Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET VERTEL…
Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek, het ons dit as die aangewese geleentheid gesien om ons verlore onafhanklikheid te herwin op 'n tydstip wanneer Engeland al sy aandag in die oorlog aan sy vyande sou bestee. Ag, hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar ... min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaal Louis Botha en generaal Jan Smuts, bittereinders van die Tweede Vryheidsoorlog, wat saam met my en al die ander die heroïese stryd teen Groot-Brittanje vir die behoud van ons onafhanklikheid gevoer het, het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree.
Die rebellie wat toe as protes daarteen plaasgevind het, was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee.
1836: VOORTREKKERS KIES 1e BESTUUR
KULTUURDAGBOEK 2 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Kaapkolonie, van waar die Trekkers afkomstig was, het die grensboere geen aandeel in die regering van die land gehad nie. Dit is dus te begrype dat die Trekkers totaal onervare was ten opsigte van doeltreffende landsbestuur.
Omdat die Trekkergroepe enigsins geïsoleerd van mekaar die binneland ingetrek het, was die noodsaak van 'n vaste regeringstelsel nie so dringend nie. Die Trekkergroepe het egter nie in wanorde die binneland ingetrek nie en daarom kan aangeneem word dat elke groep, volgens die eise van omstandighede, sy eie maatreëls getref het om sake so glad moontlik te laat verloop. Wat hierdie maatreëls was, weet ons nie omdat dit nêrens 'n skriftelike neerslag gevind het nie. Namate die verskillende Trekkergroepe in die Transoranje aangeland en in mekaar se onmiddellike omgewing begin woon het, het daar egter 'n behoefte aan groter eenheid en beter begrip vir mekaar se omstandighede ontstaan, en hiervoor was 'n regeringsvorm van een of ander aard onontbeerlik.
1914: GENL DE WET GEVANG
KULTUURDAGBOEK 1 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Ek het gedink aan die vloek van God wat op die volk gaan rus as hy hom skuldig maak aan landrowing. Nadat ek eers begin optree het, het ek vrede gehad. Ek het geen knaende gewete gehad nie. Al het ek nie daarin geslaag om die goddelose inval op die gebied van 'n volk wat ons geen kwaad gedoen het nie, te keer nie, dan het ek tog probeer."
Na liggaam en siel moeg en hulle perde uitgeput en dors, het genl CR de Wet en sy manskappe op 30 November 1914 op 'n waterryke plekkie tussen die sandduine afgekom – 'n ware paradys waar daar volop gras, water en koelte was.
Ten tye hiervan, met die wete dat die Rebellie weinig hoop op welslae het, was genl De Wet en sy klompie volgelinge op weg na Duitswes-Afrika, waar hulle met genl Jan Kemp in aanraking wou kom. Hoewel genl De Wet steeds nie die vrede vertrou het nie moes hulle noodgedwonge 'n dag lank daar uitrus. Met sonopkoms die volgende oggend weerklink die opdrag: "Ons moet begin trek!"
DIE GROEN BEDROGSPUL
Hoe elektriese voertuie die omgewing benadeel in plaas van dit red
In 2032 sal Indië 'n miljard ton steenkool benodig, deels om elektriese voertuie (EV's) in stedelike gebiede te laai deur middel van krag wat deur termiese aanlegte opgewek word.
Vyf Indiese stede, insluitend die hoofstad, Nieu-Delhi, is konsekwent in die wêreld se top tien van die ergste lugbesoedelde stede. Voertuiguitlaatgasse is beduidende bydraers; Delhi alleen het ongeveer vier miljoen motors – geen wonder dat die regering van Indië EV's op groot skaal bevorder nie. Terwyl Indië se teiken 'n 30% markaandeel van EV's teen 2030 is, is die aandeel tans slegs 1,1%.
Ongeveer 27,4 miljoen EV's het vanaf Julie 2023 op Indiese paaie gery, volgens die 'Vahan4'-portaal van die Ministerie van Pad, Vervoer en Hoofweë. Om sy doelwit teen 2070 te bereik om kweekhuisgasvrystellings (GHG) te verminder, brei Indië sy EV-mark uit. Die hoop in Nieu-Delhi is byvoorbeeld dat 'n toename in die aantal groennommerplaatvoertuie 'n dag sal inlui dat die lug weer asemhaalbaar sal word.
1938: FAKKELLOOP BY MONUMENT
KULTUURDAGBOEK 30 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) was verantwoordelik vir die reëlings by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Met die organisasies van die program en die uitnodiging van sprekers het al spoedig die grondliggende politieke verskille van die tyd baie duidelik deurgeskemer.
Genl JBM Hertzog het genoeë geneem met die lys van sprekers wat by die hoeksteenlegging sou optree,dog het gemeen dat genl JC Smuts ook gevra moet word om as spreker op te tree, en hy het verder daarop gewys dat die Goewerneur-generaal amptelik by die hoeksteenlegging aanwesig moet wees. Uit alle oorde van die land is egter hierteen protes aangeteken omdat die indruk bestaan het dat by so 'n byeenkoms, wat dan 'n staatsplegtigheid sou wees, die Britse volkslied gespeel en die Britse vlag gehys sou moes word.
ONS MOET SY WOORD GEHOORSAAM
Hannes Ollewagen
Deut. 18:15-22
“'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” (:18&19).
In die gelese gedeelte gee God aan sy volk, deur Moses, ’n kosbare belofte wat ook aan ’n opdrag gekoppel is. Hy beloof aan die volk ’n Profeet en beveel hulle om na Hom te luister. Ons moet onthou dat ’n profeet nie alleen wonderwerke doen en ’n buitengewone insig (deur God gegee) in die toekoms het nie. ’n Profeet is ’n dienskneg van God en ook ’n boodskapper van God. ’n Profeet moet ook die volk in die wil en weë van die HERE onderrig. Dink maar aan Moses se lewe. God het deur hom baie wonderwerke verrig en aan hom baie sake wat nog in die verre toekoms gelê het, geopenbaar. Maar God het ook deur hom aan die volk sy wil en weë bekend gemaak. “En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.” (Ex. 18:15&16).
1869: TEOLOGIESE SKOOL BURGERSDORP OPEN
KULTUURDAGBOEK 29 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die ontstaan van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in 1859 was die vrug van 'n krisis op kulturele, politieke, sosiale en godsdienstige gebied wat die geskiedenis teen die middel van die vorige eeu oorheers het.
Tot 1864 is die hoop gekoester dat predikante uit die konserwatiewe Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland, self die vrug van 'n krisis in 1834, bekom sou word. Toe slegs twee predikante na herhaalde beroepe gehoor gee het die herderlose kerkraad van Burgersdorp by die Sinodes van 1866 en 1869 daarop aangedring dat daar 'n skool opgerig moet word waar predikante en onderwysers opgelei kan word.
1916: PRES M.T. STEYN
KULTUURDAGBOEK 28 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
" ...die stryd was 'n smeltkroes waarin die Afrikaner gelouter sou word – 'n skeiding van getroues en ontroues, van hensoppers en bittereinders – 'n tyd wat die Afrikaner binnekort weer in sy volle felheid sal beleef wanneer die Boerevolk van God hom sonder keuse sal moet afskei van die verraaiers, die liberaliste, die geldmagverslaafdes en veral die ongelowiges en diegene wat hulle rug op hul Skepper gekeer het."
Net drie jaar jonger as die Oranje-Vrystaat, sou president Steyn saam met hierdie republiek grootword. Marthinus Theunis Steyn is op 2 Oktober 1857 by Rietfontein digby Winburg gebore.
Soos feitlik alle Vrystaatse seuns van daardie tyd sou hy gaan boer maar op aandrang van regter Buchanan, 'n huisvriend van die gesiene Steyns, besluit hy om hom in Nederland en daarna in Engeland in die regte te bekwaam.
Ná sy terugkeer bou hy 'n florende praktyk as advokaat in Bloemfontein op en met die rondgaande hof ontmoet hy vir Rachel Isabella (Tibbie) Fraser, pastoriedogter van Philippolis, met wie hy in 1887 getroud is.
ISRAEL, DIE MEDIA EN APARTHEID
Dit val op hoe dikwels die beskuldiging teen Israel geslinger word dat dit ’n apartheidstaat sou wees en dat sy politiek ooreenstem met die beleid wat in Suid-Afrika gevolg is in die era van afsonderlike ontwikkeling. Daarmee word die nega-tiewe beeld wat oor dekades sedert 1948 oor Suid-Afrika opgewek is direk op Israel geprojekteer, en benut die media sodoende die negatiewe emosionele kapitaal daarvan. Uiteraard is die hele poging vals, wanneer dit maar net vlugtig ontleed word. Selfs die ANC en die Arabiese joernaliste gebruik hierdie taal. Kom ons kyk na enkele teenstrydighede in hierdie verband.
Drie eeue se ontwikkeling in Suid-Afrika
Die vestigingspatroon van volke (en dus ook die rasse) in Suid-Afrika het oor ’n tydperk van 300 jaar ’n bepaalde neerslag gevind in min of meer duidelik afsonderlike gebiede, met hartlande vir die swart stamme/volke en ’n bepaalde gebied wat deur blankes beset is op ’n verskillende wyse as wat Jode in Israel hul gebied bekom het. Die gebiede waar blankes hulself in Suid-Afrika gevestig het was grootliks onbewoon of baie yl bewoon deur inheemse volke. Baie van die blankes se gebiede is deur ooreenkomste met swart volke gereël.
1798: ANDRIES PRETORIUS
KULTUURDAGBOEK 27 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius, groot Voortrekkerleier, is op hierdie dag op die plaas Driekoppen, distrik Graaf-Reinet gebore. As Oosgrensboer speel hy 'n belangrike rol in die gebeurtenisvolle jare voor die Groot Trek.
Gedurende die Sesde Oosgrensoorlog van 1834 tot 1835 voer hy 'n kommando van 800 burgers aan. Toe die eerste Voortrekkers in 1836 uit Graaff-Reinet vertrek, gaan hy nie saam nie maar besoek in 1837 die Voortrekkers in die Vrystaat en Natal en koop selfs 'n plaas in Natal. Daarom is hy die vanselfsprekende keuse om ná Pieter Retief se dood, leier van die herderlose Voortrekkers te word.
Op 22 November 1838 sluit hy hom by die hooflaer teen die Klein-Tugela aan en begin dadelik voorberei vir die stryd teen Dingaan.
BLOEDSONDES
Ds A.E. van den Berg
Bestaan daar iets soos bloedsondes?
“ ...... die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees” (Eseg.18:20).
Talle mense glo dat daar so ʼn iets soos bloedsondes is. Dis oorgeërfde sondes wat kinders vir die sondes van hul voorouers aanspreeklik hou. Nee, God dra nie sondestraf van die een geslag na die volgende een oor nie. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie” (1 Kor.13:4,5),
Waar kom mense aan die idee van bloedsondes? Hulle grond dit nie op die Bybel nie, maar eie ervarings. Meer as 2,500 jaar gelede was daar al vrae oor bloedsondes en in Eseg.18 opgeteken met God wat self tot die debat toetree om dit af te wys.
Die Jode het bloedsondes as God se straf op ergerlike sondes beskou waarvoor nasate moes boet. Dit was onwaar. Mense kan miskien hul ouers verwyt vir dinge wat in hul lewe skeef loop, maar dis nie bloedsondes nie.
1862: HOF BESLIS OOR NG KERK
KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is deur die Kaapse Hooggeregshof beslis dat die Kaapse NG Kerk slegs uit gemeentes binne Kaapland geleë, saamgestel moet wees, en dat al die ander gemeentes wat tot dusver in die Sinode sitting gehad het, voortaan nie meer daardie reg sou geniet nie.
Vir ouderling Hugo Hendrik Loedolff van Malmesbury, was dit 'n persoonlike triomf. Hy het lankal oor die saak ontvrede gevoel, 'n hofgeding aanhangig gemaak en gewen. Vir die Kerk was dit 'n ellendige oomblik. Dit het daarop neergekom dat die staatsgrense ook as kerklike grense gegeld het, en dat die lidmate in die ander gebiede sonder sinodale gesag of binding was.
1931: GENL A.M. PRINSLOO
KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is heelwat dapper Boereleiers van wie ons nie veel weet nie omdat hulle nie so bekend as genl Koos De la Rey of genl Christiaan de Wet was nie. Maar hulle het dieselfde tydperk van oorloë en politieke spanning beleef en verdien vandag nog ons erkenning. So 'n generaal is Antonie Michael Prinsloo wat op 11 Julie 1862 in Bloemfontein gebore is en op 26 November 1931 oorlede is. Sy vader en moeder het in Bloemfonteindistrik geboer maar toe hy 'n jong seun was na Betlehem getrek waar hy ook mettertyd begin boer het.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 ruk hy saam met die Betlehemse kommando op waar sy leierskaphoedanighede spoedig opgemerk is sodat hy teen Februarie 1900 reeds tot kommandant van sy kommando bevorder is.
Prinsloo se ontluikende kalme onverskrokkenheid het spoedig vir hom verdere bekendheid meegebring. So is hy byvoorbeeld tydens die Britse aanslag op Colesberg in Maart 1900 in die lugpyp gewond. Desnieteenstaande was hy die laaste burger wat uitgejaag het, in die proses 'n medeburger op sy perd gelaai en daarna ook nog die Norvalspont-brug opgeblaas het.
1899: SLAG BY GRASPAN
KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 23 November moes die Republikeinse kommando's onder bevel van genl Jacobus Prinsloo met 2 500 man by Belmont wyk voor die oprukkende Engelse lord Methuen, wat met 10 500 man opdrag ontvang het om Kimberley te ontset. By Graspan het genl De la Rey hom by die magte aangesluit en het hulle posisie in die rante ingeneem.
Op 25 November begin Methuen die aanval met 'n hewige bombardement. Die barstende bomme tusen die granietklippe het die toestand vir die burgers onhoudbaar gemaak, en toe die Britse infanteriestormloop begin, moes hulle andermaal die wyk neem. Methuen sou eers in die bloedige slag by Magersfontein op 10 Desember 1899 in sy opmars gestuit word.
1497: VASCO DA GAMA SE RUILTRANSAKSIE
KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Laatmiddag op hierdie dag het Vasco da Gama naby die huidige Mosselbaai anker gewerp. Hy was oppad na die Ooste – via die nuwe roete om ons Kaap, wat jare lank reeds deur die Portugese begeer en gesoek is.
Eers die volgende dag kon hy aan land gaan en presies die gebied se voorkoms bepaal – en eers op 1 Desember het Hottentotte hier van Angra de Sint Bras opgedaag om van hulle vee vir vreemde goedere soos klokkies en rooi musse te verruil Dit was die eerste handelsverbintenis tussen Europeër en inboorling op ons bodem.
NAVORSING WYS NUWE KANKERS IS AGV GIFSPUIT
As die Illuminati (internasionale geldmag) gedink het hulle briljante metode om die wêreldbevolking van ongeveer 7 miljard tot 500,000 miljoen uit te wis, (letterlik te vermoor) ‘n geheim en misterie sou bly, het hulle hulself deeglik misgis. Dit het duidelik geword aan die feit dat die tipe siektes wat hulle deur die gifinspuiting wou laat plaasvind, nie siektes is wat normaalweg by jongmense en kinders aangetref word nie. Toe die dodesyfers van kinders van rondom 15-40 jaar oud, skielik die hoogte inskiet kort ná die Covid-19-inspuitings begin toegedien is, was dit duidelik dat iets baie ernstig met die prentjie verkeerd is. Indien slegs ouer mense aan hierdie siektes gesterf het, sou dit langer geneem het vóór reggeaarde dokters en wetenskaplikes begin ondersoek instel het.
Een van die mense wat dit sy erns gemaak het om die waarheid oor dié siektes se oorsprong te ontdek, is Edward Dowd, 'n voormalige Wall Street-verskansingsfondsbestuurder en skrywer van " 'Cause Unknown': The Epidemic of Sudden Deaths in 2021 and 2022." Dowd het ook ‘n verslag van 45 bladsye oor hierdie onderwerp opgestel en heelwat onkoloë daarmee ontstel. Hierdie verslag het baie dekades se sterftedata skerp omgekeer.
1931: WESTMINSTER BEVESTIG
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Balfourverklaring van 1926, wat die onafhanklike status van Suid-Afrika en die ander Britse Dominiums geformuleer het, het geen regsgeldigheid gehad nie. Om wetlike status daaraan te verleen moes dit eers in 'n Britse wet beliggaam word. Terselfdertyd moes die Colonial Laws Validity Act herroep word, want hierdie ou koloniale wet van 1865 het spesifiek bepaal dat geen dominiale wet strydig met 'n Britse wet mog wees nie.
Solank hierdie wet van krag was, was die Dominiums ondergeskik aan Brittanje.
1951: 1e GOUDSTAAF GEGIET
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Waar eens mielielande en 'n rustige, landelike atmosfeer was, is op hierdie dag die eerste goudstaaf in Welkom gegiet – vyf jaar nadat die ontdekking van goud in die OVS op 16 April wêreldkundig gemaak is.
Hierdie reuse nywerheidsgebied is deur kol. Deneys Reitz onder andere soos volg beskryf: "As kind het ek op die kruin van Koppie Alleen ten noorde van die huidige Welkom gesit en na die wildoortrekte vlaktes onderkant my gekyk. En nou soos toe, het daar groot troppe wild, bokke en wildebeeste aan die voet van die heuweltjie gewei..."
Die avontuurlike soektog en die goudbore het binne enkele maande die idilliese rustigheid in 'n sentrum van bedrywigheid omskep.
1858: ZAR VERENIG MET REPUBLIEK LYDENBURG
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Onderlinge verdeeldheid in die ZAR was in Desember 1856 vir die afskeiding van die Republiek Lydenburg verantwoordlik.
Voordat Lydenburg weer tot enige verenigingspogings sou instem wou hy eers sy posisie verstewig deur vereniging met die selfstandige republikeinse gemeenskappe van Soutpansberg en Utrecht.
Op 15 September 1857 is 'n verdrag met Soutpansberg gesluit.
WAAROM VSA ISRAEL GEBRUIK (3)
Strategiese Waterweë: Die Ben Gurion-kanaalprojek
Die VSA soek oorheersing oor strategiese internasionale waterweë
Die Ben Gurion-kanaalprojek was aanvanklik 'n "geheime" (geklassifiseerde) Amerikaanse projek wat in 1963 geformuleer is deur die Lawrence Livermore National Laboratory LLNG, 'n strategiese dinkskrum (met fokus op kernstraling) in kontrak met die Amerikaanse departement van energie. Die LLNG-projek is geformuleer in reaksie op die nasionalisering van die Suez-kanaal in Julie 1956 deur president Gamal Abdel Nasser (1956-1970). Die bedoeling daarvan was om die Suez-kanaal te omseil.
Die Ben Gurion-kanaalprojek word tans beskou as 'n middel om die kanale van internasionale maritieme handel te beheer tot nadeel van die mense van die Midde-Ooste. Dit poog ook om China se maritieme kommoditeitshandel te destabiliseer.
In die konteks van die breër VSA-geleide Midde-Ooste-oorlog, is die Ben Gurion-kanaalprojek deel van Amerika se militêre agenda. Dit stem ooreen met Netanyahu se “Plan om Palestina van die kaart af te vee”.