pierre Steyn.
A top-level meeting between senior Umkhonto We Sizwe and SADF officials in early August, brokered by the National Intelligence Service, which generally carries out the will of the cabinet.
December’s ‘rationalisation’ measures which include the retrenchment of 6000 middle ranking officers followed. In just 5 months, De Klerk had opened the door wide, for his own operators to continue the sell-out.
“I have never before seen a government destroy its own power base, such as this one is doing” – said former chief of Military Intelligence, Gen. Tienie Groenewald, while the country is steadily moving towards complete chaos, the government has effectively neutralized the SADF’s intelligence capacities by removing the eyes, ears and nose of the defense forces.
*
Die inligtingsdebakel (ook bekend as die inligtingskandaal en die Muldergate-skandaal) was ’n Suid-Afrikaanse politieke skandaal.
Gedurende die sewentigerjare het die regering R75 miljoen aan ’n geheime inligtingsprogram spandeer. Die fondse was deur die kabinet, en met mnr. P.W. Botha se samewerking, in die begroting van Verdediging weggesteek – sonder Parlementêre goedkeuring. ’n Kabinetskomitee, onder voorsitterskap van mnr. Vorster, het die projekte gemonitor en die finansiering met die Minister van Finansies, eers dr. Nic Diederichs en daarna dr. Owen Horwood deurgevoer. Nadat sekere geheime projekte aan die pers gelek is het die Suid-Afrikaanse politieke landskap onomkeerbaar verander. Die Minister van Inligting, dr. Connie Mulder, is uit sy amp ontslaan en hy is saam met dr. Eschel Rhoodie en genl. Hendrik van den Berg as die sogenaamde skuldiges in die koerante afgemaak. Die Engelse pers het die debakel Muldergate gedoop.
Nadat P.W. Botha oorgeneem het as staatshoof het hy mnr. Rudolph Erasmus aangestel om ondersoek te doen na die besteding van geheime fondse. Die Erasmus-kommissie het aangevoer dat die staat niks geweet het van die besteding van geheime fondse nie en dat drs. Connie Mulder en Eschel Rhoodie, wat onderskeidelik as Minister en Sekretaris van Inligting deur die staat opgedra is om die programme uit te voer, die enigste verantwoordelike persone was.
Die Erasmus-kommissie het in verskeie hofsake betrokke geraak maar nie een daarvan gewen nie. Ook dr. Eschel Rhoodie is deur die Appèlhof onskuldig bevind. Op 31 Januarie 1979 het Mulder as LV vir Randfontein bedank en op 6 April 1979 is hy uit die Nasionale Party geskors omdat hy geweier het om hom ongekwalifiseerd by die eerste twee verslae van die Erasmus-kommissie neer te lê.
*
“Ek was geskok toe ek besef waarmee hulle – ons – besig was. Ek het ook geweet daar is nie meer omdraai nie. Die bus wat ons aan die loop gesit het, het nie brieke nie en al wat ons kon doen was om die stuurwiel so styf as moontlik vas te gryp. Deur die jare wat sou kom – en ek sal dit nou vertel – sou ons hierdie bus deur aaklige gebeure probeer stuur.
“Ons het net betyds diensplig ingestel - in 1966 het die Grensoorlog begin. Aanvanklik het die SAP die landsgrense beskerm, maar dit het gou duidelik geword dat hulle nie alleen opgewasse is vir die taak nie. Ons het ‘n keuse gehad om òf die polisie groter te maak, òf soldate te gebruik. Toe ons besef dat die vyand besig is om konvensionele wapentuig te ontplooi, was dit ‘n maklike besluit. Die probleem was weereens geld, soos altyd. Ons kon die goudreserwes, wat in die Reserwebank gelê het, verkoop en so ‘n paar jaar daarmee koop, maar Vorster het gesê hy het ander planne daarvoor. Ons moes die geld op ander plekke vind: Sasol, Krygkor, uitvoer van elektrisiteit deur Eskom. Ja, in 1990 het Eskom vyftig persent van Afrika se krag voorsien. Koeberg, byvoorbeeld, was ‘n reuse sukses. Die SAL het geld ingebring, so ook die Treinvervoeragentskap, noem dit op, dit het geld gemaak. Belasting moes ongelukkig ook verhoog word, sowel as rentekoerse. Ons mense het dit soos kampioene gevat en alhoewel baie gemurmureer het, soos die Bybel sê, het hulle harder en vindingryker gewerk. Nuwe besighede het opgeskiet. Ons het mettertyd die Bonusobligasie-stelsel ingebring, waar niemand iets kon verloor nie, behalwe rente en daardie rente het miljarde in die sak gebring. Dit het gelyk asof ons die wa deur die drif kan trek.
“Toe kom daar twee groot terugslae: die jeugopstand van 1976 en die Inligtingskandaal van 1979. Weet julle hoeveel skade het daardie berugte foto van Hector Petersen ons berokken? En hoe het die persfotograaf geweet om presies op die regte oomblik op die regte plek te wees? Na 1976 was daar nooit weer werklik orde en rus in die Townships nie. Die polisie het aanvanklik probeer om wet en orde te handhaaf, maar later is die Weermag ingeroep. Terselfdertyd was die Grensoorlog aan die gang. Vreemd genoeg, het die soldate in die lokasies baie meer geweld en kontak gesien as die manne op die landsgrense, Namibië en Angola. Die binnelandse oorlog het ook meer toesmeer gesien as die Grensoorlog. Een van die ouer swartmans het tereg opgemerk: ‘Julle Boere kan skiet, maar julle kan nie tel nie!’ Ongelukkig kon ons die buitelandse media net sòver uit die Townships hou. Ons het elke man gebruik en misbruik in die binneland, selfs dienspligkapelane. Onder die dekmantel van die opstokers in die oproergroep, moes hulle leiers van faksies ook uithaal en hulle het dit nie eens geweet nie.
“Vorster het ons ingeroep:
‘Menere, julle weet so goed as ek, dat ons uiteindelik nie hierdie oorlog kan wen nie. Die ANC is nie ons groot probleem nie, ook nie die ander swart faksies of die vakbonde nie, maar die buiteland. Oral in die wêreld is daar rassisme, in baie gevalle baie meer as by ons. Maar ons het die wêreld se gewete geword. Hulle het gedink by hulleself dat as hulle apartheid by ons kan kelder, dan sien al die liberales onder hulle dat hulle teen rassisme is. En daardie oorlog kan ons nie wen nie. Al wat ons kan doen is om tyd te koop.’
‘Tyd waarvoor, Oom John?’ het ek gevra.
‘Tyd om voor te berei vir anderkant die swaarkry.’
‘Ek verstaan nie,’ het ek gesê.
‘Ek sal mettertyd verduidelik.’”
Magnus draai om en kyk na die jonger mense.
“Voor ek aangaan, vertel my eers waar is my vriend, Ters Benson.”
“Wie is hy?”
“Die man met wie se Land Cruiser julle hier aangekom het.”
“Jy bedoel seker die vent wat Leona se pa geskiet het en my amper doodgemaak het?”
“Het hy? Ek is baie jammer, dame. Die enigste een wat ons uit die pad wou hê is Brigadier Hugo. Maar, asseblief, sê my waar is hy?”
“Een van jou informante moes jou seker gesê het hy is dood?”
“Hulle was nie seker nie.”
‘n Hartseer trek kom oor Magnus se tyd-verweerde gesig.
“Hy was soos ‘n kind vir my. Ek het hom gehelp net na hy uit die weermag gekom het. Maar nou ja!”
Hy draai weer om en begin praat.