Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy iemand liefhet, sê dit tog vir hom of haar! Of dit jou man, kinders, ouers of wie ook al is. Want die persoon wat 'n mens die liefste het, is dikwels die een wat dit nie minste hoor. En liefde maak gesond – vir diegene wat dit uitdeel sowel as vir dié wat dit ontvang. Dit is soos God se vinger op die mens se skouer.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (18)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk
Joburg ANC cadres are stuffing their pockets as defeat looms at the 2024 polls.
*
Back in May 1992 the late, great journalist and author, Shaun Johnson, wrote a column about what apartheid leaders and their apparatchiks were up to in the dying days of apartheid.
“If you stand on a street corner in Pretoria late at night, I am sure you can hear the sounds of shredders shredding. Of assets being stripped. Of pockets being stuffed,” he wrote...
*
Investors have turned less positive on the nation’s debt on worries over the potential for a bigger budget deficit, according to a survey by Bank of America Corp. The Treasury reported a record monthly shortfall of R143.8 billion for July.
*
South Africa’s public finances are in a poor state, with the government failing to meet its tax-collection targets and tighter financial conditions making it difficult to borrow more and at affordable rates, Finance Minister Enoch Godongwana warned.
*
Die drie kinders het een kant gaan sit en speel. Nie regtig met aandag op die speletjie nie, wat in hierdie geval Lego-blokkies is, maar het, sonder om op te kyk, spontaan met mekaar begin praat. Stukkie vir stukkie kom elkeen se storie uit en tipies kinders, wil elkeen se ervarings erger as die ander s’n wees. Hulle praat saggies, maar met ‘n diepe intensiteit, wat nie normaal by ‘n kind behoort te wees nie. Uiteindelik begin klein Fila snik, maar sy hou aan met speel, totdat die trane op die helderkleurige rooi, blou, geel en wit blokkies val. Klein Rob sit sy arm om sy sussie en hou haar vas. Die trane begin nou ook uit sy ogies loop. Net Ezra sê niks, huil nie en byt die trane terug, maar sy handjies bewe so dat hy nie meer blokkies aanmekaar kan druk nie.
Die grootmense het hulle gesit en dophou.
“Ek gaan nie toelaat dat hulle weer onder my oë uit sal gaan nie, totdat alles verby is.”
“Wat is dit wat verby moet gaan, Bert?”
“Ek weet nie, Skeer. Wat ookal. En tot wie ookal nie dood is nie.”
“Ek weet nie of dit in ons leeftyd sal gebeur nie. Hierdie onrustigheid en bakleiery onder die nasies kom al baie lank. As ek die geskiedenis lees, lyk dit vir my hoe langer die aanloop is, hoe langer vat dit om uit te woed.”
“Dit is sekerlik so, ek weet nie. Ek weet nie wie sit agter alles nie en met ‘alles’ bedoel ek die ontvoering van kinders, die bendegeweld, die moorde en aanrandings in ons land, hoe die politiek gaan uitspeel nie, nie hier of in die buiteland nie. Ek weet nie werklik wie is die vark in die verhaal by Israel en Hamas nie…”
Bert hou op praat as Skeer en Rob beide begin lag.
“Wat is snaaks?”
“Ek dink nie jou vergelyking van die vark in die verhaal is heeltemal gepas as dit oor Jode en Moslems gaan nie.”
Bert glimlag, maar alhoewel sy mondhoeke beweeg, gaan dit nie na sy oë toe nie.
“Ja, ek sien wat julle bedoel.” Hy was aanvanklik baie driftig, maar nou praat hy sag en met ‘n beslistheid wat nie vantevore daar was nie.
“Wat ek wil sê, is dat ek nie beheer het oor wat in die buiteland, hetsy Amerika, Oekraïne, Rusland, Israel of in die Gazastrook gebeur nie. Ek het nie eens beheer oor alles wat hier in die dorp gebeur nie. Maar ek het beheer oor wat binne my heining, my huis en die vier mure gebeur. En hier binne gaan niemand weer aan my kinders raak nie. Ek sweer dit.”
“Het jy ‘n vuurwapen?”
“Nee, maar ek het ‘n fris jagmes, ‘n krieketkolf en ‘n stuk yster – ‘n soort koevoet.”
“Maar nie ‘n vuurwapen nie?”
“Nee, ek het altyd maar gedink ek sal een koop en uitgestel, want daar is mos nog baie tyd.”
“Wat gaan jy doen as daar drie of meer inbrekers, rowers, of soos in jou geval reeds, weer ontvoerders is?”
“Ek sal maar my bes doen. Wat anders?”
Skeer dink ‘n paar sekondes diep, sug en haal dan ‘n vuurwapen uit, wat hy teen sy enkel dra.
“Hier. Dit is ‘n Glock 19. Dis klein genoeg dat jy hom maklik kan dra, hy het ‘n vyftienrondte magasyn en ek sal jou nog twee gee; dis in my sak. Die ding skiet ‘n volkrag nege millimeter parabellum rondte.”
“Maar dis onwettig! Ek het nie ‘n lisensie daarvoor nie”.
“Ouboet, ek dink dit gaan nie meer saak maak nie. Die ding is in elk geval van die pad af en kan nie na my toe gespoor word nie. Hou dit altyd aan jou, of jy gaan werk, slaap, of bad. As jy iemand moet skiet, dink ‘n storie uit. Ek is seker jy sal eerder in die hof wil staan, as om weer jou kinders of jou lewe te verloor, of hoe? Weet jy hoe om die ding te gebruik?”
“Ja, ek het al baie geskiet.”
“Hoe om hom te stroop sodat jy hom kan skoonmaak?”
“Nee, maar ek sal bly wees as jy my kan wys, asseblief.”
*
Die meeste mense, man of vrou, kan ‘n goeie of relatiewe goeie skut word met genoeg oefening. Die tegnieke kan aangeleer word, en ingeoefen raak, totdat die teiken meer male as nie, raakgeskiet kan word. ‘n Uitnemende skut is egter iemand wat daardie iets ekstra het. Ja, steeds is baie oefening nodig, ure en ure op die skietbaan, in alle omstandighede, met geen of met sterk wind, in uiterse koue en brandende sonlig. Maar goeie en selfs briljante tegniek kan nie opmaak vir ‘n natuurlike aanleg nie. En dit geld nie net vir skietkuns nie, maar vir meeste sportsoorte.
“Maya, ek sien dit, maar ek glo dit nie.”
Lou kyk deur die “spotting scope” en skud sy kop. Die ronde metaalskyf, drie honderd millimeter in deursnee, swaai as die eerste skoot dit tref, en terwyl die beweging nog aan die gang is, tref die twee en derde skote dit kort na mekaar.
“Drie skote, drie sekondes, een duisend meter!”
Lou Fourie is self ‘n goeie skut, maar nie uitnemend nie. Wat hy wel baie goed kan doen is om die afstand te lees, die barometerdruk bepaal, die windsnelheid, die windrigting, die val van die koeël en al die ander variante, waaruit hy vinnig en sonder om te fouteer vir Maya kan vertel hoeveel klieks op, af, links of regs sy moet gee. Hy gee ook teikenaanduiding, beman die radio en al die ander takies wat vir Maya die geleentheid gee om op haar skietkuns te konsentreer.
“Jy skuld my ‘n ete, Staf.”
“Ek doen, Luitenant. Wat van brunch by die menasie van 5 Recce?”
*
“Kom kyk hier!”
Bert se rekenaarspesialis-vriend, Barto, het die geheuestokkie wat in klein Rob se handjie vasgemaak was, by sy skootrekenaar ingesit en na ‘n paar mislukte pogings om die wagwoord, wat op die stokkie met ‘n merkpen geskryf is, in te sleutel, besef hy dat die eerste twee syfers, ‘n “1” en ‘n “7”, omgeruil moet word. Hy dink nie dis moedswillig gedoen nie, maar eerder as gevolg van stres.
Die beeld wat opkom is aanvanklik ‘n hele aantal dokumente, inderwaarheid meer as een duisend sewe honderd daarvan, fotos van prominente politieke figure, nie net van Suid-Afrika nie, maar ook van Engeland en die VSA. Sommige is by die nou-bekende Bird Island geneem, ander by meer private plekke. Daar is videos van kinders, seuns en dogters, wat op die mees afskuwelike maniere misbruik word. Daar is beeldmateraal waar baie kinders in smal lokale op staalkatels lê, met kettings om hulle voetboeie en aan die muur vasgeketting. Hulle uitdrukkings is amper leweloos, soos mense wat die ergste skok deurgaan het, gesien het en alle hoop verloor het.
Daar is beeldmateriaal van die inhoud van kratte wat op die Lady R gelaai word, asook vlietende beelde van die gesigte van die betrokke manne wat staan en wag dat dit klaar gelaai word.
Die inligting sluit af met ‘n video van ‘n man iewers in sy laat dertigs. Die kamera wys sy gesig van voor en beide profiele, ‘n tatoëermerk op sy nek en aan sy regter voor- en bo-arm. Sodra daar geen onduidelikheid meer oor sy identiteit is nie, begin hy praat, duidelik en asof hy van ‘n teleprompter aflees.
“Ek is Joseph Ali Smuts, ID nommer 950 1705…. ook bekend as ‘Bokchops’. Ek lê hierdie verklaring vrywillig af, sonder enige druk van buitekant af, sonder enige coercion. My kollegas en pêlle, Jan ‘Pypies’ April en Piet ‘Boude’ Hoosier staan my by. Ek sal aan die einde hiervan hulle volle name, ID-nommers en gesigte opsit. Ook hulle se verklaring, wat geteken is, dat hulle hier is wanneer hierdie video gemaak worre.
“Ek doen hierdie, nie om my se eie gat te beskerm nie, want as julle dit sien, is ek lankal dood en hopenlik begrawe. Ek het al baie aangejaag in myse kort lewe, maar hierdie dinge is te erg en ek wil hê die regte perps moet aan die wiele ry.”
Nie een van die vier manne in die vertrek sê vir minute lank ‘n woord nie. Uiteindelik sluk Skeer die knop in sy keel weg, maar twee maal keel skoon met ‘n kuggie en praat dan skor:
“Julle weet hierdie video is gevaarliker as ‘n honderd megaton atoombom?”
“Dit is so. Ek sal tien kopieë maak, een vir ons elkeen en die res al ons op verkillende plekke gaan wegsteek. Net vir ingeval.”
“Vir ingeval nie een van ons oorleef nie?”
“Netso.”