GEVAARLIKE KERK

'n Mamma kyk by die venster uit en sien vir Jannie kerk speel met hulle drie klein katjies. Hy maak hulle in 'n ry sit en preek vir hulle. Toe gaan sy aan met haar werk. 'n Rukkie later hoor sy 'n geraas in die agterplaas, en sien Jannie is besig om die katjies onder die water te druk, elkeen drie maal. Sy maak die venster oop en sĂȘ: "Jannie, hou dadelik op! Jy sal die katjies versuip!" Jannie kyk op en antwoord heeltemal tevrede: "Hulle moes daaraan gedink en gevra het watter kerk ek is voor hulle by my kerk aangesluit het!"